Verskil tussen weergawes van "Verenigde State van Amerika"

k
Wysigings deur 95.97.11.176 teruggerol na laaste weergawe deur MF-Warburg
k (Wysigings deur 95.97.11.176 teruggerol na laaste weergawe deur MF-Warburg)
: ''Hierdie artikel handel oor die land in Noord-Amerika. Vir ander gelyknamige state, sien gerus [[Verenigde State (dubbelsinnig)]].''
{{Inligtingskas Land
|noem_naam = '''United States of America'''
|volle_naam = '''Verenigde State van Amerika'''
|algemene_naam = die Verenigde State
|beeld_vlag = Flag of the United States.svg
|beeld_wapen = Great Seal of the United States (obverse).svg
|simbool_tipe = Groot Seël
|beeld_kaart = United States (orthographic projection).svg
|leuse = ''In God We Trust''
''(sedert 1956 amptelik)''
''E Pluribus Unum'' (tradisioneel)
''([[Latyn]] vir "Uit baie, een")''
|volkslied = ''[[The Star-Spangled Banner]]''
[[Lêer:Star Spangled Banner instrumental.ogg]]
|amptelike_tale = Geen op federale vlak nie{{smallsup|1}}
[[Engels]] (''[[de facto]]''){{smallsup|2}}
|hoofstad = [[Washington, D.C.]]
|latd = 38
|latm = 53
|latNS = N
|longd = 77
|longm = 1
|longEW = W
|grootste_stad = [[New York Stad]]
|regeringsvorm = Federale presidensiële
grondwetlike [[republiek]]
|leiertitels =
• [[President van die Verenigde State van Amerika|President]]
• Vise-President
• [[Huis van Afgevaardigdes|Huis]]-spreker
|leiername = [[Barack Obama]] (D)
[[Joe Biden]] (D)
[[John Boehner]] (R)
|oppervlak_rang = 3/4de
|oppervlak_grootte =
|oppervlak = 9 826 675
|oppervlakmi² = 3 794 101
|persent_water = 6,76
|bevolking_skatting = 314 970 000<ref name="POP">{{en}} {{cite web|url=http://www.census.gov/population/www/popclockus.html|publisher=U.S. Census Bureau|title=U.S. POPClock Projection}}</ref>
|bevolking_rang = 3de
|bevolking_skatting_jaar = 2012
|bevolking_sensus = 308 745 538
|bevolking_sensus_jaar = 1 April 2010
|bevolkingsdigtheid = 33,7
|bevolkingsdigtheidmi² = 87,4
|bevolkingsdigtheidrang =
|BBP_PPP = $15 094 miljard<ref name=IMF_GDP>{{en}} {{cite web|url=http://www.imf.org/external/pubs/ft/weo/2012/01/weodata/weorept.aspx?pr.x=56&pr.y=10&sy=2009&ey=2012&scsm=1&ssd=1&sort=country&ds=.&br=1&c=111&s=NGDPD%2CNGDPDPC%2CPPPGDP%2CPPPPC%2CLP&grp=0&a=|title=United States|publisher=[[Internasionale Monetêre Fonds]]|accessdate=27 Mei 2012}}</ref>
|BBP_PPP_rang = 1ste
|BBP_PPP_jaar = 2011
|BBP_PPP_per_kapita = $48 386<ref name="IMF_GDP"/>
|BBP_PPP_per_kapita_rang = 6de
|BBP = $15 094 miljard<ref name="IMF_GDP"/>
|BBP_rang = 1ste
|BBP_jaar = 2011
|BBP_per_kapita = $48 386<ref name="IMF_GDP"/>
|BBP_per_kapita_rang = 6de
|onafhanklikheidstipe = Onafhanklikheid
|onafhanklikheidsgebeure = • Verklaar
• Erken
• Huidige grondwet
|onafhanklikheidsdatums =
van die [[Verenigde Koninkryk]]
[[4 Julie]] [[1776]]
[[3 September]] [[1783]]
[[21 Junie]] [[1788]]
|MOI = {{wins}} 0,910<ref name="HDI">{{en}} {{cite web|url=http://hdr.undp.org/en/media/HDR_2011_EN_Table1.pdf|title=Human Development Report 2011|year=2011|publisher=[[Verenigde Nasies]]|accessdate=27 Mei 2012}}</ref>
|MOI_rang = 4de
|MOI_jaar = 2011
|MOI_kategorie = baie hoog
|Gini = 45,0<ref>{{en}} {{cite web|url=https://www.cia.gov/library/publications/the-world-factbook/fields/2172.html|title=Distribution of family income – Gini index|work=World Factbook|publisher=CIA|accessdate=27 Mei 2012}}</ref>
|Gini_rang = 39ste
|Gini_jaar = 2007
|Gini_kategorie =
|geldeenheid = [[Amerikaanse dollar|Dollar]] ($)
|geldeenheid_kode = USD
|land_kode = USA
|tydsone =
|utc_afwyking = [[UTC-05:00|-05]] tot [[UTC-10:00|-10]]
|tydsone_somer =
|utc_afwyking_DST = [[UTC-04:00|-4]] tot [[UTC-10:00|-10]]
|internet_domein = [[.us]] [[.gov]] [[.mil]] [[.edu]]
|skakelkode = 1
|voetskrif = 1. Engels is die amptelike taal van 28 deelstate. Engels en Hawaiis is beide amptelike tale in die deelstaat Hawaii. Verder het Nieu-Meksiko en Louisiana wette wat die gebruik van onderskeidelik Spaans en Frans toelaat.
2. Engels is die ''de facto'' taal van die Amerikaanse regering en die enigste taal wat deur 82% Amerikaners ouer as vyf tuis gepraat word. Spaans is die tweede mees gesproke taal.

Die '''Verenigde State van Amerika''' (dikwels afgekort tot '''Verenigde State''', '''VS''' of '''VSA''', [[Engels]]: '''United States of America'''), in die omgangstaal ook net '''Amerika'''<ref>Die gebruik van die woord 'Amerika' om te verwys na die VSA en 'Amerikaner' om te verwys na 'n VSA-burger word deur baie mense in die res van die Amerikas gesien as onakkuraat, maar is algemeen en word elders aanvaar.</ref> genoem, is 'n land in die Westelike Halfrond, wat uit [[Deelstate van die Verenigde State van Amerika|vyftig deelstate]] en talle gebiede bestaan. 48 van sy deelstate lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die [[Stille Oseaan|Stille]] en die [[Atlantiese Oseaan]] en word in die noorde deur [[Kanada]] en in die suide deur [[Meksiko]] begrens, die deelstaat [[Alaska]] lê in die noordweste van die Noord-Amerikaanse vasteland en grens in die ooste aan Kanada, en die deelstaat [[Hawaii]] is 'n eilandgroep in die middel van die Stille Oseaan. Die land beslaan altesaam veertig persent van die Noord-Amerikaanse vasteland.
[[Lêer:Angled closeup of the US flag.jpg|thumb|links|250px|Die vlag van die VSA. Die rooi en wit bane versinnebeeld die dertien oorspronklike kolonies en deelstate, die sterre die huidige vyftig deelstate]]
Die Verenigde State van Amerika is 'n federale presidensiële grondwetlike [[republiek]] met 'n presidensiële stelsel en 'n tweekamerparlement, die Kongres, wat uit die Senaat en die Huis van Afgevaardigdes bestaan. Die hoofstad van die VSA is [[Washington, D.C.]], wat nie deel uitmaak van een van die vyftig state nie, maar in die federale Distrik van Columbia geleë is.

Die Verenigde State is met meer as 9,6 miljoen vierkante kilometer (meer as 3,7 miljoen vierkante myl) en met sowat 314 miljoen inwoners die derde grootste land ter wêreld ten opsigte van sy oppervlakte en bevolking. Met 'n bruto geografiese produk van meer as 15 094 miljard VSA-$ (94 140 miljard ZAR) in 2011 is die VSA die grootste ekonomie ter wêreld.<ref name=IMF_GDP/><ref>Die [[Europese Unie]] se gesamentelike ekonomie is groter as dié van die VSA maar die VSA-ekonomie is die grootste vir 'n enkele land.</ref>

Die land, wat oorspronklik deur die stamme van die Eerste Nasies bewoon is, het danksy grootskaalse immigrasie van dwarsoor die wêreld tot een van die etnies, sosiaal en godsdienstig mees diverse lande ter wêreld ontwikkel.<ref name="DD">Adams, J.Q., and Pearlie Strother-Adams (2001). ''Dealing with Diversity''. Chicago: Kendall/Hunt. ISBN 0-7872-8145-X.</ref>

Die Verenigde State is deur dertien kolonies gestig, wat na aanleiding van die [[Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog]] hulle onafhanklikheid van [[Koninkryk van Groot-Brittanje|Groot-Brittanje]] op [[4 Julie]] [[1776]] verklaar en hulle grondwet, die Artikels van die Konfederasie, op [[1 Maart]] [[1781]] bekragtig het. Die huidige grondwet is op [[17 September]] [[1787]] aangeneem.<ref>Dull, Jonathan R. (2003). "Diplomacy of the Revolution, to 1783," p. 352, chap. in ''A Companion to the American Revolution'', ed. Jack P. Greene and J. R. Pole. Maiden, Mass.: Blackwell, pp. 352–361. ISBN 1-4051-1674-9.</ref> Die oppervlakte van die VSA is gedurende die 19de eeu deur gebiede, wat van [[Frankryk]] en Meksiko gekoop is, aansienlik uitgebrei. Met die ekonomiese agteruitgang van die [[Sowjetunie]] in [[1991]] het die VSA die enigste oorblywende [[supermoondheid]] geword. Die land oefen nog steeds 'n oorheersende ekonomiese, politieke, kulturele en militêre invloed dwarsoor die wêreld uit.<ref>{{cite web|author=Cohen, Eliot A.|url=http://www.foreignaffairs.org/20040701faessay83406/eliot-a-cohen/history-and-the-hyperpower.html|title=History and the Hyperpower|work=Foreign Affairs|date=Julie/Augustus 2004|accessdate=2006-07-14}} {{cite web|url=http://news.bbc.co.uk/2/hi/americas/country_profiles/1217752.stm|title=Country Profile: United States of America|publisher=BBC News|date=2008-04-22|accessdate=2008-05-18}}</ref>

== Geografie ==
:''Hoofartikel: [[Geografie van die Verenigde State]].''
As die wêreld se derde grootste nasie (totale area), het die Verenigde State 'n baie wisselende landskap: gematigde woudland aan die ooskus, [[mangrove]]woude in [[Florida]], die [[Great Plains]] in die middel van die land, die [[Mississippirivier|Mississippi]]-[[Missouririvier|Missouri]] rivierstelsel, die [[Rotsgebergte]] (Rocky Mountains) wes van die vlaktes, woestyne en gematigde kusgebiede wes van die Rotsgebergte en [[reënwoud]]e in die noord-weste. Die [[vulkaan|vulkaniese]] eilande van [[Hawaii]] en die pool-gebiede van [[Alaska]] maak die geografiese diversiteit net nog groter.

=== Politieke geografie ===
Die vastelandse Verenigde State (sonder Alaska en Hawaii) word in geografiese opsig in 'n aantal streke verdeel:
* Die '''[[Nieu-Engeland]]-State''' met [[Maine]], [[New Hampshire]], [[Vermont]], [[Massachusetts]], [[Rhode Island]] en [[Connecticut]],
* Die '''Middel-Atlantiese State''' met [[New York (deelstaat)|New York]], [[New Jersey]], [[Delaware]], [[Maryland]], [[Virginië]], [[Wes-Virginië]] en [[Pennsilvanië]],
* Die '''Suidoostelike State''' met [[Noord-Carolina]], [[Suid-Carolina]], [[Georgia]], [[Arkansas]], [[Tennessee]], [[Kentucky]], [[Florida]], [[Alabama]], [[Mississippi]] en [[Louisiana]],
* Die '''Midwes-State''' met [[Ohio]], [[Indiana]], [[Illinois]], [[Michigan]], [[Wisconsin]], [[Minnesota]], [[Iowa]] en [[Missouri]],
* Die '''[[Groot Vlaktes|Groot-Vlaktes]]-State''' met [[Noord-Dakota]], [[Suid-Dakota]], [[Kansas]] en [[Nebraska]],
* Die '''Bergstate''' met [[Idaho]], [[Montana]], [[Colorado]], [[Wyoming]] en [[Utah]],
* Die '''Suidwestelike State''' met [[Oklahoma]], [[Texas]], [[Nieu-Meksiko]] en [[Arizona]], en
* Die '''Verre-Weste-State''' met [[Washington (deelstaat)|Washington]], [[Oregon]], [[Kalifornië]] en [[Nevada]].

Die '''grootste''' deelstate is ten opsigte van
* '''Oppervlak''': [[Alaska]] met 1 717 854 vierkante kilometer (663 268 vierkante myl) en
* '''Bevolking''': [[Kalifornië]] met 'n bevolking van 37 253 956 in 2010.

Die '''kleinste''' deelstate is ten opsigte van
* '''Oppervlak''': [[Rhode Island]] met 3 140 vierkante kilometer (1 214 vierkante myl) en
* '''Bevolking''': [[Wyoming]] met 'n bevolking van 563 626 in 2010.

Die deelstate Nevada, Arizona, Florida, Colorado, Utah, Georgia en Texas het in die laaste dekades die grootste relatiewe bevolkingsgroei getoon, terwyl die deelstate Kalifornië, Texas, Florida, Georgia, Arizona en Noord-Carolina die grootste absolute bevolkingsgroei ervaar het. Die bevolking van Wes-Virginië, Noord-Dakota en die Distrik van Columbia het afgeneem. Die grootste stede in die VSA is [[New York Stad]], [[Los Angeles]], [[Chicago]], [[Houston]] en [[Philadelphia]].

Die volgende kaart toon die ses amptelike sensusgebiede (Pasifiese Streek [''Pacific'' - blou], Bergstreek [''Mountain'' - rooi], Midweste [''Midwest'' - oranje], Suide [''South'' - geel], Noord-Oos [''Northeast'' - violet] en Afhanklike Gebiede [''Territories'' - groen]), vyftig deelstate en afhanklike gebiede van die Verenigde State:

[[Lêer:United States Administrative Divisions.png|550px|center|]]

{| width="100%"
|width="16.66%"|
'''Deelstate'''

[[Alabama]]

[[Alaska]]

[[Arizona]]

[[Arkansas]]

[[Kalifornië]]

[[Colorado]]

[[Connecticut]]

[[Delaware]]

[[Florida]]

[[Georgia]]

|width="16.66%" valign="top"|

[[Hawaii]]

[[Idaho]]

[[Illinois]]

[[Indiana]]

[[Iowa]]

[[Kansas]]

[[Kentucky]]

[[Louisiana]]

[[Maine]]

[[Maryland]]

|width="16.66%" valign="top"|

[[Massachusetts]]

[[Michigan]]

[[Minnesota]]

[[Mississippi]]

[[Missouri]]

[[Montana]]

[[Nebraska]]

[[Nevada]]

[[New Hampshire]]

[[New Jersey]]

|width="16.66%" valign="top"|

[[Nieu-Meksiko]]

[[New York (deelstaat)|New York]]

[[Noord-Carolina]]

[[Noord-Dakota]]

[[Ohio]]

[[Oklahoma]]

[[Oregon]]

[[Pennsilvanië]]

[[Rhode Island]]

[[Suid-Carolina]]

|width="16.66%" valign="top"|

[[Suid-Dakota]]

[[Tennessee]]

[[Texas]]

[[Utah]]

[[Vermont]]

[[Virginië]]

[[Washington (deelstaat)|Washington]]

[[Wes-Virginië]]

[[Wisconsin]]

[[Wyoming]]

|width="16.66%" valign="top"|
'''[[Eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika|Afhanklike gebiede]]'''

[[Amerikaans-Samoa]]

[[Guam]]

[[Noordelike Mariana-eilande]]

[[Puerto Rico]]

[[Amerikaanse Maagde-eilande]]

'''Nie getoon nie'''
* [[Distrik van Columbia]]

=== Fisiese geografie ===
Die Noord-Amerikaanse vasteland word volgens fisiese besonderhede in vier groot streke verdeel: Die [[Kanadese Skild]] met die Laurentiese Plato, die Appalaggestreek, die Binnelandse Vlaktes en die bergagtige Weste. Vir die gebied van die Verenigde State word hierdie streke verder verdeel in sewe fisiografiese streke: Die Vlaktes van die Atlantiese Kus en die [[Golf van Meksiko]], die Appalaggiese Hooglande, die Binnelandse Vlaktes, die Binnelandse Hooglande, die Rotsgebergte, Die Intermontane Streek met die Groot Bekken en die Pasifiese Bergreekse. 'n Verdere streek, die Laurentiese Plato, beslaan slegs 'n klein gedeelte van die VSA se oppervlak in die gebied van die [[Groot Mere]].

