Verskil tussen weergawes van "Bordeaux"

8 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
→‎Wynbou: Skakels
k (Verplasing van 103 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q1479)
(→‎Wynbou: Skakels)
=== Wynbou ===
[[Lêer:Bouteilles Bordeaux.jpg|thumb|right|250px|Bordeaux-wyne in 'n plaaslike winkel]]
Bordeaux word dikwels die "Wêreldhoofstad van [[wyn]]" genoem. Van die Bordeaux-wyne wat in die omgewing van die stad verbou word behoort tot die mees uitstaande gehaltewyne ter wêreld. Die plaaslike wynboubedryf behels 117 514 hektaar se wingerde, 14 000 wynprodusente, 400 groothandelaars en 'n jaarlikse omset van € 14,5 miljard (ZAR 145 miljard). Jaarliks word sowat 700 miljoen bottels Bordeaux-wyn geproduseer - van gewone tafel- tot topwyne.
 
Die belangrikste rooiwyne word van druiwesoorte soos Cabernet-Sauvignon, Merlot, Cabernet franc, Petit Verdot, Malbec en steeds kleiner wordende hoeveelhede Carménère. [[Druiwe]] wat vir witwyne gebruik word sluit Sauvignon blanc, Sémillon en Muscadelle in.
 
Bordeaux se wynbougebiede word in vyf streke onderverdeel: Entre-Deux-Mers, Libournais, Bourgeais-Blayais, Graves en Médoc. Die mees uitstaande wynstreke is Saint-Émilion, Pauillac, Saint-Estèphe, Sauternes en Pomerol.
109 182

wysigings