Stelt: Verskil tussen weergawes

35 grepe bygevoeg ,  15 jaar gelede
k
kNo edit summary
Stelte is vermoedelik reeds in die [[Middeleeue]] vir vermaak gebruik, terwyl hulle in die [[Suid-Amerika|Suid-Amerikaanse]] Andes-gebergte en in [[Asië]] as kinderspel gewild geraak het. Stelte het vir [[Frankryk|Franse]] stukadore en [[Marokko|Marokkaanse]] en [[Kalifornië|Kaliforniese]] vrugteplukkers as 'n nuttige werkgereedskap gedien.
 
In verskillende kulture speel die dans op stelte 'n besondere rol. Een van die bekendste voorbeelde is die ''bergers landais'' in Frankryk. Oorspronklik was dit skaapwagters in die [[département]] [[Landes]], wat vermoedelik sedert die [[18de eeu]] met behulp van stelte wag oor hulle skape gehou het. Later is hierdie stelte by volksdanse en wedlope gebruik.
 
Die tradisie van steltloop het ook in ander Europese lande gebiede soos [[België]], Noord-[[Spanje]] en [[Nederland]] ontwikkel. In [[Namur]] ([[Wallonië]]) vind sportwedstryde met steltlopers al sedert die [[15de eeu]] plaas.