Die huidige terrein van die noordelike Verenigde State is deur [[gletser]]s gevorm, wat die noorde van die vasteland in die laaste [[Ystydperk]] bedek het. Die vroeëre suidelike kant van die yslaag word nog steeds deur 'n reeks eindmorenes gekenmerk, wat vanaf die eiland Long Island aan die Atlantiese ooskus in westelike rigting tot by die Rotsgebergte loop. Die gebiede noord van hierdie lyn is bedek met ou gletserafsettings. In die berggebiede van die noordweste en in Alaska het die berggletsers duidelike spore van erosie gelaat. Uitgestrekte gletsermere het groot gebiede in die weste bedek, waarvan die Groot Soutmeer in Utah net 'n oorblyfsel is.

=== Die oostelike en die Golfkusgebiede ===
[[Lêer:Chesapeakelandsat.jpeg|thumb|regs|250px|'n ''Landsat''-foto van Chesapeakebaai]]
Die kusvlaktes van die Atlantiese ooste en die Golf van Meksiko strek van Long Island tot by die [[Rio Grande]] aan die Texaans-Meksikaanse grens. Die kuslyn word deur talle eilande, riviermondings, baaie, sandtonge en strandmere oorheers. Eilande soos Long Island, Nantucket en Martha's Vineyard maak deel uit van die kusvlakte en is eers ná die Ystydperk as gevolg van die stygende seevlak tot eilande omskep. Die natuurlike hawens van die noordooste, soos New York- en Chesapeakebaai, het reeds in die koloniale tydperk die landing van setlaars en later seevervoer en handel met Europa vergemaklik. Suid van die groot kape van Noord-Carolina soos Kaap Fear, Kaap Hatteras en Kaap Lookout is groot natuurlike baaie en hawens skaars. Die kuslyn van die Golfgebied met sy strandmere word deur die uitgestrekte Mississippidelta oorheers.

Wes van die Atlantiese kusvlakte verrys die heuwelagtige [[Piedmont (VSA)|Piedmontstreek]] met sy talle watervalle as 'n soort oorgangsgebied tussen die kusstreek en die Appalagge-gebergte. Hierdie bergreeks was miljoene jare gelede nog 'n magtige gebergte, wat intussen deur erosie geslyp is. Die Appalagge loop vanuit die suidooste van Kanada in westelike rigting tot by die Golfkusvlaktes van Alabama. Slegs langs Nieu-Engeland se rotsige kuslyn strek die bergreeks plek-plek tot by die Atlantiese Oseaan. Die gebied van die Appalagge en die [[Adirondack-gebergte]] van New York maak in geologiese opsig deel uit van die Kanadese Skild en behels die grootste hooglande van die oostelike Verenigde State. Die hoogste bergspits in die ooste is Mount Mitchell in die Swart Berge (''Black Mountains'') van Noord-Carolina met 'n hoogte van 2 037 meter (6 684 voet) bo seevlak.

=== Die Binnelandse Vlaktes en Hooglande ===
[[Lêer:Mississippi delta from space.jpg|thumb|regs|250px|'n Ruimtefoto van die Mississippidelta]]
Die Binnelandse Vlaktes strek oor 'n lengte van sowat 1 600 kilometer (1 000 myl) van die Appalagge tot by die Rotsgebergte in die weste en van Kanada in die noorde tot by die kusvlaktes van die Golf van Meksiko. Hulle geologiese onderlaag van sedimentêre gesteentes verwys na die feit dat die vlaktes vroeër 'n groot binnelandse see was; die gesteentes se ryk olie- en gasvoorkomste het van die deelstate Texas en Oklahoma (en die Kanadese prairie-provinsies) die belangrikste olieprodusente in Noord-Amerika gemaak. Die gebied word deur die Mississippi-Missouri-rivierstelsel gedreineer - een van die grootstes ter wêreld.

In geografiese opsig word die vlaktes in drie hoofstreke verdeel - die vrugbare sentrale vlaktes - wat tot die belangrikste landbougebied van die VSA ontwikkel het - met die Mississippivallei, die gebied van die Groot Mere en die [[Groot Vlaktes]], 'n boomlose plato van uitgestrekte grasvelde, wat geleidelik van die laer vlaktes tot by die voorgebergtes van die Rotsgebergte verrys. In die randgebied van die Rotsgebergte bereik hierdie gebied reeds 'n hoogte van sowat 1 600 meter, en sy ekonomiese sentrum en hoofstad van die deelstaat [[Colorado]], [[Denver]], word weens sy ligging soms ook die ''Milehigh City'' genoem. Die Swart Berge of Black Hills in Suid-Dakota is die enigste hoër geleë gebied, wat midde-in die vlaktes verrys.

Die Binnelandse Hooglande lê wes van die Mississippi tussen die Binnelandse Vlaktes en die kusvlaktes van die Golf van Meksiko en bestaan uit die Ozark-plato in die noorde en die Ouachita-berge in die ooste.

Die Mississippi se dreineringsgebied strek oor sowat 3,3 miljoen vierkante kilometer, en met 'n lengte van meer as 4 000 kilometer behoort die rivier, wat deur die Indiane ''Missi Sepe'' of "Vader van die Waters" genoem is, tot die langstes ter wêreld. Die [[Missouririvier]], wat in die Mississippi uitmond, bereik dieselfde lengte. Die Mississippi mond in 'n geweldige delta, wat jaarliks met meer as tagtig meter groei, en met talle syriviere, sogenaamde ''passes'', in die Golf van Meksiko uit.

=== Die Westelike Bergreekse, die Intermontane Streek en die Groot Bekken ===

Die Rotsgebergte is 'n magtige bergreeks wes van die Groot Vlaktes, wat vanaf Kanada tot by die noordwestelike Verenigde State en verder tot by Nieu-Meksiko in die suide strek en met talle hoë bergspitse pronk, waarvan Mount Elbert met 4 399 meter (14 433 voet) die hoogste is. Die gebergte maak deel uit van die Sirkumpasifiese Berggordel, wat vanaf Asië oor die Aleoetiese Eilande dwarsdeur die weste van die Noord- en Suid-Amerikaanse vastelande tot by [[Antarktika]] loop. Die Noord-Amerikaanse waterskeiding loop langs die kruin van die Rotsgebergte; riviere oos van die bergreeks maak deel uit van die Mississippi-Missouri- en ander Atlantiese rivierstelsels, terwyl riviere wes van die Rotsgebergte in die Stille Oseaan uitmond.

Die Rotsgebergte word onderverdeel in die Noordelike Rotsgebergte (''Northern Rockies''), die Sentrale Rotsgebergte (''Middle Rockies''), die Wyoming-Bekken en die Suidelike Rotsgebergte (''Southern Rockies'').
[[Lêer:Grand Canyon South Rim Sunset.jpeg|thumb|regs|250px|Die Grand Canyon]]
Die Intermontane Streek, 'n droë gebied met platos, bekkens en kleiner bergreekse, lê tussen die Rotsgebergte en die westelike bergreekse. Die Columbia-plato in die noorde is deur vulkaniese lava gevorm, en die Columbiarivier, wat die gebied saam met sy takriviere dreineer, het diep ''canyons'' in die plato gesny. Die uitgestrekte Colorado-plato, wat deur die [[Coloradorivier]] en sy takriviere gedreineer word, pronk met die beroemde [[Grand Canyon]], wat deur die rivierwater in die sedimentêre gesteente gesny is en as een van die grootste natuurwonders ter wêreld beskou word.

Die gebied wes van die platos is feitlik 'n halfwoestyn en word deur bekkens en kleiner bergreekse gekenmerk. Hier lê ook die laagste punt van Noord-Amerika, die ''Death Valley'' ("Doodsvallei"), sowat 86 meter (282 voet) benede seevlak. Die Groot Bekken is die grootste van sy soort in die gebied, met die Humboldt as sy belangrikste rivier en 'n groot aantal soutmere, waaronder ook die Groot Soutmeer van die deelstaat Utah. Die riviere in hierdie bekken mond nie in die oseane uit nie, maar binnelands. Die Groot Soutmeer is net 'n oorblyfsel van 'n magtige soetwatermeer uit die Ystydperk.

Die Pasifiese Bergstelsel lê tussen die Intermontane Streek en die Stille Oseaan, met bergreekse, wat parallel met die kuslyn in noord-suidelike rigting loop en deur geologiese breuke en vulkanisme gevorm is. Die Kusgebergte met sy talle vulkaniese bergspitse strek van Suidwes-Kanada in suidelike rigting tot in Noord-Kalifornië, van waar die Sierra Nevada-bergreeks verder suidwaarts loop. [[Mount Whitney]] is die hoogste bergspits in dié reeks met 4 418 meter (14 495 voet).

=== Die Pasifiese Kusgebiede ===
[[Lêer:Denali Mt McKinley.jpg|thumb|regs|250px|Mount McKinley (Alaska)]]
Wes van die Kusgebergte en die Sierra Nevada lê 'n laer bergreeks, wat langs die Pasifiese kuslyn loop, en 'n aantal valleie sos die Sentrale Vallei van Kalifornië, Oregon se Willamettevallei en die vlaktes van die Puget Sound in die deelstaat Washington. Die Pasifiese kusvlaktes beslaan net 'n smal strook, en in baie plekke strek die bergreekse regstreeks tot by die see. Daar is min eilande of baaie en ander natuurlike hawens soos San Franciscobaai, Puget Sound of San Diegobaai langs die kuslyn.

=== Alaska en Hawaii ===
Alaska word gewoonlik in vier fisiografiese streke verdeel: die Arktiese Vlaktes in die noorde, die kusvlaktes van die Arktiese Oseaan, die Rotsgebergte met die Brooks Range-bergreeks as sy mees noordelike gedeelte, die gebied van die Sentrale Bekkens en Hooglande met die [[Yukonrivier]]bekken en die Pasifiese Gebergte, wat langs die suidelike kuslyn loop en die hoogste bergspits van Noord-Amerika behels, die Mount McKinley, wat 6 194 meter (20 320 voet) bo seevlak verrys.

Die eilande langs die suidooskus van Alaska en die [[Aleoetiese Eilande|Aleoete-argipel]] maak deel uit van die Pasifiese Gebergte, wat hier gedeeltelik in die Stille Oseaan versink het. Vulkaniese werking en aardbewings is tipiese kenmerke van hierdie eilandgroepe. Die eilande self is net soos die Hawaii-eilandketting die bergspitse van vulkane, wat vanaf die Pasifiese seebodem verrys. Die Hawaii-argipel se enigste aktiewe vulkane is [[Mauna Kea]] en [[Mauna Loa]] op die hoofeiland Hawaii.

== Klimaat ==
Net soos byvoorbeeld Sentraal-Europa word groot dele van die Noord-Amerikaanse vasteland oorheers deur westelike winde en 'n opeenvolging van laagdrukgebiede (siklone), wat in die gebied van die Aleüte-eilandgroep ontstaan en afwissel met hoëdrukgebiede. Net soos ander gebiede in die gemiddelde breedtegrade, word ook die Verenigde State deur onbestendige weer en 'n opeenvolging van koue en warmfronte gekenmerk. Die siklone of koue fronte, wat gewoonlik in westelike rigting oor die vasteland beweeg, verskil van sy Europese eweknieë soms deur hulle tregtervormige werwels of [[tornado]]s - atmosferiese versteurings, wat dikwels groot skade berokken.
[[Lêer:Chaparral Supercell 2.JPG|thumb|links|250px|'n Supersel-donderstormwolk beweeg oor Chaparral (Nieu-Meksiko)]]

'n Tweede belangrike verskil is die ligging van die grootste gebergtes. Terwyl die Europese [[Alpe]] in wes-oostelike rigting loop en die suide van Europa teen koue fronte uit die noorde beskerm, loop Noord-Amerika se grootste bergreekse, die Kusgebergte en die [[Rotsgebergte]], in noord-suidelike rigting en verhinder dus dat vogtige en gematigde lugmassas vanuit die Stille Oseaan na die binneland kan beweeg. Die hooglande tussen die Sierra Nevada en die Rotsgebergte lê gevolglik net soos die [[Groot Vlaktes]] in die reënskadu van hierdie bergreekse. Hierdie besonderse reliëf verklaar ook die feit dat groot woestyngebiede soos die Mojave- en Gilawoestyn net enkele honderd kilometer van die kus af lê.

Die weskus van die VSA is 'n tipiese winterreënstreek, waarvan 'n klein gedelte in Kalifornië deur 'n Mediterreense klimaat gekenmerk word. Die koeler klimaatstreke van die noordelike deelstate Oregon en Washington is die natste in die land met 'n jaarlikse reën- en sneeuvalle van soms meer as 2 500 millimeter.
Die Verenigde State bestaan dus rofweg uit 'n droë gedeelte in die weste en 'n humiede gedeelte in die ooste. Die oostelike landsdele het hulle vogtige klimaat aan die invloed van die Golf van Meksiko en die Atlantiese Oseaan te danke. Die suidelike deelstate is baie vogtig en het hulle swaar reënvalle op tussen sewentig en tagtig dae per jaar aan donderstorms en 'n aantal orkane in die najaar te danke. Die weer in die suide is dikwels baie warm en bedompig. Die hitte en verstikkende bedompigheid van die somermaande was 'n belangrike rede vir die gebruik van slawearbeid op die plantasies van die suide.
[[Lêer:Prospect Heights Blizzard NYC 2-12-06.jpg|thumb|regs|250px|Blizzards, hewige winterstorms in die sentrale en oostelike dele van die land, word deur swaar sneeuvalle gekenmerk]]
Die mees digbevolkte gebiede van die sogenaamde ''manufacturing belt'', die groot historiese nywerheidsgebiede, lê in die vogtige en gematigde klimaatstreke tussen die [[Mississippirivier]] in die ooste en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die oostelike gedeelte was oorspronklik 'n gebied van uitgestrekte bosse, terwyl die Groot Vlaktes, die hartland van Amerika, deur grasvelde gekenmerk word. Hierdie vlaktes maak reeds deel uit van die droër westelike gebiede, maar is feitlik 'n soort oorgangsgebied met periodes van hoër en laer reënvalle. Die eerste verkennings van die gebied teen die middel van die 19de eeu het gedurende 'n vogtige periode plaasgevind en die oortuiging laat posvat dat die vlaktes 'n uiters geskikte gebied vir akkerbou en veeteelt sou wees. Die eerste setlaars het later egter besef dat reënvalle in die vlaktes wisselvallig is en die gebied deur periodieke droogtes geteister word.

