Verskil tussen weergawes van "Neopaganisme"

11 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k (Verplasing van 39 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q189753)
 
* Keltiese religie ([[Druïdisme]]),
* Germaanse religie (Heidendom) en
* ''HellenismosHellenisme'' (Oud-Griekse Neopaganisme).
 
Die Nieu-Heidense geloofstelsels baseer op leerstellings wat in die vorm van mitiese verhale duisende jare lank van generasie tot generasie oorgelewer is.<ref>Crowley (1998), bl. 11</ref> Die mite vertel 'n heilige verhaal of 'n oorspronklike gebeurtenis wat aan die begin van die tyd plaasgevind het.<ref>Eliade, Mircea: ''Das Heilige und das Profane''. Hamburg: Rowohlt Taschenbuch Verlag 1957, bl. 56</ref> Dit handel dan ook nie oor gewone mense nie, maar oor Godhede of helde wat as stigters van die menslike beskawing beskou word. Die mite is 'n verhaal oor die skepping van die wêreld en 'n openbaring van die Godhede se heilige werke; 'n berig oor 'n dikwels dramatiese gebeurtenis wat inbreuk gemaak het op die profane wêreld. In talle vroeë religieë was die mondelinge vertelling van die mites beperk tot 'n bepaalde tyd van rituele soos byvoorbeeld herfs en winter.<ref>Eliade (1957), bl. 57</ref>
Anonieme gebruiker