Akula: Verskil tussen weergawes

8 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
Skakels
(Skakel)
(Skakels)
Tipe boot: ядерная включенная субмарина (kernaangedrewe duikboot)
 
Die Russiese '''Akula'''- [[duikboot]] is een van die grootste, stilste en bes bewapende duikbote in die wêreld. Dit blyk onderwater veel stiller te wees as soortgelyke Amerikaanse duikbote. Dit staan by [[NAVO]] bekend as die 'Tifoon'- duikboot. Die eerste groep Akula-duikbote is tussen 1982 en 1986 vervaardig, daarna die verbeterde Akula tussen 1986 en 1991, gevolg deur die Akula II wat na 1991 vervaardig word.
 
Die Akula het 'n dubbele boegstruktuur waarmee dit veel dieper kan duik as enige ander duikboot. Aan die stert is daar 'n boggel, waar 'n luistersensor op sleeptou gestoor word. As die boot begin vaar word die sensor uitgerol, tot 2 km agter die boot. Alle Akula-duikbote het 'n 533 mm-torpedobuis vir Tipe 53-torpedo's (soos die [[Shkval]]-torpedo) of SS-N-15 ''[[Starfish]]''-missiele/torpedo's. In die 650 mm-torpedobuise word Tipe 65-[[torpedo]]'s en/of [[SS-N-16]] Stallion-torpedo's gelanseer.