Die bergreekse van die weste kry baie reën en spog met uitgestrekte bosgebiede. Danksy besproeiing is daar 'n florerende landbousektor in 'n aantal valleie.

Die gebrek aan 'n soort kontinentale versperring in die vorm van 'n bergreeks, wat dwarsoor die vasteland in oos-westelike rigting loop, lei daartoe dat koue fronte uit die poolgebiede en warm fronte met tropiese lugmassas uit die suide ongehinderd oor die Groot Vlaktes kan beweeg. Vogtige, warm lugmassas bereik soms selfs die suide van Kanada en bevorder die groot aantal donderstorms en bedompige weer in die Amerikaanse Midweste. Weerstoestande verander skielik, en met die sogenaamde ''Northers'' beweeg uitgestrekte koue fronte soms na die uiterste suide, waar hulle byvoorbeeld sitrusplantasies in [[Florida]] bedreig. Florida en ander deelstate in die suide lê daarnaas in 'n gebied, wat dikwels deur orkane getref word.

== Geskiedenis ==
:''Hoofartikel: [[Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika]].''

=== Die Prekolumbiaanse tydperk ===
Die geskiedenis van die Indiaanse kolonisasie van die Amerikaanse vasteland bly nog steeds die onderwerp van navorsing. Aangesien daar geen oorblyfsels van hoogs ontwikkelde mensape gevind is nie en die Eerste Nasies (Indiane) tipiese mongoloïede kenmerke het, woord daar vermoed dat die eerste menslike bewoners vanuit Asië gekom en vir hulle immigrasie 'n landbrug gebruik het, wat in die Ystydperke met hulle laer seespieël tussen die Asiatiese en Amerikaanse vastelande bestaan het.
[[Lêer:Inuit women 1907.jpg|thumb|links|200px|Inoeïet-vrou in Alaska (1907)]]
Die etnoloë verdeel die verskillende volke van die Eerste Nasies in twee hoofgroepe: Die vroegste immigrante wys kenmerkende lang skedels op en is later opgevolg deur 'n tweede groep met ronde skedels. Die langskedelgroep is na die westelike en oostelike randgebiede van die vasteland teruggedring, terwyl die rondskedelgroep, die sogenaamde Pueblo-Andiede groep, die sentrale gebiede bewoon het. Die Inoeïet of Eskimo's het as die derde en laaste groep na Amerika gekom.

Die stamme van die oostelike beskawings was hoofsaaklik jagters en versamelaars, maar was gedeeltelik ook akkerboere, wat bone, mielies, pampoene en meloene verbou het. Hulle het in klein gemeenskappe van tussen vyfrig en tweehonderd mense saamgewoon en word vanweë die sakrale aardhope, wat hulle gebou het, in Engels ook ''mound builders'' genoem.

Die noordwestelike beskawings was eweneens akkerboere en word vanweë hulle kookgereedskap, wat uit versierde korfskottels bestaan het, ook korfmakers (Engels: ''basket makers'') genoem. Daarnaas het hulle vir kookdoeleindes ook stene verhit en in water geplaas, sodat hulle die tweede bynaam steenkokers (''stone boilers''). Die noordelike stamme se stapelvoedsel was salm, terwyl die suidelike Indiane veral eikels geëet het.

Die belangrikste groep Indiane was die suidwestelike beskawings, wat in 'n aantal groepe verdeel word en onder meer Hopi, Sjosjone, Yuma, Navajo en Apaches behels. Die sogenaamde Pueblo-akkerboere was die mees ontwikkelde Indiaanse beskawing met 'n georganiseerde landboustelsel as hulle ekonomiese basis. Die Rancheria-beskawing het ook op landbou gesteun en eenvoudige damme in die oorstromingsvlaktes van die groot riviere soos Colorado opgerig, maar daarnaas ook plante in die riviervalleie en op die mesa-plato's versamel. Die Navajo en sommige Apache-stamme was net gedeeltelik akkerboere, terwyl die oostelike Apaches en Ute heeltemaal versamelaars was.
[[Lêer:Taospueblo002.jpg|thumb|regs|250px|Taos Pueblo in Nieu-Meksiko, omstreeks 1920]]
Die behuisings van die jagters verskil volgens die diere, wat hulle oorwegend geëet het. Die visserstamme het eenvoudige hutte van bas gebou, die buffeljagters het huide en velle gebruik wat saamgenaai is. Hulle gereedskappe en voorwerpe was oorwegend van hout, huide, steen en aardewerk gemaak. Net 'n klein aantal stamme het metale soos [[koper]] gebruik. Die Cherokee in die huidige deelstate Georgia en Noord-Carolina het al boomstamme as boumateriaal vir hulle hutte gebruik.

Die Pueblo-Indiane het selfs 'n soort stedelike kultuur met kubusvormige huise ontwikkel. Die huise het oor meer as twee verdiepings beskik en was slegs deur middel van lere en vanuit die dakke toeganklik. Hierdie stamme het onder sterk kulturele invloede vanuit Meksiko gekom, van waar hulle ook die katoenvervaardiging aangeleer het. Kalkoene en honde was hulle enigste huisdiere, mielies, maniok, pampoene, tamaties, kakao, coca, sisal en tabak hulle belangrikste landbouprodukte. Die Pueblo-Indiane was bekwame pottebakkers en staan ook bekend vir hulle rituele, waarin gemaskeerde dansers, wat hulle gode versinnebeeld, 'n groot rol speel.

Die noorde en noordooste van die huidige VSA is deur die Algonkin-groep van stamme (waaronder onder meer die Delaware, Mohikaners, Illinois, Ottawa en ander), die Irokese (waaronder onder meer die Seneca en Mohawk) en die Dakota of Sioux (met onder meer die Winnebago, Iowa, Omaha en Kansas) bewoon.

Die belangrikste stamme in die suidooste was die Cherokee en die Seminoles van Florida.

=== Europese nedersettings ===
==== Spanje ====
:''Hoofartikel: [[Nieu-Spanje]].''
[[Spanje]] was die eerste Europese grootmoondheid wat die Noord-Amerikaanse vasteland vanuit die suide begin verken het. Die groot dryfkragte agter die Spaanse ekspedisies was van ekonomiese en godsdienstige aard: Hulle was enersyds op soek na goud en silwer, en andersyds het hulle weens hulle sendingbewussyn daarin belang gestel om die inheemse bevolking te kersten.
[[Lêer:MissionCarmelSEGL.jpg|thumb|regs|220px|Die Spaanse sendingstasie in die huidige Carmel (Kalifornië) met sy kenmerkende [[campanile]] (kloktoring)]]
Die goewerneur van die eiland [[Puerto Rico]], Juan Ponce de León, het op Paassondag van die jaar [[1513]] naby die huidige stad St. Augustine voet aan wal gesit en die gebied ''Pascua florida'' genoem, waarvan later ook die naam van die deelstaat Florida afgelei is. By sy terugkeer agt jaar later is Ponce de León deur Indiane aangeval en dodelik gewond.

Die eerste Spaanse nedersetting, Fort St. Augustine, is eers in [[1565]] opgerig en het later die beginpunt van 'n Spaanse sendingpad geword, wat na Pensacola aan die Golfkus en verder weswaarts tot by [[San Diego]] aan die weskus geloop het. Ander ekspedisies is in die 1530's en 1540's vanuit Meksiko uitgestuur en het moontlik gebiede tot by die huidige Kansas in die noorde verken, maar alle kragte is tevergeefs ingespan - in teenstelling met hulle Suid-Amerikaanse kolonies het die Spanjaarde in die noorde geen edelmetale ontdek nie. Die grotendeels woestynagtige terrein en Indiaanse aanvalle het verdere ekspedisies verhoed, en die Spanjaarde het liewer by die meer gevorderde Pueblo-Indiaanse beskawings in die suidweste met hulle sendingwerk begin.

'n Aantal huidige Amerikaanse stede is as Spaanse sendingstasies, handelsposte en administratiewe setels gestig: Villa Real de la Santa Fé de San Francisco (later verkort tot Santa Fé) in Nieu-Meksiko ([[1609]]), Fort San Carlos (die voorloper van die stad Pensacola in Florida, [[1698]]) en die ''presidios'' (versterkte sendingstasies) in die omgewing van [[El Paso]] en [[San Antonio]] in Texas.

In die uitgestrekte gebied het die Spanjaarde met hulle klein aantal nedersettings voorlopig net 'n swak posisie ingeneem. Eers toe die Britte en Franse hulle Noord-Amerikaanse besittings in die 18de eeu begin uitbrei het, het ook Spanje se aktiwiteite veral in Kalifornië versterk. Die Spanjaarde het op hierdie gebied aanspraak gemaak as deel van Columbus se ontdekkings, en hulle was verontrus toe die Deense seevaarder Vitus Bering die Noord-Pasifiese kusgebiede in [[1741]] in Russiese opdrag begin verken het.

In [[1763]] is die Spaanse nedersetting San Diego aan die Pasifiese kus gestig. Die sterk noordoostelike passaatwinde in die gebied het egter die seevervoer van goedere uit Acapulco (Meksiko) na San Diego erg belemmer, en dit het skepe dikwels vyftig dae geneem om die relatief klein seereis te onderneem. Gevolglik is goedere vanuit Laredo op die skiereiland Baja California (Neder-Kalifornië) op paaie vervoer. Die Spanjaarde het strategies geleë plekke gekies om 'n aantal verdere Kaliforniese sendingstasies te stig, en in die tydperk tussen [[1769]] en [[1823]] het 25 stasies langs die sogenaamde ''Camino Real'' (Engels: ''Mission Trail'') tussen San Diego en San Francisco ontstaan.

In teenstelling met die Pueblo-Indiane van Nieu-Meksiko was die Kaliforniese Eerste Nasies jagters, vissers en versamelaars en was dus nie in staat om die Spaanse stasies met landbouprodukte te voorsien nie. Die stasies was genoodsaak om selfversorgend te wees en het tot klein landbousentrums ontwikkel, wat naas veeteelt op die verbouing van inheemse wynsoorte, olywe, graan, groente en vrugte toegespits het. Droogtes en watertekorte het besproeiing van groente- en vrugtetuine steeds moeilik gemaak, en 'n aantal stasies is selfs na meer geskikte plekke verskuif. Die nomadiese Indiane van die gebied het hulle nouliks in die stasies gevestig, en daar was ook geen noemenswaardige immigrasie van Spaanse setlaars nie. Die stasies was deur half-feodale strukture gekenmerk, en min Indiane het op 'n vrywillige basis vir die Spanjaarde gewerk. Siektes en mishandelings het duisende menselewens geëis, en slegs die helfte van die oorspronklike 600 000 inheemse bewoners het die Spaanse heerskappy oorleef.

Nadat Meksiko ná die [[Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog|Onafhanklikheidsoorlog]] van Spanje onafhanklik geword het, het die stasies minder belangrik geword, en hulle is in [[1836]] volkome gesekulariseer. As gevolg van die [[Meksikaans-Amerikaanse Oorlog]] het Meksiko sy gebiede noord van die skiereiland [[Baja California]] en die Rio Grande in Texas in [[1848]] aan die Verenigde State afgestaan. In hierdie periode het met die goudstormloop van Kalifornië die Amerikaanse kolonisasie van die gebied begin.

==== Frankryk ====
:''Hoofartikel: [[Nieu-Frankryk]].''
[[Lêer:New Orleans - French Quarter - balcon.JPG|thumb|regs|250px|'n Balkon in die Franse buurt van [[New Orleans]]]]
Frankryk se koloniale aktiwiteite is steeds deur sy politieke betrokkenhede op die Europese vasteland belemmer, en die godsdienstige verdeeldheid in die 16de eeuse Frankryk is weerspieël deur die stigting van afsonderlike Protestantse en Rooms-Katolieke nedersettings in Noord-Amerika.

Die [[Italië|Italiaanse]] seevaarder Giovanni da Verrazano het in [[1524]] in Franse opdrag onder meer die skiereiland Manhattan verken, terwyl [[Jacques Cartier]] in [[1534]] die huidige Quebec bereik het. Die erste Franse nedersettings het egter eers in die tydperk tussen [[1562]] en [[1564]] ontstaan, toe [[Hugenote]] 'n kolonie noord van die skiereiland Florida gestig het. Hierdie nedersetting is deur die Spanjaarde as 'n bedreiging vir hulle eie gebiede beskou en gevolglik vernietig.

Die eerste permanente nedersettings is dus in die noorde gestig: Port Royal aan die suidoewer van die Fundybaai in die jaar 1605, en drie jaar later [[Quebecstad]]. Vanuit [[Nieu-Brunswick]], [[Nova Scotia]], [[Prins-Edward-Eiland]] en die [[Sint-Laurensrivier]]gebied het die Franse 'n baie groot gebied in Noord-Amerika verken. Pelshandelaars het tot by die Groot Mere getrek en die sogenaamde ''portages'' ontdek - smal strepe land tussen twee rivierlope, waar bote maklik na die ander rivier gedra kon word. Die Franse het vinnig die boloop van die Mississippirivier bereik, en in [[1682]] het Sieur de la Salle danksy hierdie groot waterweg tot by die Mississippi-rivierdelta gevaar en die gebied ter ere van koning Lodewyk [[Louisiana]] genoem. Louisiana het die belangrikste Franse kolonie op die gebied van die huidige Verenigde State geword, en met [[New Orleans]] het die Franse hier ook 'n belangrike seehawe gestig. Die res van die kolonie was egter byna onbevolk, en in die volgende dekades het slegs klein ekspedisies vanaf New Orleans vertrek om nedersettings langs die Mississippi tot by die huidige deelstate Illinois en Wisconsin te stig. In die laasgenoemde gebiede is [[lood]] ontgin.

Toe Frankryk sy kolonie Louisiana aan die Verenigde State verkoop het, was daar talle parogieë waar Frans as omgangs- en kerktaal gebesig is. In die laaste tweehonderd jaar het die gebruik van Frans egter sterk afgeneem. Maar stede soos Mobile en New Orleans pronk nog steeds met 'n ryk argitektoniese erfenis uit die Franse tydperk, veral in die ''Vieux carré'' of Franse kwartier.

==== Engeland ====
:''Hoofartikel: [[Nieu-Engeland]].''
Engeland het tot die mees suksesvolle koloniale grootmoondheid ontwikkel, aangesien sy beleid van ''splendid isolation'', sy posisie as leidende seemag sedert die tydperk van koningin Elizabeth I en die politieke en godsdienstige woelinge, wat die Noord-Amerikaanse kolonies van 'n bestendige stroom Britse immigrante verseker het.
[[Lêer:Philadelphia City Hall-zoom.JPG|thumb|regs|250px|'n Bronsstandbeeld van William Penn op die Raadsaal van Philadelphia (Pennsylvanië)]]
Seevaarders op soek na die Noordwestelike Deurvaart soos Martin Frobisher en Henry Hudson was die eerstes, wat die Noord-Amerikaanse vasteland teen die laat 16de en vroeë 17de eeu begin verken het. Sir Walter Raleigh se pogings om 'n Engelse nedersetting in die huidige deelstaat Virginië te stig, het in die 1580's misluk. Die Londense Kompanjie, wat 'n oktrooi vir die gebiede tussen die 34ste en 38ste noordelike breedtegraad ontvang het, was in [[1607]] meer suksesvol en het onder die leiding van kaptein John Smith 'n fort in die Chesapeakebaai van Virginië laat oprig. Die klein aantal oorspronklike koloniste is deur hongersnood, malaria en aanvalle van Indiane geteister, en alhoewel nuwe setlaars hulle in 1607 en [[1608]] in die kolonie gevestig het, het van die geskatte bevolking van sewehonderd mense minder as tien persent oorleef. Die oorblywende koloniste was in [[1610]] reeds van plan om die kolonisasie van die gebied vir goed te staak.

