Verskil tussen weergawes van "Dans"

1 539 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
→‎Verskillende danse: Nuwe paragraaf oor lyndans
k (Wysigings deur 84.198.209.88 teruggerol na laaste weergawe deur Naudefj)
(→‎Verskillende danse: Nuwe paragraaf oor lyndans)
===Dodedans===
'n Motief wat sedert die einde van die veertiende eeu baie voorgekom het in Frankryk en Duitsland, is die dodedans. Dié dans illustreer die mag van die dood oor die lewendes, waarby alle onderskeid tussen rang en stand verval.
 
===Lyndans===
Lyndanse (Line dancing) het baie in gemeen met groepsdanse, en ontleen ook heelwat uit ander dansvorme soos ''Ballroom'', ''Latin'', Eirse en selfs straatdanse. Die vernaamste kenmerk is dat dansers in rye langs mekaar dans en in dieselfde rigting kyk. Die terminologie is sterk Engels, en min is in Afrikaans vertaal, maar dis moontlik om goed te dans deur ander te volg sonder om die name van die passies te ken.
 
'n Lyndans word gewoonlik geskryf vir 'n spesifieke stukkie musiek, van so 3 tot 6 minute. Die dans beslaan dus van 30 sekondes tot 2 minute, en word herhaal tot die musiek ophou. Gewoonlik word draaie in die dans ingebou en die dans hervat telkens teenoor 'n ander muur.
 
Die aantreklike eienskappe van lyndans sluit in dat dit goeie ligte aerobiese oefening is wat die geheue, konsentrasie en beendigtheid bevorder. Die musiek is meesal gewild en lig. Dansers vorder vanaf maklik bemeesterbare kort, stadige danse tot by lang, vinnige gevorderde danse. Dus is daar ruimte vir enigeen van enige ouderdom om deel te neem, veral aangesien 'n dansmaat onnodig is. Daar is baie ooreenkomste tussen lyndans en Suid-Afrikaanse Volkspele alhoewel dit op die oog af heel anders lyk.
 
Lyndans is gewild orals in die wêreld, en baie dansers skryf nuwe danse vir nuwe musiek. In Suid-Afrika is daar 'n menigte klubs, informele groepe en demonstrasie-studio's wat dit daagliks beoefen en duisende mense betrek. Dit is moontlik om mee te ding in gereelde plaaslike, nasionale en internasionale kompetisies.
 
===Volksdanse===
120

wysigings