Verskil tussen weergawes van "Slag van Magersfontein"

geen wysigingsopsomming nie
k
|casualties2=250, waarvan ongeveer 105 gesneuwel of aan wonde beswyk het.
|}}
 
Die '''Slag van Magersfontein''' het 'n beroemde oorwinning geword vir die Boeremagte tydens die [[Tweede Vryheidsoorlog]]. Hierdie slag het een van 'n driestuks neerlae deur die Britse magte (saam met [[Slag van Colenso|Colenso]] en [[Slag van Stormberg|Stormberg]]) uitgemaak wat in Brittanje as die [[Swart Week]] bekend gestaan het. Die slag het gevolg na drie opeenvolgende nederlae ([[Slag van Belmont|Belmont]], [[Slag van Graspan|Graspan]] en [[Slag van die Twee Riviere|Twee Riviere]] (aan die Engelse bekend as die slag van Modderrivier)) wat deur die Boeremagte gelei is in hul poging om [[Lord Methuen]] se opmars om [[Kimberley]] te ontset, te stuit. Die slagveld is naby die [[N12 (Suid-Afrika)|N12]] nasionale pad.
 
 
== Voorbereidings vir die geveg ==
[[BeeldLêer:loopgrawe.JPG|rightregs|thumb|300px|Uitsig vandag vanaf Magersfonteinkop oor die vlakte waar die geveg plaasgevind het. Oorblyfsels van die loopgrawe kan steeds in die veld gesien word. Let wel: van die loopgrawe is eers na die geveg gegrawe. Daar was ook baie min bome in die veld tydens die veldslag aangesien die hout vir brandstof in Kimberley gebruik is.]]
 
Die Boeremagte het die 9<sup>th</sup>Lancers wat die Magersfonteinkoppe as verkenningspos gebruik het, gedwing om die posisie te ontruim, wat dit vir die Britse magte moeiliker gemaak het om die Boere se posisies te verken. Die Boere se verdediginglinie het gestrek vanaf die westekant van die spoorlyn by Langberg deur Magersfontein tot by Mossdrif aan die Suidoostekant van die Modderrivier. Van die verdedigingsposisies veral by Langberg was op hoë grond geleë met die grootste deel daarvan op grondvlak. Die verdediginsposisies het hoofsaaklik uit grondwalle, skanse (lae klipmure) en 'n enkelry loopgrawe naby die suidwestelike voet van Magersfonteinkop bestaan. 'n Gaping in die verdedigingslinie net oos van Magersfonteinkop het ontstaan omdat die Boeremagte genoop was om hulle magte te konsentreer op die mees waarskynlikste aanvalspunte (flankaanvalle). Die Britse bombardement van Magersfonteinkop op die negende en tiende Desember het dit egter duidelik laat blyk dat Magersfonteinkop die middelpunt van die aanval sou wees. Die bombardement het ook nie die gewenste demoraliserende impak op die boeremagte gehad nie omdat dit hoofsaaklik op die kop self gekonsentreer was en is slegs 3 burgers gewond ten spyte van die feit dat soveel as 31 kanonne op die tiende op die kop losgebrand het. Daar is toe begin om die gaping met sandsakke te versterk en hierdie werk was skynbaar nog onderweg toe die geveg begin het. Daar bestaan egter onsekerheid oor die omvang van die sandsak skanse tydens die geveg.
 
Majoor George Benson het die bevel gekry om die Highland Brigade te lei na 'n punt sowat 700 meter suid van Magersfontein se suidpunt (spur) en om die punt rondom 3 uur in die oggend te ontplooi vir 'n aanval net voor eerstelig. Die beroemde [[Black Watch]] regiment was aan die voorhoede van die opmars en sou die heel regterkantste flank van die aanval uitgemaak het met die Seaforths aan hulle linkerflank en die Argyll en Sutherland Highlanders aan die Seaforths se linkerkant. Drie Infanterie artillerie batterye en 'n berede artillerie battery sou artillerie ondersteuning verskaf het. Die Britse kolonne het in geslote gelid gemarsjeer wat meegebring het dat sowat 3500 man in 'n gebied so min as 40 meter diep en 160 meter breed ingepas is.
 