Dit het die vasberadenheid, moed en uithouvermoë van 'n leier soos Lord Delaware geverg, wat teen hierdie tydperk met 'n nuwe groep immigrante voet aan wal gesit het, om met die kolonisering voort te gaan. Aanvanklik is Jamestown as nuwe hoofstad van die kolonie gestig en in [[1699]] deur Williamsburg vervang.

Die bekendste landing van setlaars was egter dié van die Puriteinse Pelgrimvaders, wat in [[1620]] op hulle skip ''[[Mayflower]]'' Bostonbaai in die huidige Massachusetts bereik het - 'n gebied, wat aan die destydse Plymouth-Kompanjie behoort het. Die eerste nedersetting, [[Plymouth, Massachusetts|New Plymouth]], was suid van die huidige [[Boston]] geleë en die beginpunt van 'n grootskaalse volksplanting in die gebied. In die volgende twintig jaar het die kolonies sowat 25 000 Engelse immigrante gelok, en weens die godsdienstige en politieke verdeeldheid van die setlaars het voortdurend nuwe kolonies ontstaan. In die tyd van die Amerikaanse Rewolusie was daar reeds dertien kolonies. Die meeste van hulle was kroonkolonies, wat deur 'n koninklike goewerneur bestuur is. 'n Aantal kolonies het op die basis van 'n oktrooi ontstaan, en hierdie groep het naas Massachusetts ook Rhode Island en Connecticut ingesluit. 'n Derde groep was privaatbesittings, met Maryland, wat aan Lord Baltimore geskenk is, as 'n Rooms-Katolieke nedersetting, en Pennsilvanië, wat aan die Quaker-leier William Penn geskenk is. Naas die Quakers het ook ander godsdienstige groepe soos die Morawiërs en Mennoniete (of Pennsylvanië-Duitsers) kolonies in Pennsylvanië gestig. Laasgenoemde het in [[1683]] Germantown, 'n voorstad van Philadelphia, gestig. Weens die groot aantal Duitse setlaars het Duits selfs 'n mededinger van Engels as omgangstaal in die streek geword.

==== Nederland ====
[[Lêer:Nieuw Nederland.png|thumb|regs|250px|'n kaart van Nieu-Nederland]]
Nederland was aanvanklik 'n groot mededinger vir Engeland, wat reeds in 1609 in Noord-Amerika geland het, en sy handelsmaatskappye - waaronder die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, die Wes-Indiese Kompanjie en die Nieuw Nederland Compagnie het belang gestel in die pelshandel en die Noordwestelike Deurvaart. Die Wes-Indiese Kompanjie onder die leiding van die Duits-gebore Peter Minnewitt het in [[1626]] die skiereiland Manhattan van die plaaslike Indiane gekoop en 'n fort gestig, waaruit later die stad Nieu-Amsterdam en uiteindelik New York Stad voortgespruit het.

Danksy Nederland se finansiële steun het ook [[Swede]] in die gebied van die Delaware- en Schuylkillriviere 'n nedersetting gestig, maar weens sy Europese politieke betrokkenhede is hierdie kolonie in [[1655]] aan die Nederlanders afgestaan. Nadat ook die Nederlandse kolonie min aftrek van Hollandse burgers gekry het, is dit eweneens in [[1664]] aan die Britte oorhandig, en ter ere van die hertog van York is Nieu-Amsterdam se naam onmiddellik gewysig na New York.

==== Rusland ====
[[Lêer:1860-russian-america.jpg|thumb|links|250px|'n Kaart van Russies-Amerika (omtrent 1860)]]
Rusland het veral belang gestel in die jag op sabeldiere, en jagters het dwarsdeur Siberië tot by die grense van Asië getrek. Die Deense seevaarder Vitus Bering het in Russiese opdrag die seegebied tussen Sibirië en Alaska verken en sodoende die bewys opgelewer dat daar geen landverbinding tussen die Asiatiese en Amerikaanse vastelande bestaan nie. In [[1741]] het Bering vir die eerste keer in Amerika voet aan wal gesit.

Jagters het weens die groot getalle otters en seekoeie na die gebied gekom om die huide op die Sjinese mark winsgewend te verkoop, en seekoeie was as gevolg van die genadelose jag al in [[1768]] uitgeroei. Die pelshandel is deur die Russies-Amerikaanse Pelshandelkompanjie beheer, wat in [[1799]] met sy hoofkwartier in [[Sitka]] gestig is. Dit was veral offisiere wat die kompanjie bestuur het en die kompanjie het ook as politieke administrasie van Russies-Amerika gedien. Die Russe het hulle gebied tot by Kalifornië uitgebrei en in [[1811]] Fort Rossija (later Fort Ross) sowat 120 kilometer noord van die huidige San Francisco opgerig.

Die Russiese tsaar het in [[1823]] gepoog om die Russiese aanspraak op die Stille Oseaan-gebied langs die Amerikaanse weskus met 'n ukas te bevestig, wat oorspronklik in [[1821]] uitgereik is. Sy beleid het egter skerp Amerikaansde reaksies uitgelok, en een jaar later is die sogenaamde Monroe-doktrine gepropageer, wat nie-Amerikaanse inmenging op die Amerikaanse vasteland afgekeur het. Rusland het sy gebiedsaansprake in [[1824]] beperk tot Alaska.

Ná die [[Krimoorlog]] was Rusland in politieke en militêre opsig verswak en het Alaska in [[1867]] uiteindelik aan die VSA verkoop.

=== Die Britse koloniale tydperk ===
Die ekonomiese basis van die Britse kolonies in Noord-Amerika was landbou. Alhoewel baie graangewasse in Nieu-Engeland verbou is, het mielies geleidelik tot die streek se stapelvoedsel ontwikkel. Die meeste plase was relatief klein. Die sentrale en suidelike kolonies was oorwegend deur 'n soort [[feodalisme]] gekenmerk, met kleiner plase en net 'n beperkte aantal groter landgoede, wat onder meer koring as hulle belangrikste graangewas verbou het. Die sentrale gebiede was daarnaas gekenmerk deur die vinnige ontwikkeling van groot dorpe soos Philadelphia en New York Stad.
[[Lêer:George-Henry-Boughton-Pilgrims-Going-To-Church.jpg|thumb|regs|250px|Pelgrimvaders op pad kerk toe. Skildery deur George Henry Boughton (1867)]]
Teen die laat 17de eeu is klein plase in die suidelike kusgebiede toenemend verdring deur groot plantasies, wat danksy die invoer van negerslawe vinnig gegroei en hulle oorwegend op die verbouing van tabak, rys en later ook die kleurstof indigo toegespits het. Aanvanklik het ook pelshandel en houtproduksie 'n belangrike rol gespeel. Die suide was in die koloniale tydperk die mees landelike streek in Amerika, en net 'n klein aantal groter dorpe het hier ontwikkel.

Die kolonies het ook in godsdienstige opsig sterk van mekaar verskil. Terwyl Massachusetts nog deur 'n soort [[teokrasie]] gekenmerk was, wat deur die plaaslike Puriteinse oligargie beheer is, het die oorwegend Baptistiese Rhode Island net soos New Jersey en Suid-Carolina vir godsdiensvryheid voorsien. Ook Maryland, wat oorspronklik as 'n Rooms-Katolieke kolonie gestig is, en Pennsylvanië, waar groot getalle Quakers hulle gevestig het, was gekenmerk deur godsdienstige verdraagsaamheid en het binne enkele dekades talle Anglikaanse immigrante gelok. Anglikaners en Skots-Ierse Presbiterianers het hulle ook in die suidelike kolonies gevestig.

In politieke opsig het die kolonies hul eie verteenwoordigende instelings ontwikkel, waaronder die koloniale vergaderings. Nogtans was deelname van die politieke lewe meer of min gekoppel aan 'n burger se rykdom. Veral in die kolonies, wat as persoonlike besittings gestig is, het setlaars in opstand teen die uitvoerende gesag gekom. Die belangrikste griewe was die ongelyke verdeling van land - die meeste landgoedere was die eiedom van 'n klein aantal welvarendes, wat in die algemeen in Engeland woonagtig was-, en militêre en religieuse vraagstukke. Dikwels was die verskillende Christelike denominasies in 'n magstryd teen mekaar gewikkel, waarin kwessies soos oorheersing en konformiteit 'n groot rol gespeel het.

Hierdie vraagstukke het naas Engeland se strewe om Frankryk se koloniale ambisies deur militêre paraatheid te bejeën en die Amerikaanse kolonies se ekonomieë te beheer daartoe gelei dat van korporatiewe en persoonlike kolonies nou eerder koninklike besittings gemaak is. Koninklike beheer is vereenselwig met 'n ordentlike bestuurstelsel en religieuse verdraagsaamheid, maar tegelykertyd is die setlaars se griewe nou op die Engelse moederland gefokuseer, en daar is nou dikwels kwaai teenstand teen die Engelse goewerneurs se beleid gebied. Belasting, wat die finansiële basis vir die koninklike bestuur gevorm het, was die grootste twispunt, en die koloniale vergaderings het finansiële en belastingvraagstukke gebruik om hul eie gesag en invloed te vergroot.

Die Britse handelsregulasies, wat veral op die bevordering van die koloniale landbousektor gemik was, het die groei van die kolonies se handel en nywerhede in die 18de eeu beperk. Nogtans was daar ekonomiese en maatskaplike vooruitgang, wat geleidelik 'n soort nasionale bewussyn laat ontstaan het. Daarnaas het die Verligting en die vroeë tersiêre instellings - waaronder universiteite soos Harvard en King's College (tans die Columbia-universiteit) 'n groot invloed op die intellektuele lewe van die kolonies uitgeoefen.

=== Uniewording ===
:''Hoofartikel: [[Amerikaanse Rewolusie]] en [[Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog]].''
[[Lêer:Declaration independence.jpg|thumb|regs|250px|Die ontwerpskomitee lê die teks van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring aan die Tweede Kontinentale Kongres in Philadelphia voor. Skildery deur John Trumbull, 1817/19]]
[[Lêer:US states by date of statehood3.gif|thumb|regs|250px|Die deelstate se toelating tot die Unie en bekragtiging van die Amerikaanse Grondwet]]
[[Lêer:Us declaration independence.jpg|thumb|regs|250px|Die Onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde State van Amerika]]
Ná die oorwinning van Groot-Brittanje in die Franse en Indiaanse Oorlog (1754 tot 1760), waarin Britse en koloniale troepe saam geveg het om die Franse uit Kanada en die gebied van die Groot Mere te verdryf, het die meeste setlaars die aanwesigheid van Britse troepe as oorbodig begin beskou. Maar dit was duidelik dat die kolonies vir hulle militêre beskerming moes betaal, en die Britse beleid wat nou in Amerika toegepas is was daarop gemik om die oorlogskoste tenminste gedeeltelik deur heffing van belastinggelde te herwin.

Die nuwe belastings is deur die setlaars as ongewilde en selfs onwettige maatreëls ervaar, veral met die oog op die feit dat hulle oor geen verkose verteenwoordiging in die Britse parlement beskik het nie. Betogings in Boston is met militêre geweld uitmekaar gejaag, en die Amerikaanse setlaars het begin om hulle burgermag te mobiliseer. In die jaar 1775 het die eerste Brits-Amerikaanse gevegte uitgebreek. Alhoewel sowat 'n sesde of vyfde van die koloniale bevolking nog steeds lojaal teenoor die Britse koningshuis was, het die Amerikaanse Patriotte gedurende die Rewolusionêre Oorlog steeds sowat 90 persent van die Amerikaanse gebied beheer, terwyl die Britse magsgebied tot 'n klein aantal nedersettings langs die Atlantiese kus beperk was.

In [[1776]] het afgevaardigdes van die dertien kolonies ten gunste van die Onafhanklikheidsverklaring gestem en sodoende die Verenigde State van Amerika gestig. Danksy 'n politieke en militêre verbond met Frankryk, wat in [[1778]] gesluit is, het die VSA uiteindelik hulle militêre slaankrag aansienlik verhoog. Groot Amerikaanse oorwinnings soos in die Slagte van Saratoga ([[1777]]) en Yorktown ([[1781]]), waarin twee groot Britse leërs gevange geneem is, het Groot-Brittanje gedwing om in [[1783]] die Vrede van Parys te onderteken, waardeur hulle die VSA amptelik as 'n onafhanklike staat erken het. Dit was Groot-Brittanje se eerste nederlaag sedert die Honderdjarige Oorlog met Frankryk wat tegelykertyd ook die ondergang van Groot-Brittanje se Atlantiese ryk bestempel het.

Die Amerikaanse kolonies se samesluiting is deur inflasionêre tendense, ekonomiese moeilikhede en grensoorloë met Indiane-stamme bevorder, maar nogtans was daar aanvanklik groot verskille ten opsigte van die nuwe politieke bedeling. Alle deelstate het hul oorspronklike koloniale statute met grondwette vervang, tog was daar geen konsensus oor die nasionale regeringstelsel. Politici soos Alexander Hamilton, John Adams en George Washington (die sogenaamde ''Federalists'') was ten gunste van federale eenheidsstaat, terwyl die federalistiese Republikeine (en latere Demokrate) onder leiding van Thomas Jefferson vir 'n losse konfederasie gepleit het.

Danksy die bemiddeling van Benjamin Franklin en James Madison het die dertien deelstate se 55 afgevaardigdes tydens hulle vergadering in Philadelphia in 1787 die kompromis van 'n presidiale bondsrepubliek bereik. Die nuwe grondwet is slegs geleidelik deur alle deelstate goedgekeur, maar in 1789 uiteindelik bekragtig.

Met die Amerikaanse Grondwet van 17 September 1787 is die eerste demokratiese staat van die moderne tydperk geskep wat voorsiening gemaak het vir volksoewereiniteit op die basis van demokratiese menseregte in Thomas Jefferson se ''Virginia Bill of Rights'' (1776), die skeiding van staat en kerk (''Virginia Statute of Religious Liberty'' uit die jaar 1785), die verdeling van mag tussen die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag, 'n balans van mag en gesag tussen die federale regering en die deelstate (met dubbele burgerskap vir alle inwoners) en tussen die federale politieke instellings.

Tydens die ampstermyn van president George Washington (1789-1797) het Alexander Hamilton (1757-1804) se program vir die ontwikkeling van nywerhede, handel en finansies 'n groot invloed op die Amerikaanse ekonomiese beleid uitgeoefen. Dit het nie net die stabiliteit van die jong staat verseker nie, maar was ook die basis van die Amerikaanse kapitalisme.

Onder president John Adams (1797-1801) het [[Washington, DC|Washington]] in 1800 die setel van die Amerikaanse president en Kongres geword. Die federale regering se ''Alien and Sedition Acts'' - wetgewing aangaande die inburgering van vreemdelinge - het die aanleiding tot die eerste konflik met die suidelike state, veral Kentucky, gegee. Adams se opvolger Thomas Jefferson (1801-1809) se beleid was gevolglik daarop gemik om die invloed van die staat en regering op die burgers se lewe so ver moontlik te beperk.

