Verskil tussen weergawes van "Eben Dönges"

384 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
== Toetrede tot die politiek ==
[[Lêer:Suid-Afrikaanse kabinet 1958.jpg|thumb|regs|300px|Die Suid-Afrikaase kabinet in 1958. Voor: dr. [[Eben Dönges]], [[Paul Sauer]], dr. [[Hendrik Verwoerd]], dr. [[E.G. Jansen]], adv. [[C.R. Swart]], adv. [[Eric Louw]]. Agter: J.J. Serfontein, M.D.C. de Wet, dr. A.J.R. van Rhijn, sen. [[Jan de Klerk]], [[Ben Schoeman]], [[PK le Roux]], adv. F.C. Erasmus en [[Tom Naudé]].]]
 
Benewens sy dubbele redaksionele betrokkenheid is hy ook in 1924 in [[Pretoria]] tot die Transvaalse balie toegelaat en nadat hy sy werk by Die Burger laat vaar het, is hy in 1927 ook tot die Kaapse balie toegelaat. Van 1929 tot 1939 het hy as deeltydse regsadviseur vir die Kaapse Provinsiale Administrasie opgetree, hoewel hy reeds in 1937 tot die Vrystaatse Afdeling van die Hooggeregshof toegelaat is. In 1939 het hy senior advocaat geword en tot 1948 gepraktiseer. Hy was een van enkele Suid-Afrikaners wat ’n saak voor die Geheime Raad in Londen behartig het. Tesame met sy regswerk was hy ook deeltijdse lektor in die regte aan die [[Universiteit van Stellenbosch]] waar hy die uitleg van wette gedoseerd het en gespesialiseer het in die maatskappyreg.