Verskil tussen weergawes van "Miafisitisme"

108 grepe verwyder ,  9 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
kNo edit summary
'''Miafisitisme''' (van die [[Grieks]]e ''mía'', "een", en ''phýsis'', "natuur"), soms ook '''henofisitisme''' genoem, is ’n Christologiese formule van die [[Oriëntaal-Ortodokse]] en verskeie ander kerke wat net die eerste drie [[ekumeniese konsilie]]s aanvaar. Daarvolgens is die goddelikheid en menslikheid van [[Christus]] verenig in een natuur, sonder onderskeid of verwarring.<ref>''The Blackwell Companion to Eastern Christianity'' deur Ken Parry 2009 ISBN 1-4443-3361-5 page 88 [http://books.google.com/books?id=fWp9JA3aBvcC&pg=PA88&dq=Miaphysitism&hl=en&ei=sVDgTKqDKpDOswbundTyCw&sa=X&oi=book_result&ct=result&resnum=1&sqi=2&ved=0CCUQ6AEwAA#v=onepage&q=Miaphysitism&f=false]</ref> Sommige kerke beskou hierdie leerstelling as ’n vorm van [[monofisitisme]] – die leer dat Christus net een enkele, goddelike natuur het.
 
==Geskiedenis==
Die Miafisiete het dit verwerp. Hulle het geglo Christus het net een natuur, wat sowel goddelik as menslik is. Hulle het geglo die besluite van Chalcedon grens aan Nestorius se dwaalleerstellings. ’n Groot chaos het in die [[Oos-Romeinse Ryk]] ontstaan. Die ryk was verdeeld tussen die Chalcedoniërs, wat die leerstellings van die Konsilie van Chalcedon aanvaar het, en die Miafisiete.
 
Daar was verskeie pogings om die twee partye te verenig (onder meer die [[Henoticon]] in 482) en die magsewewig het verskeie kere geskuif. Die besluit van Chalcedon het egter die amptelike standpunt van die [[Romeinse Ryk|Romeinse]] kerk gebly en is steeds die standpunt van die [[Oosters-Ortodokse Kerk|Oosters-Ortodokse]], [[Rooms-Katolieke Kerk|Rooms-Katolieke]] en tradisonele [[Protestantisme|Protestantse kerke]] gebly. Die nie-Chalcedoniese Ortodokse kerke word gewoonlik saam gegroepeer as [[Oriëntaal-Ortodoks]]. In onlangse dekades het leiers van die onderskeie takke van die kerke gepraat oor die feit dat die verskille tussen hul ideologieë nie so groot is as wat tradisioneel geglo is nie.
 
==Verwysings==