=== Uitbreiding na die weste ===
Die Verenigde State se binnelandse beleid het vervolgens op die weswaartse uitbreiding van die stadsgebied gekonsentreer wat deur binnelandse migrasie en immigrasie uit Wes-, Sentraal- en Noord-Europa bewerkstellig is. Die bevolking het in die twee dekades tussen 1790 en 1810 van 3,9 tot 7,2 miljoen gestyg, en die eerste setlaars het die Appalagge-bergreeks oorgesteek om die binneland te bereik. Grond is uiteindelik teen die amptelike minimumprys van 1,25 VSA-dollar per akker aan individuele setlaars en maatskappye verkoop. Die Eerste Nasies, wat tenminste teoreties dieselfde aanspraak op hierdie grond kon maak, is teruggedring en het dikwels met geweld teen setlaars in hul stamgebiede opgetre.
[[Lêer:Warof1812.jpg|thumb|regs|250px|Britse troepe verower Washington. Gravure uit die jaar 1814]]
In die Noordwes- en Mississippi-gebiede, waar setlaars hulle vanaf 1787 begin vestig het, is nuwe deelstate gestig: [[Kentucky]] (1792), [[Tennessee]] (1796), [[Ohio]] (1803), [[Louisiana]] (1812), [[Indiana]] (1816), [[Illinois]] (1818) en [[Alabama]] (1819). Die Franse keiser Napoléon se verkoop van Louisiana aan die Verenigde State word dikwels as die belangrikste handelstransaksie in die Amerikaanse geskiedenis beskryf. Die uitbreiding na die weste is nou ook bevorder deur die toegang tot die Mississippirivier.

Die binnelandse uitbreiding het gepaard gegaan met die beleid van isolasionisme - die neiging van Amerikaanse regerings om hulle in politieke opsig eerder tot die Amerikaanse vasteland te beperk. Nieteenstaande die militêre en politieke ooreenkomste met hul bondgenoot Frankryk (1778) het die Verenigde State hulself reeds in 1793 tot 'n neutrale staat verklaar. President George Washington het in sy laaste amptelike toespraak in 1796, die sogenaamde ''Farewell Address'', gewaarsku teen permanente ooreenkomste met Europese moondhede.

Die politieke spanninge tussen die Verenigde State en Groot-Brittanje, wat oorspronklik rondom gebiedseise ontstaan het, het tot die [[Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812|Tweede Onafhanklikheidsoorlog]] (1812-1814) gelei. President [[James Madison]] (1809-1817) se poging om Brits-Noord-Amerika (Kanada) te verower, was egter tevergeefs en is deur die Britte met aanvalle op Amerikaanse kusgebiede en die hoofstad Washington vergeld. Vanweë sy betrokkenheid in Europa het Groot-Brittanje en die VSA in 1814 uiteindelik in die "Ewige Vrede" van [[Gent]] ooreengekom om die vorige status quo te herstel en die gebied van die Groot Mere tot 'n neutrale sone te verklaar.

In [[1819]] het die VSA [[Florida]] van Spanje gekoop, en in [[1823]] het president James Monroe met sy sogenaamde Monroe-doktrine Europese inmenging in die binnelandse aangeleenthede van Noord- en Suid-Amerika summier verbied. Met die toelating van [[Texas]] tot die Unie in [[1845]] en die inlywing van die Meksikaanse gebiede noord van die Rio Grande volgens die Vrede van Guadalupe-Hidalgo in [[1848]] ontwikkel die Verenigde State tot 'n Pasifiese moondheid.

Die Amerikaanse bevolking het in die tydperk tussen [[1820]] en [[1860]] van 9,6 tot 31,3 miljoen mense gegroei, en naas Britte het ook steeds meer Iere en Duitsers 'n nuwe heenkome in Amerika gevind. Die weswaartse migrasie word deur die goudstormloop in [[Kalifornië]] ([[1848]]-[[1849]]) versterk; die tekort aan mannekrag het die ontwikkeling van landboumasjiene bevorder, en met die bou van paaie en spoorweglyne word die groot afstande tussen die wes- en ooskusgebiede oorbrug. Die eerste Pasifiese spoorweglyn het tussen [[1862]] en [[1869]] ontstaan.

Die weswaartse verskuiwing van die bewoonde gebiede se grense, die ''frontiers'', die Amerikaanse mite van 'n "land van onbeperkte moontlikhede" vir almal en 'n smeltkroes (''melting pot'') vir alle immigrante oefen 'n sterk invloed op die lewensbeskouing, kultuur en selfbeeld van die Amerikaanse bevolking uit.

=== Die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865) ===
:''Hoofartikel: [[Amerikaanse Burgeroorlog]] en [[Gekonfedereerde State van Amerika]].''
[[Lêer:US Secession map 1865.svg|thumb|regs|250px|Amerikaanse grense in 1864/65
{{legend|#204A87|Deelstate van die noordelike Unie}}
{{legend|#729FCF|Gebiede van die Unie}}
{{legend|#D3D7CF|[[Kansas]] wat by die Unie aangesluit het}}
{{legend|#EDD400|Noordelike grensstate wat slawerny toegestaan het}}
{{legend|#CE5C00|Die Gekonfedereerde State}}
{{legend|#E9B96E|Gebiede waarop die Gekonfedereerde State aanspraak gemaak het}}]]

In die 19de eeu het die politieke, ekonomiese en sosiale spanninge tussen die demokraties gesinde noordelike deelstate, waarvan die bewoners in die omgangstaal ''Yankees'' genoem is, en die suidelike deelstate met hulle aristokraties gesinde landeienaars steeds toegeneem. Die laasgenoemde was ten gunste van vryehandel en slawerny, terwyl die Yankees vir invoertariewe en die afskaffing van die slawerny op die plantasies van die suide gepleit het.

In die konflik tussen [[Kansas]] en [[Nebraska]] het die teenstanders van die [[slawerny]] in [[1854]] die [[Republikeinse Party]] gestig. Die Republikeinse oorwinning in die volgende verkiesing het tot die afstigting van Suid-Carolina en tien ander suidelike deelstate in [[1861]] gelei. Hulle het die [[Gekonfedereerde State van Amerika]] onder president J. Davis ([[1808]]-[[1889]]) gevorm en [[Richmond]] as hulle hoofstad gekies. Die nuwe staat is deur [[Engeland]] en Frankryk erken, terwyl [[Rusland]] die noordelike deelstate gesteun het.

Davis se teenstander in die noorde was [[Abraham Lincoln]], 'n voormalige houtkapper, wat later advokaat, afgevaardigde van [[Illinois]] en uiteindelik in 1861 die 16de president van die [[Verenigde State]] geword het. Hy was vasbeslote om die eenheid van die land te herstel.

In die volgende burgeroorlog is aanvanklik vrywilligers en moderne wapentuig ingespan, terwyl Lincoln die Gekonfedereerde State se oorsese handel en veral die invoer van wapens deur 'n seeblokkade afgesny het. Ten spyte van hulle swak industriële en finansiële basis het die Gekonfedereerde State vasbeslote voortgegaan met hulle militêre weerstand. Danksy die stretegiese vernuf van generaal Robert Lee het die Konfederasie aanvanklik selfs oorwinnings in die slagte van Bull Run (1861-[[1862]]), Fredericksburg (1862) en Chancellorsville ([[1863]]) behaal. Uiteindelik het hulle egter tevergeefs teen die oormag van die noordelike Unie geveg, en met die gekonfedereerde nederlaag in die slag van Gettysburg (1863) het die burgeroorlog 'n beslissende wending geneem.

In 1863 het president Lincoln die vrylating van alle slawe geproklameer, terwyl 'n noordelike leër onder generaal Sherman die deelstate Carolina en Georgia verwoes en anargie en hongersnode veroorsaak het. In [[1865]] het generaal Lee by Appomatox Court House [[gekapituleer]], en 'n kort tyd later het 'n fanatieke gekonfedereerde president Lincoln in Washington se Ford-teater vermoor.

Die eenheid van die Unie was bewaar, maar die verlies aan menselewens (meer as 600 000 soldate het as gevolg van epidemieë gesterf of op die slagvelde gesneuwel) en koste van die oorlog (meer as agt miljard VSA-$) was ontsaglik. Die suidelike deelstate was bankrot nadat sy politieke en ekonomiese invloed veral as gevolg van katoeninvoere uit Egipte afgeneem het, maar onder die leiding van die noorde het die VSA tot 'n beduidende nywerheidsland begin ontwikkel. Die slawerny was oorkom, alhoewel dit nou deur 'n raskwessie vervang is.

=== Heropbou ("''Reconstruction''") ná 1865 ===
[[Lêer:Carl-Schurz.jpg|thumb|regs|150px|Carl Schurz (1829-1906)]]
President Andrew Johnson (1865-1869) het die kontinuïteit van Lincoln se gematigde beleid verseker, maar nadat radikale Republikeine hom tot 'n magstryd gedwing het, is hy selfs van hoogverraad aangekla. Swart Amerikaners het in 1868 burger- en in 1870 stemreg gekry.

Tydens die presidentskap van Ulysses S. Grant (1869-1877) is oorlogsveterane dikwels onregmatig bevoordeel, en korrupsie het in hierdie tydperk ongekende vlakke bereik. Onder die beskerming van 'n militêre bewind in die suide (wat tot by 1877 bestaan het) het sogenaamde ''carpetbaggers'' - politici en ander immigrante uit die noordelike deelstate - voordeel uit die moeilike situasie in die Suidstate probeer trek. Inheemse Swartes is teen plaaslike blankes opgehits en belastinggelde verkwis. Die planters, wat onder hoë belastingtariewe en skuldlaste gebuk gegaan het, het die reg in eie hand geneem en geheime organisasies soos die Ku-Klux-Klan gestig om die anargie teen te werk.

Die wette, wat op die gelykberegtiging van Swartmense gemik was, is deur klousules omseil - die stemreg was byvoorbeeld aan intelligensietoetse gekoppel, en in die openbare lewe is 'n verpligte rasseskeiding ingevoer wat van Swartes weer 'n onderdrukte minderheid gemaak het.

Die Liberale Republikeinse Party, wat van die moederparty afgestig is en onder meer deur die Duitsgebore politikus Carl Schurz (1829-1906) bekendheid verwerf het, het hom teen die vermenging van sake en politiek uitgespreek, maar die sogenaamde "prooistelsel" in die Amerikaanse suide is ook onder die presidente Hayes, Garfield, Arthur en Cleveland (1877-1889) slegs geleidelik bestry. As gevolg van die ''Civil Service Act'' van [[1883]] is vir die eerste keer bekwaamheidstoetse vir amptenare in die staatsdiens ingevoer.

=== Ontwikkeling tot 'n ekonomiese grootmoondheid ===
Die federale regering se beleid om die ekonomiese ontwikkeling nie regstreeks deur staatsintervensies te beïnvloed nie, het sedert die tweede helfte van die 19de eeu die vrye ondernemingsgees tot 'n steunpilaar van die Amerikaanse maatskappy gemaak, alhoewel dit aanvanklik ook met negatiewe gevolge soos die uitbreiding van georganiseerde misdaad en blatante winsbejag gepaard gegaan het. Ten spyte van die ekonomiese krisisse in die jare 1873 en 1907 het die land binne enkele dekades tot 'n ekonomiese grootmoondheid ontwikkel.
[[Lêer:Jpmorgan.jpg|thumb|regs|250px|J.P. Morgan (1837-1913) is deur baie mense as die verpersoonliking van 'n tipiese ''robber baron'' ("roofbaron") beskou.]]
In die periode tussen 1860 en 1914 het die bevolking danksy die natuurlike groei en die 21 miljoen immigrante van 31,3 tot 91,9 miljoen mense gestyg. Die aantal werkers het met 700 persent, die nywerheidsproduksie met 2000 en die totale beleggingskapitaal met 4000 persent gestyg.<ref>Kinder, Hermann en Werner Hilgemann: ''dtv-Atlas zur Weltgeschichte. Karten und chronologischer Abriss. Boekdeel 2: Von der Französischen Revolution bis zur Gegenwart''. München: Deutscher Taschenbuch Verlag 1980, bl. 117</ref> Die Verenigde State het die belangrikste produsent van yster, steenkool, ruolie, koper en silwer geword. Stoomkrag is vinnig deur elektrisiteit vervang, terwyl proteksionistiese wetgewing die ontstaan van groot monopolies bevorder het. Klein ondernemings het sodoende onder die leiding van nywerheidsmagnate soos Astor (pelshandel), John D. Rockefeller (ruolie, ''Standard Oil''), [[Andrew Carnegie]] (yster en staal, ''Steel Corporation''), J.P. Morgan, Cornelius Vanderbilt (spoorvervoer) en ander tot reusemaatskappye en -kartelle gegroei. In 1913 het twee persent van die Amerikaanse bevolking sestig persent van die nasionale inkomste verdien, terwyl Morgan en Rockefeller met hul 341 groot maatskappye en bates van 22 miljard VSA-$ oor twintig persent van die nasionale kapitaal beskik het.<ref>Kinder/Hilgemann (1980), bl. 117</ref>

Ondanks die groot sosiale vraagstukke soos rassediskriminasie in die suidelike deelstate en die konsentrasie van nywerhede en kapitaal in die noorde is die demokratisering van die land deur die ekonomiese groei bevorder. [[Massaproduksie]] het verbruikersgoedere vir die grootste deel van die Amerikaanse bevolking bekostigbaar gemaak en die algemene lewenstandaard verhoog, terwyl die nywerheidsmagnate groot skenkings vir die stigting van universiteite, wetenskaplike instellings, musea, welsyns- en ander openbare instellings gemaak het. Werkers het in nasionale vakbonde soos die ''American Federation of Labor'' (A.F.L., 1886) en die ''Industrial Workers of the World'' (I.W.W., 1905) begin saamsluit. Die vakbande het die misbruik van ekonomiese mag en uitbuiting met jaarliks sowat 1 000 stakings teengewerk, terwyl ook die federale regering begin het om uitbuiting en monopolies met wetgewing te beperk.

President Theodore Roosevelt (1901-1909) het met die hervorming van die administrasie en spoorwegtariewe begin; president William Howard Taft (1909-1913) het wette teen ekonomiese monopolies ingestel; en president Woodrow Wilson het met sy politieke agenda van "Nuwe Vryheid" proteksionistiese maatreëls opgehef, progressiewe belastingtariewe ingevoer en die invloed van kartelle verder beperk.

=== Toetrede tot die wêreldpolitiek ===
Die Amerikaanse buitelandse beleid is sedert die middel van die 19de eeu dikwels sterk deur ekonomiese en finansiële krisisse beïnvloed. Die internasionale optrede as 'n nuwe grootmoondheid is vanweë die negatiewe gesindheid van die openbare mening as 'n morele verpligting teenoor ander nasies omskryf en het dikwels op ekonomiese invloed en druk gebaseer. Dit het gevolglik ook as "dollar-imperialisme" bekend gestaan.<ref>Kinder/Hilgemann (1980), bl. 117</ref>

Gedurende die Kubaanse opstand teen die Spaanse koloniale bewind, wat deur talle Amerikaanse vrywilligers ondersteun is, het die Amerikaanse Pulitzer- en Hearst-pers die openbare mening suksesvol begin beïnvloed. Die sogenaamde "Maine-insident" - die ontploffing van 'n Amerikaanse oorlogskip in die hawe van die Kubaanse hoofstad Habana - is as 'n voorwendsel gebruik om Amerika se toetrede tot die konflik aan te wakker. Die Verenigde State het in [[1898]] [[Spaans-Amerikaanse Oorlog|oorlog teen Spanje]] verklaar en Kuba beset. In die vredesooreenkoms van Parys het Spanje Puerto Rico en Guam aan die Verenigde State afgestaan.

