Verskil tussen weergawes van "Maagdeburg"

4 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
k (Verplasing van 83 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q1733)
(→‎Geografie: Skakel)
 
== Geografie ==
Maagdenburg is aan die middelloop van die Elberivier en aan die oostelike kant van die ''Maagdenburgse Börde'', die vrugbare sentrale landskap van die deelstaat Sakse-Anhalt, geleë. Die meeste stadswyke is aan die westelike rivieroewer geleë. Maagdenburg is een van min stede in die Noord-Duitse Laagvlakte wat op rotsige grond ontstaan het. Sommige dele van die stadsgebied lê op 'n lang eiland in die [[Elbe]] en aan sy oostelike oewer.
 
Die beduidendste stede in die omgewing is [[Wolfsburg]] (sowat 64 kilometer noordwes van Maagdenburg), [[Braunschweig]] (sowat 75 kilometer wes) en [[Potsdam]] (sowat 105 kilometer oos van Maagdenburg). [[Berlyn]] is 105 kilometer oos van Maagdenburg geleë.