Juliaanse kalender: Verskil tussen weergawes

320 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
Bygewerk
k (Verplasing van 82 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q11184)
(Bygewerk)
Die Juliaanse kalender is in amper die hele [[Romeinse Ryk]] gebruik. Met die opkoms van die Christendom is dit ook gebruik om die tyd van die Christelike feesdae, veral Paasfees, te bepaal. Die kerk het dus besondere waarde aan die kalender geheg.
 
Die Juliaanse kalender word tans nog deur diesommige [[Oosters-Ortodokse Kerk|Oosters-Ortodokse]] kerke gebruik. In dié kerke, soos die [[Russies-Ortodokse Kerk]], val Kersfees op 7 Januarie, wat volgens die Juliaanse kalender 25 Desember van die vorige jaar is. Ander Ortodokse kerke gebruik die Gregoriaanse kalender, wat hulle die Nieu-Juliaanse, Hersiene Juliaanse of Griekse kalender noem, vir vaste Christelike feesdae soos Kersfees, maar die Juliaanse kalender vir feesdae wat met [[Paasfees]] verband hou.
 
Onder invloed van die Kerk het Rusland die Juliaanse kalender nog tot in 1918 gebruik. So het die [[Russiese Revolusie]] van 1917, wat in Russies die Oktober-revolusie (''октябрьская революция, Oktjabrskaja revoljoetsia'') genoem word, in die Westerse maand November plaasgevind. Wanneer na datums voor 1918 verwys word, word O.S (Ou Styl) vir die Juliaanse kalender en N.S. (Nuwe Styl) vir die Gregoriaanse kalender dikwels tussen hakies aangegee.