Die geskil tussen Amerikaanse imperialiste en hul teenstanders - onder wie die Duits-gebore Carl Schurz - het verskerp toe die Amerikaanse buitelandse beleid op die Filippyne en Hawaii begin fokus het. President McKinley het aanvanklik geskroom om hierdie gebiede te annekseer, maar uiteindelik ingestem nadat Japan, Rusland en die Duitse Ryk daarvan beskuldig is dat hulle soortgelyke planne sou hê.<ref>Kinder/Hilgemann (1980), bl. 117</ref> In teenstelling met McKinsey was sy opvolgers Theodore Roosevelt, Taft en Woodrow Wilson voorstanders van 'n imperiale buitelandse beleid.
[[Lêer:1888 canal panama.JPG|thumb|regs|250px|Die bou van die Panamakanaal]]
Die Amerikaanse beleid teenoor Sentraal- en Suid-Amerika was vervolgens daarop gemik om Amerikaanse beleggings te beskerm. Sakebelange in hierdie gebiede is geleidelik tot finansiële protektorate uitgebou om veral Europese mededingers uit te skakel ("Big-stick-beleid"). Die VSA het steeds met intervensies gedreig wanneer hul invloed bevraagteken of bedreig is, en die Panamerikaanse Konferensies, wat sedert [[1889]] gehou is, was eweneens daarop gemik om die VSA se oorheersende invloed in Latyns-Amerika te verseker. In [[1910]] is die Panamerikaanse Unie gestig.

As gevolg van die geskil oor die Pasifiese eilandgroep Samoa in 1889 het die oorspronklik goeie betrekkinge, wat met die Duitse Ryk bestaan het, begin verswak. Samoa is in [[1899]] in 'n Duitse en 'n Amerikaanse kolonie verdeel. Duitsers en Amerikaners was daarnaas ook strawwe mededingers op die wêreldmark. Die betrekkinge met Rusland het verswak nadat die Verenigde State hul invloed in Oos-Asië begin uitbou het.

Die Amerikaanse betrekkinge met Groot-Brittanje het daarenteen verbeter. Die Britte het in [[1901]] ingestem om die omstrede bou van die Panamakanaal aan die Amerikaners oor te dra en in [[1903]] 'n oplossing vir die Alaskaanse grensgeskil tussen die VSA en Kanada onderteken.

In 1910 het die VSA 'n rewolusie in Panama aangewakker om dié land se onafhanklikheid van Kolumbië te bevorder. Vier jaar later is die Panamakanaal ingewy.

=== Die Eerste Wêreldoorlog ===
:''Hoofartikel: [[Eerste Wêreldoorlog]].''
[[Lêer:President Woodrow Wilson portrait December 2 1912.jpg|thumb|regs|200px|Woodrow Wilson, Amerikaanse president in die periode tussen 1913 en 1921]]
Die bewaring van die wêreldvrede het 'n sentrale rol in die Amerikaanse buitelandse beleid gespeel, soos byvoorbeeld uit die land se deelname aan die Haagse Konferensies geblyk het. Toe die Eerste Wêreldoorlog in Europa uitgebreek het, het president Woodrow Wilson (1913-1921) aanvanklik sy neutrale houding volgehou en sy herverkiesing in 1916 met 'n politieke program verseker waarin sy vredesbeleid bevestig is.

In die praktyk het die Amerikaners nogtans simpatiek teenoor die geallieerde magte, veral die Verenigde Koninkryk en Frankryk, gestaan, en alhoewel die Britte net soos die Duitse Ryk die Amerikaanse neutraliteit op see nie eerbiedig het nie, is aanvalle deur Duitse duikbote as 'n meer ernstige bedreiging beskou. In reaksie op die Duitse aankondiging van 'n "totale duikboot-oorlog" het die VSA in Februarie 1917 hul diplomatieke bande met Berlyn verbreek. Die politieke spanninge tussen die twee lande het verder toegeneem nadat die Britse regering 'n Duitse telegram van 19 Januarie 1917 gepubliseer het waarin Berlyn geprobeer het om Meksiko tot 'n toetreding tot die oorlog te oorreed. Op 6 April 1917 het die VSA openlik die kant van die geallieerdes gekies en tot die oorlog toegetree. Hierdie besluit het danksy die VSA se groot mannekrag en sy vermoë om vir enorme hoeveelhede oorlogsmaeriaal te sorg 'n beslissende wending in die oorlog gebring.

Met sy beroemde Veertien Punte, 'n visie van vreedsame naasbestaan en demokrasie in Europa (daar was selfs sprake van 'n "demokratiese wêreldrewolusie" as Amerika se hoofsaaklike oorlogsdoelwit), het president Wilson 'n belangrike bydrae gelewer om 'n wapenstilstand met die Duitse Ryk te bereik. Maar uiteindelik is die verwagtings, wat hy in Europa gewek het, nie vervul nie, en gedurende die Paryse Vredeskonferensie, wat ná die oorlog gehou is, het die Europese geallieerdes Frankryk en Engeland alle pogings om Wilson se voorstelle ten volle te implementeer gedwarsboom: Die Europese ''Entente'' se oorlogsdoelwitte was al vooraf in geheime ooreenkomste vasgelê.<ref>Kinder/Hilgemann (1980), bl. 133</ref>

In die VSA het isolasionistiese neigings toegeneem. Die Amerikaanse deelname aan die Volkebond, 'n integrale bestanddeel van die Verdrag van Versailles, is deur senatore soos William E. Borah en ander "onversoenbares" ernstig bevraagteken. Die meerderheid van Republikeinse senatore onder die leiding van Henry Cabot Lodge het op wysigings gedring wat die soewereiniteit van die VSA sou bekragtig, en uiteindelik is Wilson se voorstelle verwerp. Die VSA se besluit om nie 'n lidstaat van die Volkebond te word nie, het die organisasie van die begin af verswak.

Die Verenigde State het wél 'n beduidende rol by die konferensies oor ontwapening op see en die totstandkoming van die Kellogg-Briand-ooreenkoms gespeel wat oorlogsvoering verdoem het, maar in die algemeen het isolasionistiese gevoelens die buitelandse beleid oorheers. Die land het min belang gestel in internasionale belange, 'n neiging wat in sy nasionalistiese ekonomiese beleid - soos die geforseerde terugbetaling van oorlogskuldlaste deur Europese lande en wetgewing ten gunste van diskriminerende invoertariewe soos dié van Hawley-Smoot - weerspieël is.

=== Die periode tussen 1919 en 1929: ''Red Scare'' en ''Big Business'' ===
[[Lêer:Come unto me, ye opprest.jpg|thumb|links|220px|''Red Scare: Come unto me, ye opprest...'' 'n Europese anargis is besig om die Vryheidstandbeeld in New York in die lug te blaas. Spotprent uit die jaar 1919]] Die beleid van die Republikeinse presidente Warren Harding (1921-1923) en Calvin Coolidge (1923-1929) was veral 'n reaksie op die Demokratiese bewind van Wilson en sy moraliese hervormingsbeweging ("''Progressive Movement''") wat deur die Republikeinse Party verwerp is en daarnaas ook gekenmerk deur isolasionisme ten opsigte van die buitelandse beleid (die VSA-regering was teleurgesteld oor die uitkoms van die Vredesverdrag van Versailles) en 'n maatskaplike konflik tussen die plattelandse, merendeels Angelsaksies-Protestantse bevolking en die moderne industrieel-stedelike bevolking met intellektueles, tegnici en wetenskaplikes as sy vernaamste verteenwoordigers.<ref>Kinder/Hilgemann (1980), bl. 145</ref>

Grootskaalse stakings, bomaanslae en politieke geweldpleging het daarnaas net soos die rewolusionêre gebeure in Europese lande soos Rusland 'n algemene vrees vir 'n radikale omwenteling in die VSA ("''Red scare''") aangewakker en tot deursoekings, aanhoudings en deportasies van verdagte elemente gelei. Op ekonomiese gebied was die Republikeinse presidente geneig om so min moontlik by sake in te gryp, alhoewel korrupsieskandale nou 'n brandende kwessie geword het.

Die ekonomiese en politieke ontwikkeling is sodoende oorheers deur die sogenaamde ''Big Business'', met die miljoenêr Andrew W. Mellon, wat tussen 1921 en 1932 die amp van Minister van Finansies beklee het, as sy hoofverteenwoordiger. Mellon het die egering se ekonomiese aktiwiteite beperk en met sy belastingbeleid veral welvarendes bevoordeel. Die stroom immigrante is in 1921 en 1924 drasties beperk met wetgewing, wat onder die invloed van "Nordiese" rasteorieë geformuleer is.
[[Lêer:Prohibition.jpg|thumb|regs|250px|Prohibisie-agente is besig om vate met alkohol te vernietig (Chicago 1921)]]
In 1920 is 'n algemene verbod op alkohol geplaas wat eers op 5 Desember 1933 opgehef is. Die Amerikaanse bevolking was oor hierdie wetgewing verdeeld in twee kampe, die "droës" en die "nattes", terwyl die verbod smokkelary, die ontstaan van kriminele bendes en wetteloosheid bevorder het. Die geheimbond Ku-Klux-Klan, wat in 1915 gestig is, het in 1924 met 'n nasionale ledetal van sowat vyf miljoen mense tot 'n invloedryke beweging ontwikkel wat veral tussen 1924 en 1926 onder die vaandel van "morele waardes" openlik opgetree het teen Swart burgers, Rooms-Katolieke, Jode, intellektueles en teenstanders van die prohibisie-wetgewing, die sogenaamde "nattes".

Die tradisionele Republikeinse proteksionisme het sy uitdrukking in die doeanewette van die jare 1921, 1922 en 1930 gevind. Terwyl die Amerikaanse boere min politieke andag gekry en as gevolg van agrariese oorproduksie en grootskaalse erosie in die [[Groot Vlaktes]] ("''Dust bowl''") onder 'n skuldlas gebuk gegaan het, het die industriële sektor 'n groot opswaai beleef. Die produksie is danksy nuwe werkprosesse en tegnologieë soos die lopende monteerband aansienlik vergroot tot massavervaardiging. Die Amerikaanse nywerheidsektor het sy produksie van onder meer verbruiksgoedere, boumateriale en motors sodoende tussen 1921 en 1929 verdubbel - die aantal jaarliks vervaardigde motors het tussen 1913 en 1929 van 15 tot 29 miljoen gestyg. Die ekonomiese ontwikkeling het met 'n groot konsentrasie gepaardgaan, en veral sektore soos motors, banke, verbruiksgoedere en kleinhandel is deur 'n klein aantal maatskappye oorheers.

Die ekonomiese ontwikkeling het ook die tradisionele rol van vroue in die maatskappy ingrypend verander. Danksy die nuwe beginsel van gelyke regte vir man en vrou is reeds in 1920 die vrouestemreg ingevoer. Vroue het daarnaas 'n steeds belangriker rol op die arbeidsmark begin speel waar die aantal aktiewe vroue tussen 1914 en 1930 van twee tot tien miljoen gegroei het.

=== Die Groot Depressie tussen 1929 en 1932 ===
[[Lêer:American union bank.gif|thumb|regs|250px|Die vroeë stadium van die Groot Depressie was onder meer deur 'n krisis in die banksektor gekenmerk: Klante staan tou voor New York se ''American Union Bank''-gebou]]
In die periode tussen 1929 en 1933 het die Republikein Herbert C. Hoover (1874-1964) die presidentsamp beklee, maar nog in sy eerste ampsjaar het 'n wanbalans op die Amerikaanse kredietmark tot die grootste finansiële krisis van die 20ste eeu gelei.

Die ineenstorting van die New Yorkse effektebeurs tussen 23 en 29 Oktober 1929 (25 Oktober het later as die "Swart Vrydag" bekend gestaan) het aan die begin van die Groot Depressie gestaan. Nywerheidseffekte het tussen 1929 en 1932 van 452 tot slegs 58 punte gedaal, terwyl die nywerheidsproduksie in dieselfde periode met 54 persent gekrimp het.

Die sakewêreld het min belang in Hoover se politieke en ekonomiese maatreëls gestel. Die landbousektor was deur groeiende voorrade katoen en graan gekenmerk, terwyl die landbouoppervlakte gekrimp het. Die regering het invoertariewe verhoog en die ''Reconstruction Finance Corporation (RFC)'' as teengewig teen die bankesektor se deflasionistiese beleid gestig. Uiteindelik is die RFC nogtans net misbruik om groot bankmaatskappye te konsolideer. Die ekonomiese krisis is sodoende nie doeltreffend gehanteer nie en was ook nie meer tot die VSA beperk nie: Ook in Europa het die internasionale betalingsverkeer ineengestort. In die VSA het die aantal werkloses tot vyftien miljoen toegeneem - in 'n tydperk toe daar nog geen noemenswaardige werkloosheidsuitkerings beskikbaar was nie.

Belangrike prestasies van Hoover se buitelandse beleid was die Vlootkonferensie, wat tussen Januarie en Februarie 1930 met die VSA, die Verenigde Koninkryk, Japan, Frankryk en Italië as deelnemers in Londen gehou is en die aantal nuwe duikbote beperk en die bou van nuwe oorlogskepe tot in die jaar 1936 uitgestel het. Op 20 Junie 1931 het die Amerikaanse regering die sogenaamde Hoover-moratorium op Europese regerings se oorlogskuldlaste in die VSA afgekondig.

=== Die Roosevelt-era (1933-1945) ===
[[Lêer:Roosevelt signing TVA Act (1933).jpg|thumb|regs|250px|President Roosevelt onderteken die wet oor die ''Tennessee Valley Authority (TVA)'' (1933)]]
President [[Franklin D. Roosevelt|Franklin Delano Roosevelt]] (1882-1945) het as gevolg van die ekonomiese krisis die nasionale noodtoestand verklaar en met omvangryke hervormings begin. Die maatreëls van sy ''New Deal'' (letterlik "herverdeling van speelkaarte") is deur 'n span wetenskaplike medewerkers (die sogenaamde ''brain trust'') beplan, tog is die beginsels van 'n vryemarkekonomie nie aangetas nie.

Die eerste "Honderd Dae" van die ''New Deal'' tussen 9 Maart en 16 Junie 1933 was daarop gemik om die egste nood te verlig en ekonomiese herstel te bevorder. Banke is gesluit, en slegs finansiële instellings, wat by die ''Federal Reserve System'' aangesluit het (75 persent van alle banke) en as ekonomies gesond geag is, het toestemming gekry om te heropen. Die regering het die uitvoer van en bevoorrading met buitelandse valuta en goud summier verbied, terwyl die Amerikaanse dollar met tot by 50 persent gedevalueer is. Nuwe wette is afgekondig om die enorme skuldlas van boere en huiseienaars te verlig.