'n Donderstorm gedurende die nag het die Britse opmars vertraag en ook veroorsaak dat hulle sowat 500 meter te ver links vanaf die beoogde ontplooiingspunt was. Ten spyte van Majoor Benson se aanbeveling aan Wauchope om die manne te ontplooi het Wauchope besluit om voort te marsjeer. 'n Ry [[swarthaak ]]-bosse het hulle opmars verder vertraag en eers nadat die [[Black Watch]] hulle pad daardeur oopgebeur het, het Wauchope die bevel gegee om te ontplooi. Om vir die afwyking te vergoed het Wauchope die Seaforths beveel om die posisie regs van die Black Watch in te neem en die Argyll- en Sutherland Highlanders om verder regs van hulle te ontplooi. Baie van die manne het egter in die donker van hulle eenhede afgedwaal en sou onbewus gewees het van die veranderinge in die planne en het waarskynlik bygedra tot die verwarring tydens die gebeure wat daarop gevolg het.
 
Die Boere brandwagte sou ongetwyfeld die opmars gehoor het en het hul mede-burgers gewaarsku dat die Britse opmars onderweg was. Dis onseker watter gebeurtenis die Boereskuts laat losbrand het. Sommiges reken dit was die die klank van bajonette wat gemonteer is wat die Boere oortuig dat die Britte naby genoeg gekom het en daar word vertel dat 'n lantern op die kop uitgedoof as teken om te begin vuur. [[Sir Arthur Conan Doyle|Conan Doyle]] sê in sy boek dat 'n Boer wat by die geveg betrokke was aan hom gesê het dat dit die klank van verklikkers (blikkies wat aan drade gebind was) wat hulle laat skiet het. 'n Hewige vuur is op die Britse troepe losgelaat veral vanaf die Kroonstad en Hoopstad kommando's wat in loopgrawe skaars 400 m voor die Britte ingegrawe was. Chaos het in die Britse kolonne ontstaan en is baie van die troepe is binne die eerste paar minute van die geveg getref (Volgens Conan Doyle soveel as 700 binne die eerste 5 minute). Wauchope het die Black Watch saam met 'n groep van die Seaforths beveel om die "gaping" en die Sandsaklinie te storm maar kon nie meer as 40 m vorder nie en het groot verliese in die proses gelei. Generaal Wauchope en Kolonel Coode van die Black Watch het ook binne die eerste paar minute van die geveg gesneuwel. Teen hierdie tyd het dit al begin lig word en het die verliese begin toeneem onder die vegtende voorhoede wat op die grond met min beskutting neergepen was. Onder die agterhoede wat nog besig was met ontplooiing het paniek uitgebreek en het sowat 250 m teruggeval.
 
 
Die [[Skandinawiese Korps]] wat agter klein rotse en skanse ingegrawe was op 'n voorwaartse verkenningspos wat later deur die Engelse "Horse Artillery Hill" gedoop was, het hulself aan die regterkantste flank van die Highlanders bevind. Toe die Highlanders begin terugval en in hulle rigting begin uitwyk het, het hulle hewig losgebrand op die Highlanders. Hulle posisie is bestorm en omdat hulle geïsoleer geraak het van die ander Boeremagte is hulle oorweldig en is die korps geheel en al uitgewis ('n Monument ter nagedagtenis aan hierdie dapper vegters staan vandag daar op "Horse Artillery Hill").
Drie groepe Highlanders het daarin geslaag om deur die "gaping" te breek en het die agterste helling en nek tussen die kop en die rif begin bestyg. Die eerste twee groepe onder 'n Kaptein Macfarlan en 'n Luitenant Cox moes egter terugval toe hulle onder vuur gekom het vanaf die burgers op die kruin van die kop. 'n Derde groep onder leiding van 'n Luitenant Wilson van die Seaforth Highlanders het goed gevorder maar in die swak lig hulself misgis en 'n groep vasgemaakte perde vir Boere aangesien en die meeste van hulle doodgeskiet (en sodoende hulle posisie verklap). Kommandant Diedericks het sy Ladybrand kommando wat sopas daar aangekom het, het 'n deel van sy groep gestuur om die "gaping" toe te maak en die Britte op die kop van agter begin aanval. Kommandant Diederichs is tydens hierdie beslissende aanval gedood asook [[Generaal Christiaan de Wet]] se oudste broer. Colville se Guards Brigade is hierna deur senior offisiere by "Headquarters Hill" gelas om "Scrub Hill" in te neem en dan vandaar die "gaping" in die Boerelinies aan te val. Die aanval is egter hier gestuit. Na verdere bombardemente het Methuen in 'n desperate poging om die loop van die geveg te verander, sy laaste beskikbare reserwes, die Gordon Highlanders onder 'n Luitenant-Kolonel Downman beveel om 'n front-aanval op die Boere loopgrawe te doen om die troepe wat op die vlakte voor die Magersfontein hoogtes vasgepen is te versterk. Hulle is egter elke keer as hulle opgestaan het om te storm gevoelige verliese toegedien deur akkurate vuur uit die loopgrawe en is uiteindelik ook op die vlakte neergepen.
 
