Verskil tussen weergawes van "Lokomotief"

Geen grootteverandering nie ,  6 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
Stoomlokomotiewe is warmte-enjins wat die chemiese energie van hul brandstof (gewoonlik [[steenkool]] - of in enkele gevalle ook [[hout]], koolstof, turf en swaar olie - wat in 'n ketel verbrand word) omskakel om wiele te laat draai. Hiervoor word [[water]] deur 'n vuur in stoom verander wat as werkvloeistof dien om 'n suier heen en weer laat beweeg. 'n Stang, wat met die suier asook die lokomotief se wiele verbonde is, word sodoende in 'n ronddraaiende beweging gesit.
 
Hierdie tegniese proses het sy doeltreffendheid nie aan die druk in die stoomketel te danke nie, maar aan die temperatuurreeks waarbinne stoom aangewend word. Alhoewel ook ander sisteme as water-stoomstelsels as tegniese oplossing gebruik sou kon word, veral omdat die gemiddelde druk van waterstoom laer is as dié van ander werkvloeistowwe en ook vanweë water se korrosiewe eienskappe, was dit vanweë sy maklike beskikbaarheid 'n natuurlike keuse vir ingenieurs wat die eerste stoomlokomotiewe ontwerp en gebou het.<ref>P.W.B. Semmens en A.J. Goldfinch: ''How Steam Locomotives Really Work''. Oxford enUniversity New YorkPress: Oxford Universityen PressNew York 2000. Kindle-uitgawe, loc. 70</ref>
 
== Verwysings ==
105 579

wysigings