Die kernpunte van die ''New Deal''-beleid was

* die hervorming van die landboubedryf volgens die'' Agricultural Adjustment Act (AAA)'' - boere kon premies verdien sodra hulle die produksie van hooflandbougoedere soos katoen en tabak verminder het;
* die ''Tennessee Valley Authority (TVA)'' onder leiding van David E. Lilienthal met sy ambisieuse streekplan wat die bou van waterkragsentrales en nywerheidskomplekse, die wysiging van rivierlope en bou van besproeiingskanale en die bestryding van erosie deur middel van bosaanplanting behels het; en
* die heropbou van die nywerheidsektor volgens die ''National Industrial Recovery Act (NIRA)'' waarby die regering die belange van sowel werkgewers (soos byvoorbeeld beperkings op produksie) asook werknemers (bepaling van maksimum-werkure en minimumlone) behartig het (hierdie maatreëls is in 1935 as onversoenbaar met die Amerikaanse grondwet verklaar en nie meer verleng nie). Daarnaas is 'n vrywillige arbeidsdiens (''Civilian Conservation Corps, CCC'') daargestel.
[[Lêer:WPAAdultEducation.gif|thumb|links|180px|Sommige van die ''WPA'' se programme het ook die opleiding van volwassenes behels]]
Die tweede fase van die ''New Deal'' het in 1935 begin en was veral daarop gemik om die posisie van werkers en boere te versterk, maar ook om teenstanders van die beleid uit te skakel (waarvan sommige vir meer radikale maatreëls gepleit het). Grootskaalse openbare bouprojekte van die ''Works Progress Administration (WPA)'' onder leiding van H.L. Hopkins (1890-1946) het die werkloosheidsyfer aansienlik help verminder. Die betrekkinge tussen werkgewers en -nemers is deur die ''National Labor Relations Act'' gereël. Volgens die nuwe wetgewing is 'n administrasie in die lewe geroep wat oor dié betrekkinge toesig gehou en geskille besleg het. Werkers het die reg gekry om hul eie organisasies te stig, onderhandelinge met werkgewers te voer en om te staak.

Met die ''Social Security Act'' is staatsfondse vir werkloses, invalides, afgetrede persone en weduwees en weeskinders in die lewe geroep, terwyl ander wette die bou van wonings bevorder asook veilige en gesonde werksomstandighede vir werknemers verseker het.

Met sy eerste herverkiesing as president in November 1936 het Roosevelt die hervorming van die Hoogste Federale Geregshof in die ''Judiciary Reorganization Bill'' probeer aanpak en ook pogings onderneem om opponente in sy eie Demokratiese Party uit te skakel. As gevolg van hierdie beleid en die ekonomiese resessie wat die VSA vanaf Augustus 1937 binnegegaan het, het die Republikeinse Party in die tussenverkiesings van November 1938 80 addisionele setels in die Huis van Afgevaardigdes en sewe in die Senaat gewen.

Alhoewel president Roosevelt baie teenkanting van isolasioniste gekry het (wat wél die VSA se toetrede tot die Internasionale Arbeidsorganisasie in 1934 gesteun, maar in die volgende jaar die Amerikaanse lidmaatskap in die Internasionale Geregshof geopponeer het), was sy buitelandse beleid op internasionale samewerking gebaseer. In reaksie op Japan se ekspansionistiese beleid in Oos-Asië is diplomatieke betrekkinge met die Sowjetunie in 1934 herstel. In plaas van regstreekse intervensies in Latyns-Amerika is Sentraal- en Suid-Amerikaanse state nou as goeie bure beskou. Die VSA het nie meer aanspraak op hulle voorregte in Kuba en hulle protektoraat oor Haïti gemaak nie. Tydens die VIIIste Panamerikaanse Konferensie in Lima in 1938 is die Amerikaanse solidariteit bevestig. Aan die Filippyne is nasionale onafhanklikheid binne 'n tydperk van tien jaar toegesê.

Die ''Neutrality Act'' van 1935 het die VSA se neutraliteit nog beklemtoon en die verkoop en aflewering van wapens aan oorlogvoerende lande verbied, tog het nuwe wetgewing in 1937 die verkoop van wapentuig teen kontant ook aan state moontlik gemaak wat by militêre konflikte betrokke was. Roosevelt het daarop gewys dat die demokratiese wêreld in 'n bestaanstryd met diktatoriese state gewikkel sou wees. Diktature sou die wêreld volgens hom met 'n "bewind van terreur en regteloosheid" bedreig. In sy sogenaamde "Kwarantyn-toespraak" in Chicago op 5 Oktober 1937 het Roosevelt beklemtoon dat neutraliteit teen die "epidemie van regteloosheid" nie meer moontlik sou wees nie.
[[Lêer:USS Arizona sinking 2a.jpg|thumb|regs|250px|Die Amerikaanse oorlogskip USS Arizona sink ná die Japannese lugaanval op die vlootbasis [[Pearl Harbor]] (deelstaat Hawaii) in Desember 1941]]
Sedert die München-ooreenkoms van 1938 tussen [[Nazi-Duitsland]] en westerse moondhede het die VSA hul bewapening versnel en sy neutraliteitswetgewing ten gunste van nouer samewerking met die Verenigde Koninkryk en sy geallieerdes verswak. Roosevelt het ná sy tweede herverkiesing in 1940 die Nasionale Verdedigingsraad gevorm en in Januarie 1941 die sogenaamde "Vier Vryhede" verkondig - vryheid van spraak en mening, geloofsvryheid en vryheid van nood en vrees. Met die ''Land en Lease Act'' van Maart 1941 is wapenverkope aan geallieerde magte ook sonder betaling gemagtig.

Ná die Japannese aanval op [[Pearl Harbor]] op 7 Desember 1941 was 'n meerderheid van die Amerikaanse bevolking ten gunste van 'n Amerikaanse toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog. Die Amerikaanse oorlogsverklaring teen Japan op 8 Desember is deur Nazi-Duitsland en Italië op 12 Desember met 'n oorlogsverklaring teen die VSA beantwoord. Amerikaanse weermaggetalle is van net twee tot twaalf miljoen in 1946 aangevul, en die land het tussen 1940 en 1946 altesaam 370 miljard $ aan sy oorlogvoering bestee.<ref>Kinder/Hilgermann (1980), bl. 187</ref> Die Amerikaanse oorwinning was te danke aan strawwe beplanning, bestuur en koördinasie van produksie, verbruik en navorsing asook die uitbreiding van landbouaktiwiteite. President Roosevelt is in November 1944 nog vir 'n vierde ampstermyn verkies, maar op 12 April 1945 oorlede.

=== Die Tweede Wêreldoorlog ===
:''Hoofartikel: [[Tweede Wêreldoorlog]].''
[[Lêer:Potsdam conference 1945-6.jpg|thumb|regs|250px|Die "Groot Drie" tydens die konferensie in die Cecilienhof-kasteel te [[Potsdam]], [[Duitsland]] in Julie 1945: Die Britse eerste minister [[Winston Churchill]], president Harry S. Truman en generaal [[Josef Stalin]]]]
Die moeilike internasionale politiek het grootliks bygedra tot Roosevelt se herverkiesing as president. In die laat 1930's was dit duidelik dat die sogenaamde Spilmoondhede (Duitsland en Italië in Europa, Japan in Oos-Asië) 'n steeds groter bedreiging vir die wêreldvrede sou vorm. Toe die [[Tweede Sjinees-Japannese Oorlog|oorloë in Sjina]] en [[Ethiopië]] en die [[Spaanse Burgeroorlog|burgeroorlog in Spanje]] uitgebreek het, was die Amerikaanse beleid nog daarop gemik om die land se neutraliteit volgens die ''Neutrality Act''-wetgewing te handhaaf. Selfs toe die aggressiewe beleid van die Spilmoondhede teenoor sy buurlande in September 1939 tot oorlog in Europa gelei het, het die Verenigde State - ondanks hul simpatie vir die geallieerde saak - alles gedoen om nie hierby betrokke te raak nie.

Eers met die val van Frankryk in Junie 1940 het die prentjie begin verander, en Amerikaanse regering het nou begin om openlik bystand aan die beleërde Verenigde Koninkryk te verleen. Vanaf Maart 1941 is dringend benodigde militêre goedere op leen- en huurbasis aan die Britse en vanaf November van daardie jaar ook aan die Russiese regering verskaf. Vanweë die militêre bedreiging het die Amerikaanse regering destyds reeds tot selektiewe diensplig oorgegaan om sy gewapende magte te versterk. Met die ''Atlantic Charter'' is nouer bande met die Verenigde Koninkryk gesmee.

In Asië het die Roosevelt-regering sterk teen Japan se aggressiewe beleid van verowering en die skepping van 'n sogenaamde "Groot Oos-Asiatiese Welstandsfeer" te velde getrek. Ná die Japannese verowering van Frans-Indosjina in Julie 1941, wat 'n militêre bedreiging vir die Filippyne ingehou het, het die VSA-regering alle Japannese bates in die land bevries. Ondanks die gespanne betrekkinge tussen Tokio en Washington was diplomatieke onderhandelinge nog aan die gang toe Japan op 7 Desember 1941 'n blitsaanval op die Amerikaanse vlootbasis [[Pearl Harbor]] op [[Hawaii]] geloods het. Die Amerikaanse regering het onmiddellik oorlog teen Japan verklaar. Vier dae later het Duitsland en Italië oorlog teen die VSA verklaar.

Die Verenigde State het sy groot hulpbronne met sukses begin mobiliseer en 'n groot aantal nywerhede in fabrieke vir wapentuig omgeskep, terwyl sy menslike hulpbronne - miljoene jong mans en vroue - die vorming van 'n groot strydmag moontlik gemaak het. Die stigting van talle regeringsagentskappe, wat die vervaardiging en vervoer van militêre goedere en die beheer oor die land se gewapende magte gekoördineer het, het 'n ongekende vlak van regeringsinmenging in Amerika se alledaagse lewe saamgebring. Om inflasie en ander versteurings in die nasionale ekonomie te keer, is rantsoenering, prysbeheer en ander maatreëls toegepas.

Die oorlog het die belangrikheid van Amerika se hulpbronne en sy status as 'n grootmoondheid op wêreldvlak bevestig. Saam met die leiers van die Verenigde Koninkryk en die Sowjetunie, [[Winston Churchill]] en [[Josef Stalin]], het Roosevelt in 'n reeks spitsberade in [[Moskou]], [[Casablanca]], [[Kaïro]], [[Teheran]] en Jalta die geallieerde oorlogsbeleid en programme vir die tyd ná die oorwining oor die Spilmoondhede vasgelê. Die Amerikaanse president was daarnaas een van die sleutelfigure by die beplanning van die Verenigde Nasies as nuwe wêreldorganisasie.

Ná Roosevelt se skielike afsterwe in April 1945 het Harry S. Truman sy opvolger geword. Net een maand later het die oorlog in Europa met Duitsland se kapitulasie op 7 Mei 1945 tot 'n einde gekom. Truman het na [[Potsdam]] in Duitsland gereis waar tydens 'n konferensie in Julie en Augustus voorlopige reëlings vir die administrasie van Europa getref is. Voor die kapitulasie van Japan het die VSA met die lugaanvalle op Nagasaki en Hiroshima die vernietigende krag van kernwapens gedemonstreer. Japan het op 14 Augustus 1945 gekapituleer. Met die amptelike ondertekening van sy kapitulasie op 2 September het die oorlog tot 'n einde gekom.

=== Tydvak ná die oorlog: 1945-1960 ===
[[Lêer:Marshall Plan poster.JPG|thumb|regs|200px|'n Advertensieplakkaat van 'n VSA-agentskap bevorder bewustheid van die Marshall-plan]]
Die aanvanklike monopolie op kernwapens het van die Verenigde State 'n eersterangse supermoondheid gemaak. Die Amerikaanse buitelandse beleid was nou daarop gemik om 'n nuwe wêreldorde met die Verenigde Nasies (VN) se Atlantiese Verdrag as grondbeginsel in te lui. Tegelykertyd het die vreedsame samewerking met die Sowjetunie tot 'n einde gekom - vanweë die toenemende geskille met Moskou het die VSA-regering hom daarop toegespits om die kommunistiese invloed in die wêreld te beperk. Met die Truman-doktrine van 1947 het die VSA aan alle lande, wat op militêre of ekonomiese gebied deur ander moondhede bedreig sou word, Amerikaanse steun toegesê - 'n bewuste wegkeer van die voor-oorlogse Amerikaanse isolasionisme en die 19de eeuse Monroe-doktrine.

So het die besluit om Amerikaanse hulp aan lande soos Griekeland en Turkye te verleen net soos die Marshall-plan vir die heropbou van Europa, die [[Berlynse Lugbrug]], die stigting van 'n Nasionale Veiligheidsraad en die Noord-Amerikaanse Verdragsorganisasie (NAVO) uit hierdie nuwe buitelandse beleid voortgespruit. Om die kommunistiese invloed in Asië te beperk, is in 1946 onafhanklikheid aan die Filippyne verleen en in 1949 'n ekonomiese program vir die stabilisering van Japan in werking gestel.
[[Lêer:Is this tomorrow.jpg|thumb|links|200px|Hierdie strokiesverhaalalbum, wat in 1947 deur die ''Catechetical Guild Educational Society'' gepubliseer is, waarsku teen die gevare van 'n kommunistiese magsoorname in Amerika]]
Ná sy verkiesing het president Truman met sy sogenaamde Punt-vier-program die VSA se wêreldwye verantwoordelikheid aanvaar. So het die VSA 'n leidende rol gespeel by die VN se militêre optrede teen Noord-Korea tydens die Korea-krisis (1950-1953), alhoewel Washington sy politieke en militêre doelwitte in Korea in die "Agt-punt-program" van 1950 doelbewus beperk het. In 'n radiotoespraak het generaal Eisenhower daarop gewys dat die VSA besig was om 'n "kruistog vir vryheid" te voer.

Op militêre gebied het Washington 'n "nasionale noodtoestand" afgekondig, siende dat die Amerikaanse ontwapening ná die oorlog in teenspraak met die nuwe beleid was. Die VSA-strydmagte is heropgebou en uitgebrei om te verseker dat hulle 'n doelmatige militêre opsie sou kon uitoefen, indien nodig. Die militêre ANZUS-verdrag met Australië en Nieu-Seeland en die vredesooreenkoms met Japan in 1951 het die VSA se leidende rol in Asië bevestig.

Die terugdrywing van kommunisme was steeds een van die hoofbeginsels van die Amerikaanse buitelandse beleid in die regeringstyd van president Dwight D. Eisenhower (1953-1961). Die ministers van buitelandse sake, John Foster Dulles (1888-1859) en Chris Herter (1895-1966), het hierdie doelwit met militêre ooreenkomste en finansiële hulp probeer bereik. Dulles het die Sowjetunie se voorgestelde beleid van vreedsame naasbestaan tussen Moskou en die VSA aanvaar, maar bilaterale verhoudinge met Kuba het nietemin versleg.

Die binnelandse beleid is deur politieke optrede teen vakbonde en linkse intellektueles oorheers. Met die Taft-Hartley-wet van 1947, wat deur die president geveto is, is 'n verbod op verpligte lidmaatskap in vakbonde geplaas (ondernemings, waarin alle personeel by 'n bepaalde vakbond moes aansluit, het as ''closed shops'' bekend gestaan). Vakbonde is daarnaas die reg ontneem om politieke partye te ondersteun, terwyl die president die reg gekry het om 'n moratorium (of sogenaamde "afkoelperiode") op enige staking te plaas.
[[Lêer:101st Airborne at Little Rock Central High.jpg|thumb|regs|250px|Soldate beskerm swart leerders op pad na ''Little Rock Central High School'', 'n voormalige "blanke" hoërskool]]
Ondanks die felle kritiek van konserwatiewe Republikeine en Demokrate uit die suidelike deelstate het president Truman in 1949 met die sogenaamde ''Fair Deal'' 'n suksesvolle poging onderneem om die ekonomiese vordering binne die ''New Deal''-program te kon voortsit en die belang van die sosiale komponent van die Amerikaanse ekonomiese stelsel te benadruk.

