Verskil tussen weergawes van "Fochville"

18 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
Skakel
k (Verplasing van 6 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q2370739)
(Skakel)
}}
 
'''Fochville''' is 'n dorp in [[Gauteng]], [[Suid-Afrika]]. Dit is geleë aan die R500-pad net suid van die [[N12 (Suid-Afrika)|N12]]- nasionale pad, 40 km oos van [[Potchefstroom]].
 
== Geskiedenis ==
Die dorp is op [[15 November]] [[1920]] geproklameer nadat dit reeds gedurende die [[Eerste Wêreldoorlog]] deur die broers Wulfson uitgelê is op die plase Kraalkop en Leeuwspruit. Dit is vernoem na maarskalk Ferdinand Foch, 'n opperbevelvoerder van die Geallieerde magte. Die Western Deep Levels goudmyn is naby Fochville. Die naaste groot dorp is [[Carletonville]].
 
== Distrik ==
Gemengde boerdery word in die distrik beoefen.
 
== Danie Theron ==
Die [[Danie Theron]]-gedenknaald staan op 'n koppie sowat 8 km wes van die afdraai na Fochville.
 
== In die nuus ==
In die middel tagtigerjare was Fochville in die nuus nadat 'n seksskandaal onder leerlinge van die hoërskool aan die lig gekom het. Die kinders het 'n pakkamer onder 'n verhoog ingerig vir hul seksbedrywighede. Later is na dié plek as die "genotgrot" verwys.<ref>[http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1997/06/14/8/4.html Tienerseks: die `in' ding op partytjies `Ons doen dit sommer net; dis g'n geheim'], [[Beeld]], 14 Junie 1997</ref>
 
== Sien ook ==
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]
 
== Bron ==
* [[Op Pad in Suid-Afrika]]. [[B.P.J. Erasmus]]. 1995. ISBN 1-86842-026-4
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}