Verskil tussen weergawes van "Nico van Rensburg"

15 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
}}
 
'''Nico van Rensburg''' was 'n [[Suid-Afrika]]anse musikant wat die konsertina bespeel het. Van Rensburg het bekendheid verwerf nadat hy in 1984 en 1990 die [[SAUK]] se boeremusiekorkes-kompetisie gewen het. Hy was ook op ''Maak 'n las'' op SABC2 te sien. Hy het baie van sy eie musiek gekomponeer en het verskeie pryse ontvang, waaronder 'n [[Sama]]-prystoekenning vir die beste boeremusiekalbum.
 
Van Rensburg is op [[12 Mei]] [[2013]] op 76-jarige ouderdom aan 'n hartaanval by die ''1 Militêre Hospitaal'' in [[Pretoria]] aan 'n hartaanval oorlede.<ref>[http://praag.co.za/index.php/nuus-magazine-402/afrikaanse-nuus-magazine-401/13486-boeremusiek-legende-oorlede.html Boeremusiek-legende oorlede], [[Praag]], 13 Mei 2013</ref> Dit was nadat hy in die jare voor sy dood met sy gesondheid gesukkel het en ook hartprobleme gehad het.
 
Van Rensburg was die beskermheer van die Boeremusiekgilde en was veral bekend om sy konsertina-talent. Sy vrou het ten tyde van sy dood gesê: "Hy het geleef vir boeremusiek, vir Afrikaans en die Afrikaanse kultuur."
 
Sy begrafnis is op Donderdag 16 Mei 2013 om 10:00 vanuit die Nederduitsch Hervormde gemeente Swartkop in Eldoraigne gehou. Hy is deur sy twee kinders, vier kleinkinders en een agterkleinkind oorleef.
 
== Diskografie ==