Verskil tussen weergawes van "Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie"

geen wysigingsopsomming nie
k (Verplasing van 13 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q1419926)
In [[1940]] het die SAUK ook die eerste radiodienste in Swart tale verskaf wat aanvanklik nog met behulp van telefoonlyne na die Swart luisteraars se woonplekke herlei moes word.
 
Die eerste tweetalige handelsdiens, [[Springbokradio]], is op [[1 Mei]] [[1950]] ingestel. Populêre programme in Afrikaans en Engels met advertensies het die SAUK van 'n nuwe inkomste voorsien. Springbokradio het eers onder die invloed van die nuut ingevoerde televisieprogramme in die sewentiger- en tagtigerjare 'n groot deel van sy luisteraars kwytgeraak en is uiteindelik in [[1985]] gestaak.
 
Die frekwensiemodulasie-stelsel met sy duidelik verbeterde klankgehalte is op [[1 September]] [[1961]] vanuit Brixtonheuwel in Johannesburg ingestel, en op [[6 Januarie]] [[1976]] het die SAUK se eerste televisiekanaal begin uitsaai. Naas Engelse programme is ook Afrikaanse televisieprogramme, oorgeklankte buitelandse programme en 'n verskeidenheid dokumentêre programme vir die Afrikaanstalige gemeenskappe van Suid-Afrika aangebied. Op Sondae het die SAUK veral godsdienstige programme uitgesaai, en gedurende die eerste twee jare van die televisiediens was daar nog geen televisie-advertensies nie.