[[BeeldLêer:Magersfonteinmodel.JPG|rightregs|thumb|250px|Die reliëfmodel by die Magersfonteinmuseum wat die troepebewegings tydens die geveg verduidelik.]]
Op hierdehierdie stadium toe dit duidelik word dat die Langberg deel van die linie geen bedreiging in die gesig gestaar het nie, het die Potchefstroom Kommando onder bevel van Generaal Andries Cronje hulle posisies ontruim en onder leiding van Generaal Naas Ferreira agter "Scrub Ridge" posisie ingeneem om sodoende die Vrystaatse kommando's te versterk. 'n Dapper teenaanval deur Ferreira is toe begin om besit te neem van die grond tussen die Highlanders by "Horse Artillery Hill" en "Scrub Ridge" en die Highlanders wat voor die loopgrawe vasgepen was onder hewige bombardement van kanonne waarvan die vuur deur verkenners in 'n balon gerig is. (Baie kritiek is uitgespreek oor Methuen se besluit om die aanval te loods voordat die balon in plek was om die Boereposies te kon bespied.)
 
'n Poging van Luitenant-Kolonel Hughes-Hallet om hierdie dreigende wig wat Ferreira se aanval in die linies toe te stop is verkeerdelik deur die Highlanders as 'n algemene ontrekking geïnterpreteer en het hulle oraloor op die vlug begin slaan. Hierdie aksie het die Boere 'n uitstekende teiken verskaf en die Highlanders is verdere gevoelige verliese toegedien. Die Boere se 75 mm Krupp kanon bo-op Magersfontein kop wat die heeldag stil was het ook op die stadium losgebrand en verdere chaos en verwarring onder die Highlanders gesaai. Die oorblywende Highlanders het agter "Headquarters Hill" stelling ingeneem en rondom 4 nm. het die slagveld stil geword. Die Britse gewondes voor die loopgrawe is deur die Boere toegelaat om sonder hulle wapens die veld te verlaat en die Britse mediese korps het die grootste deel van die nag gespandeer om dooies en gewondes van die veld te verwyder. Die Britte het egter nie onttrek nie in die hoop dat die Boeremagte soos by Magersfontein in die donker sou onttrek. Dit het egter nie gebeur nie en is 'n algemene skietstilstand rondom 9 vm. op die oggend van die 12de verklaar sodat gewondes wat hulself nog steeds op die slagveld bevind het verwyder kon word. Teen namiddag moes Lord Methuen noodgedwonge die neerlaag aanvaar en het hy na Modderrivierstasie teruggetrek.
 
== Medaljes en toekennings ==
 
Luitenant H.E.M. Douglas van die Britse mediese korps het die [[Victoriakruis]] verwerf vir sy omsien na gewondes onder hewige vuur. Korporaal J Shaul het ook 'n Victoriakruis verwerf vir soortgelyke dade. Kaptein E.B. Towse van die Gordon Highlanders wat die dodelik gewonde Kolonel Downman op sy rug van die veld afgedra, het saam met 'n Vlagsersant Nelson en 'n Lanskorporaal Hodgson wat hom ondersteun het, die [[Distinguished Conduct Medal]] verwerf. Towse het later die VC verwerf tydens 'n skermutseling by Taba 'Nchu waar hy verblind is.
 
== Verwysings ==
* Magersfontein REVISITED 10 – 12 December 1899, Steve Lunderstedt en Garth Benneyworth, Kimberley Marketing and Promotions, ISBN 0-620-27802-1
* The Great Boer War, Arthur Conan Doyle, Galago Publishing, ISBN 1-919854-13-4
 
[[Kategorie:Veldslae in Suid-Afrika]]