Met die val van Nasionale Sjina en die Sowjetunie se vordering tot kernwapenmoondheid het die besorgdheid oor die uitbreiding van kommunisme in die VSA histeriese afmetings aangeneem. Hofsake teen die leierskap van die Amerikaanse Kommunistiese Party en bekende linkse intellektueles, spioenasie-onthullings en senator Joseph McCarthy se veldtog teen beweerde anti-Amerikaanse aktiwiteite het 'n klimaat van vrees geskep.

Die kwessie van gelyke regte vir die swart bevolking van veral die suidelike deelstate was in die vroeë 1950's steeds onopgelos. Dit was duidelik dat die beleid van rasseskeiding wat in die onderwys- en openbare vervoerstelsel van die suide toegepas is, onaanvaarbaar was - veral met die oog op die goeie ervaringe van Amerikaanse strydmagte met gemengde eenhede in die [[Korea-oorlog]]. Die eenparige besluit van die Hoogste Federale Geregshof dat segregasie onwetlik was, is aanvanklik deur owerhede in die suidelike deelstate geïgnoreer. Weens die uitbreek van rasonluste in suidelike stede - onder meer in 1957 in Little Rock in Arkansas - het die regering federale troepe ontplooi. In 1957 het Amerikaanse Senaat met 72 teen 18 stemme die "Wet vir die beskerming van die kiesreg van Swartes" (''Civil Bill of Rights'') aanvaar.

Tydens die presidentskap van [[John F. Kennedy]] beleef die [[Koue Oorlog]] sy warmste oomblikke tydens die Kubaanse krisis waarin 'n atoomoorlog rakelings vermy is toe die Sowjetunie onder swaar druk offensiewe kernmissiele uit [[Kuba]] teruggetrek het.

=== Die stryd om burgerregte en internasionale krisisse: 1961-1965 ===
[[Lêer:Martin Luther King - March on Washington.jpg|thumb|[[Martin Luther King Jr.]] tydens 'n Burgerregte-optog in Washington, D.C., in 1963.]]
Met die oorwinning van die Demokratiese presidentskapskandidaat John F. Kennedy, wat in 1960 met 50,1 persent van die uitgebragte stemme tot president verkies is, is in die volgende jaar 'n nuwe politieke styl in die [[Withuis]] ingebring - die ''Executive Office'' is tot 'n soort beplanningskantoor omgeskep waar presidensiële raadgewers onder president Kennedy se voorsitterskap belangrike politieke besluite geneem het. Opvallend was die benoeming van ervare deskundiges soos wetenskaplikes as raadgewers.

In die Kennedy-administrasie se begroting is heelwat groter bedrae aan ontwikkelingshulp, ruimtevaartprogramme en verdediging bestee, terwyl industriële groei ter finansiering van hierdie programme deur politieke maatreëls bevorder is. So het die president self voorstelle gemaak oor hoe die Amerikaanse ekonomie se mededingendheid op internasionale vlak verbeter sou kon word. Daarnaas is invoertariewe vir goedere uit die destydse Europese Ekonomiese Gemeenskap verlaag, stakings en staalprysverhogings voorkom en die ekonomiese situasie van Amerikaanse boere verbeter.

== Politiek ==
[[Lêer:Capitol Building Full View.jpg|thumb|Die Kapitol is die setel van die Kongres.]]
[[Lêer:WhiteHouseSouthFacade.JPG|thumb|links|Die Withuis is die setel van die President.]]
[[Lêer:111th US Senate class photo.jpg|thumb|Die Kongres se senaat.]]
[[Lêer:Official portrait of Barack Obama.jpg|thumb|links|upright|President Barack Obama.]]
[[Lêer:Obama Health Care Speech to Joint Session of Congress.jpg|thumb|Die Kongres se Huis van Afgevaardigdes.]]
Die Verenigde State van Amerika is 'n grondwetgebaseerde federale republiek met 'n sterk demokratiese tradisie. Elke vier jaar word daar 'n presidentsverkiesing gehou.
Die president van die Verenigde State word nie direk nie, maar wel deur stapsgewyse verkiesings aangewys. Dit behels die volgende proses:
* Eerstens word voorverkiesings gehou, waarby die presidensiële kandidate van elke party aangewys moet word (daar is slegs twee partye van betekenis: die Republikeine en die Demokrate).
* By die eintlike verkiesings word die stemme per staat getel. Elke staat beskik oor 'n getal kiesers in die kieskollege wat op die inwonertal gebaseer is. Wie in 'n staat die meeste stemme verwerf, verkry in beginsel ook al die kiesers van die staat; die beginsel van die distriktestelsel.
Wie oor die meeste kiesers beskik, wen die verkiesing en word president. Kiesers kan egter ook aanstellings newens die president bepaal. In 1988 het 'n Demokratiese kieser byvoorbeeld nie vir Michael Dukakis, die amptelike kandidaat, gestem nie, maar wel vir Lloyd Bentsen, die kandidaat vir vise-president. In 1876, 1888 en 2000 het die kandidaat met die meeste stemme wel nié oor die grootste getal kiesers beskik nie. 'n Verkose president kan tot twee termyne dien (agt jaar).

Die presidensiële kandidate kies reeds voor die verkiesing hul onderskeie ''running mates'' uit, wat as visiepresident beoog word.

Die [[president van die Verenigde State van Amerika]] is [[Barack Obama]]. Hy is op 20 Januarie 2009 ingesweer. Obama is die eerste Afro-Amerikaner wat die hoogste politieke amp van die Verenigde State van Amerika beklee.

Die Kongres (''US Congress'') is die volksverteenwoordiging en bestaan uit die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers.

== Demografie ==
Die Verenigde State se Sensusburo het die VSA se bevolking in Julie 2010 op 309 850 000 beraam, onder wie sowat 12 miljoen onwettige immigrante. Volgens die sensus van 2000 was daar 281,4 miljoen Amerikaners, waarvan 75,1 persent Blankes, 12,5 persent ''Hispanics'' (mense van Latyns-Amerikaanse afkoms), 12,3 persent Swartes, 0,9 persent Indiane, Inoeït en Aleoete, en 8 persent van ander afkoms. Die meeste Blankes is van Duitse, Ierse en Britse afkoms.

Die jaarlikse bevolkingsgroei van 0,8 persent is tans hoër as dié van die Europese Unie met 0,16 persent. In 2006 het 1,27 miljoen wettige immigrante (veral uit Meksiko, Sjina, Indië en die Filippyne) 'n verblyfpermit gekry, en die VSA is tans die enigste nywerheidsland waar daar ook in die toekoms 'n aansienlike bevolkingsaanwas verwag word.

Volgens die Sensusburo was in 2001 50,9 miljoene Amerikaners Rooms-Katolieke, 33,8 miljoen Baptiste, 2,8 miljoen Mormone, 72,0 lede van ander Christelike kerke en groeperings, 2,8 miljoen Jode, 1,1 miljoen Moslems, 0,8 miljoen Hindoes, 3 miljoen aanhangers van ander religies en godsdienste, en 11,2 miljoen het geen inligting verstrek nie.

== Ekonomie ==
=== Algemene oorsig ===
[[Lêer:Photos NewYork1 032.jpg|thumb|regs|250px|Die New Yorkse Effektebeurs (''New York Stock Exchange, NYSE'') in Wall Street]]
Die Verenigde State se status as die magtigste ekonomie ter wêreld (wat 'n vyfde van die wêreldinkomste verteenwordig) is gegrond op die groot oppervlakte van die land, sy rykdom aan grondstowwe, die groot binnelandse mark met meer as 300 miljoen verbruikers en 'n ekonomiese stelsel wat op die beginsels van private besit en inisiatief asook vrye handel baseer. Die VSA se bruto geografiese produk (BGP) het in 2006 VSA-$ 13 195 miljard beloop.<ref>[http://www.auswaertiges-amt.de/diplo/de/Laenderinformationen/UsaVereinigteStaaten/Wirtschaft.html ''Duitse Departement van Buitelandse Sake: Verenigde State - Ekonomie'']</ref> Die tersiêre of dienstesektor se bydrae tot die BGP het in 2006 sowat 79 persent beloop, dié van die nywerheidsektor 20 persent en dié van die landbou 1 persent.

Die ekonomie van die Verenigde State word in die algemeen gekenmerk deur konstante groei, lae werkloosheid en inflasie, 'n groot begrotingstekort en vinnige vooruitgang in tegnologie. Sy ekonomie word beskou as die belangrikste in die wêreld. Verskeie ander lande se geldeenhede is gekoppel aan die [[Verenigde State dollar|dollar]], of gebruik dit as geldeenheid. Die V.S. [[effektebeurs]] word beskou as 'n aanduiding van die wêreldekonomie.

Die land het ryk [[mineraal|minerale]] hulpbronne, met heelwat [[goud]], [[olie]], [[steenkool]] en [[uraan]]. In [[landbou]] is die V.S.A. een van die vernaamste verskaffers van [[mielie]]s, [[koring]], [[suiker]] en [[tabak]]. Die V.S.A. vervaardig [[motor]]s, [[vliegtuig|vliegtuie]] en [[elektronika]]. Die grootste sektor is die dienssektor waarin omtrent 'n driekwart van die V.S. se inwoners werk.

Die grootste handelsvennoot van die Verenigde State is sy noordelike buurstaat [[Kanada]]. Ander belangrike handelsvennote is [[Meksiko]], die [[Europese Unie]] en ander industriële lande in [[Asië]], soos [[Japan]], [[Indië]], [[Suid-Korea]] en [[Sjina]]. Die Verenigde State se buitelandse handel word deur 'n chroniese handelstekort gekenmerk. In 2006 het die VSA goedere ter waarde van VSA-$ 1 037 miljard uitgevoer, terwyl die invoere $ 1 919 miljard beloop het.

Die hoofsaaklike uitvoere is motorvoertuie en -onderdele (14 persent), mineraliese brandstowwe (12 persent), rekenaars en rekenaarkomponente (8 persent), masjiene (6 persent), telekommunikasie-toerusting (3 persent), chemiese produkte (3 persent) en oudiovisuele tegnologie (3 persent).

=== Invloed op die wêreldekonomie ===
Die Verenigde State is verreweg die grootste ekonomie en ook die grootste invoerder ter wêreld - 14 persent van alle produkte, wat wêreldwyd verhandel word, word na die VSA uitgevoer.

|----- bgcolor=#DDDDDD
!  Land
! BBP in 2007 in miljarde VSA-$
|----- bgcolor=#EEEEEE
|    Verenigde State || 13 808
|----- bgcolor=#EEEEEE
|    Japan || 4 382
|----- bgcolor=#EEEEEE
|    VR van Sjina || 3 380
|----- bgcolor=#EEEEEE
|    Duitsland || 3 321
|----- bgcolor=#EEEEEE
|    Verenigde Koninkryk || 2 804
|----- bgcolor=#EEEEEE
|    Frankryk || 2 594
|----- bgcolor=#EEEEEE

=== Ekonomiese krisis ===
In Oktober 2011 was 9 persent van die ekonomies aktiewe bevolking werkloos<ref>[http://www.washingtonpost.com/business?wpisrc=al_comboNE ''The Washington Post with Bloomberg: Sluggish job growth continues'', 4 November 2011]</ref> - ondanks die feit dat die Amerikaanse ekonomie sy groeikoers ná die finansiële krisis van 2008/09 hervat het.

Terwyl Amerikaanse politici veral die Volksrepubliek van Sjina daarvan beskuldig dat dit sy geldeenheid, die renminbi, onderwaardeer, word dit duidelik dat die VSA op baie terreine nie meer met ander nywerheidslande kan meeding nie. Die agteruitgang van die Amerikaanse motornywerheid is simptomaties van hierdie ontwikkeling. Deskundiges wys daarop dat die land meer in sy infrastruktuur en onderwysstelsel moet belê.<ref>[http://www.welt.de/debatte/kommentare/article10199167/Die-USA-muessen-ihre-Wirtschaft-reformieren.html?wtmc=RSS.Debatte.Kommentare ''www.welt.de: Die USA müssen ihre Wirtschaft reformieren, 5 Oktober 2010'']</ref>

=== Herindustrialisering ===

In 2012 het die Internasionale Energieagentskap 'n studie gepubliseer waarvolgens die Verenigde State, tans nog een van die wêreld se grootste energie-invoerder, in die nabye toekoms tot een van die grootste uitvoerders van ru-olie en aardgas sal kan ontwikkel. Nuwe boortegnologieë sal die ontginning van olie- en gasreserwes moontlik maak wat tot dusver as nie-konvensioneel geklassifiseer is, soos dié wat in leiklip voorkom.

Laer energiepryse - in 2012 het gaspryse in die VSA net 'n vyfde van dié in Europa en 'n agtste van dié in Asië beloop - sal die land meer aantreklik vir energie-intensiewe bedrywe maak sodat die VSA moontlik op die drempel van 'n nuwe ekonomiese groeifase en herindustrialisering staan.<ref>[http://www.welt.de/wirtschaft/article110968371/In-den-USA-beginnt-eine-Aera-der-billigen-Energie.html?icid=maing-grid7%7Cgermany-alice%7Cdl1%7Csec3_lnk1%26pLid%3D136707 ''In den USA beginnt eine Ära der billigen Energie''. In: ''Die Welt Online'', 12 November 2012]</ref>

== Notas en verwysings ==
{{Verwysings|2}}

== Bronne ==
* {{en}} Thomas Bender: ''A Nation Among Nations. America's Place in World History'', New York 2006.
* {{en}} Ian Tyrrell: ''Transnational Nation. United States History in Global Perspective since 1789'', Houndmills 2007

== Eksterne skakels ==
{{CommonsKategorie|United States|Verenigde State van Amerika}}
* {{Wikivoyage|United_States_of_America|Verenigde State van Amerika}}
* {{en}} [http://www.usa.gov Amptelike tuisblad van die Regering van die VSA]
* {{en}} [http://www.house.gov/ Amptelike tuisblad van die Huis van Verteenwoordigers]
* {{en}} [http://www.senate.gov/ Amptelike tuisblad van die Senaat]
* {{en}} [http://www.whitehouse.gov/ Amptelike tuisblad van die Withuis]
* {{en}} [http://www.supremecourt.gov/ Amptelike tuisblad van die Supreme Court]

{{Navigasie indeling Verenigde State}}
{{Lande van Noord-Amerika}}
{{NAVA}}
{{NAVO-lande}}

[[Kategorie:Verenigde State van Amerika| ]]
[[Kategorie:Artikels wat geproeflees moet word]]

{{Voorbladster}}

{{Link FA|an}}
{{Link FA|ar}}
{{Link FA|ceb}}
{{Link FA|eo}}
{{Link FA|es}}
{{Link FA|eu}}
{{Link FA|fa}}
{{Link FA|fo}}
{{Link FA|lv}}
{{Link FA|ml}}
{{Link FA|pt}}
{{Link FA|sl}}
{{Link FA|sq}}
{{Link FA|vi}}
{{Link GA|ca}}
{{Link GA|da}}
{{Link GA|fi}}
{{Link GA|lt}}
33

wysigings