Verskil tussen weergawes van "Nico van Rensburg"

1 630 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
}}
 
'''Nico van Rensburg''' was 'n [[Suid-Afrika]]anse musikant wat die konsertina-speler bespeel het. Van Rensburg het bekendheid verwerf nadat hy in 1984 en 1990 die [[SAUK]] se boeremusiekorkes-kompetisie gewen het. Hy was ook op ''Maak 'n las'' op SABC2 te sien gewees. Hy het baie van sy eie musiek gekomponeer en het verskeie toekennings oor sy lewe ontvang, waaronder 'n [[SAMA]]-toekenning vir beste boeremusiekalbum. Hy was ook die beskermheer van die Boeremusiekgilde.
 
Van Rensburg is op [[12 Mei]] [[2013]] op 76-jarige ouderdom aan 'n hartaanval by die ''1 Militêre Hospitaal'' in [[Pretoria]] oorlede.<ref>[http://praag.co.za/index.php/nuus-magazine-402/afrikaanse-nuus-magazine-401/13486-boeremusiek-legende-oorlede.html Boeremusiek-legende oorlede], [[Praag]], 13 Mei 2013</ref> Dit was nadat hy in die jare voor sy dood met sy gesondheid gesukkel het en ook hartprobleme gehad het.
 
Sy begrafnis is op Donderdag 16 Mei om 10:00 vanuit die Nederduitsch Hervormde gemeente Swartkop in Eldoraigne gehou. Hy is deur sy twee kinders, vier kleinkinders en een agterkleinkind oorleef.
 
== Diskografie ==
Van Rensburg se albums en plate:
* Wenners: TV Boereorkes Kompetisie - Volume 4, 2006 SONY MUSIC/BMG
* So Speel Ons - Volume 3, 2006 SONY MUSIC/BMG
* Speel Sy Gunstelinge, SONY MUSIC/BMG/ALFA ATELJEE
* Speel Tradisionele Boeremusiek - Volume 1, 2006 SONY MUSIC/BMG
* Speel Tradisionele Boeremusiek
* Die Van Rensburg Legende, 1999 DAWN MUSIC/BOEREMUSIEKSA
* 50 Goue Jare, 1996 DAWN MUSIC
* Biltong & Braaivleis, 1994 DAWN MUSIC
* Egte Outydse Klanke, TRIO RECORDS
* Lekker Tradisionele Treffers, SELECT
* Biltong & Braaivleis LP, 1986 REAMUSIC
* So Speel Ons LP, 1979 MUSIC FOR PLEASURE
* Wagstaan LP, 1975 MUSIC FOR PLEASURE
* Op sy Beste, BOEREMUSIEKSA
* So speel Nico van Rensburg sy Gunstelinge, BOEREMUSIEKSA
* Speel Lekker Tradisionele Boeremusiek, BOEREMUSIEKSA
* Huldeblyk aan Willie Fourie (14/5/1929 - 19/4/2006), BOEREMUSIEKSA
* Huldeblyk aan Thys Langeveldt (11/9/1935 - 21/2/2006), BOEREMUSIEKSA
* Huldeblyk aan Nic Potgieter (29/04/1928 - 10/11/2002), BOEREMUSIEKSA
* Huldeblyk aan Hansie Roodt (28/08/1938 - 16/09/2005), BOEREMUSIEKSA
* Nico van Rensburg en sy Vader - Die Oue En Die Nuwe LP, MUSIC FOR PLEASURE
* Nico van Rensburg se Boerejol LP, 1980 MUSIC FOR PLEASURE
* Speel Sy Eie Treffers LP, 1975 MUSIC FOR PLEASURE
* Speel Die Gunstelinge van... LP, 1972 MUSIC FOR PLEASURE
* Konsertinaslaai LP, PÊREL
* Boeresport! LP, PÊREL
* Splinternuut! LP, TROUBADOUR
* Op Toer LP, TROUBADOUR
* Konsertina Klub LP, MUSIC FOR PLEASURE
* Boereorkes Wenner LP
 
== Verwysings ==