Verskil tussen weergawes van "Jim Morrison"

25 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (Administrateur Logan vervang "Paryż_père-lachaise_morison.JPG" met "Tombe_de_Jim_Morrison_-_Père_Lachaise.jpg" omrede: File renamed: ''File renaming criterion #5: Correct obvious e...)
[[BeeldLêer:Jim Morrison2.png|thumb|rightregs|200px280px|Skets van Jim Morrison]]
 
'''Jim Morrison''' ([[8 Desember]] [[1943]] – [[3 Julie]] [[1971]]) was 'n sanger, musiekkomponis en digter. Hy is gebore as '''James Douglas Morrison''' in [[Melbourne, Florida]], en was hy die hoofsanger en liriekeskrywer van die [[Amerika]]anse musiekgroep [[The Doors]]. Hy was ook die digter van verskeie digbundels.
Volgens Morrison het een van die belangrikste gebeure gedurende sy lewe plaasgevind tydens 'n familiebesoek aan Nieu-Meksiko in [[1947]]. Hy beskryf die gebeurtenis as volg:
 
"Die eerste keer dat ek kennis geneem het van die dood... ek, my ma, my pa, my ouma en oupa het teen dagbreek deur die woestyn gery. 'n [[Trok]] vol Indiane het in 'n motor of iets anders vasgery – daar was oral Indiane op die pad, besig om dood te bloei. Ek was net 'n kind en moes in die motor bly terwyl my pa en oupa uitgeklim het. Ek het niks gesien nie. Ek het die eienaardige rooi verf en mense wat rondlê gesien, maar ek het geweet dat iets gebeur, omdat ek die vibrasies van mense om my kon voel, en skielik het ek besef dat hulle net so min soos ek geweet het wat aan die gang was. Dit was die eerste keer dat ek vrees geproe het… en ek dink op daardie oomblik, het die siele van daardie dooie Indiane – miskien een of twee van hulle – daar rondgehardloop, verskrik, en in my siel geland, en ek was soos 'n spons, gereed om daar te sit en dit te absorbeer."
 
Morrison sou later die insident weer oproep in sy liedjie "''Peace Frog''": "''Indians scattered on dawn's highway bleeding/ Ghosts crowd the young child's fragile egg shell mind''."
In die jare nadat The Doors beroemdheid verwerf het met hul eerste album (The Doors) en die treffer-kortspeler "''Light My Fire''", het Morrison se "seks, dwelms, and ruk-en-rol"-lewenstyl hom ingehaal. Hy het 'n volslae alkoholis geword en die groep het as gevolg hiervan begin swaarkry. Gedurende 'n konsert in [[1969]] in Miami, is 'n dronk Morrison daarvan aangekla dat hy homself ontbloot het op die verhoog.
 
[[BeeldLêer:Tombe_de_Jim_Morrison_-_Père_Lachaise.jpg|thumb|rightregs|200px|Sy graf in Parys]]
Morrison trek na [[Parys]] in Maart 1971 met die plan om te fokus op sy skryfwerk en op te hou drink.