Verskil tussen weergawes van "Baksteen"

180 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
==Messelwerk==
Deur bakstene vas te messel kan mure en ander strukture gebou word. Wanneer die lengtesy van die steen na buite wys, word hy 'n stryksteen genoem, en wanneer sy kort sy na buite wys word hy 'n kopsteen genoem. Die patrone waarvolgens die bakstene neergelê word om 'n muur te vorm, word die verband van die messelwerk genoem. Die verband is belangrik omdat die bakstene nie net in rye bo-op mekaar geplaas moet word nie, aangesien dit die muur verswak. In plaas daarvan kan mens die muur baie verstewig deur 'n goeie verband te kies. Daar is klomp verskillende tipes verbande, soos die strykverband, Vlaamse verband en die Engelse verband.<ref>[http://mieliestronk.com/bakstene.html] Bakstene is Bak</ref>
<gallery widths="180" heights="180">
Lêer:Halfsteensverband 001.svg|Strykverband
Lêer:Vlaamsverband 001.svg|Vlaamse verband
Lêer:Engelsverband 001.svg|Engelse verband
</gallery>
 
==Verwysings==
<references/>
610

wysigings