Verskil tussen weergawes van "A.P. Smit"

12 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
(Nuwe bladsy geskep met 'Ds. '''Abraham Petrus Smit''' (distrik Redelinghuys, 12 Oktober 1909 - ?) was 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, geskiedskrywer en argiva...')
 
Vier en meer jaar lank is hy opsy geroep. Operasie na operasie is op hom uitgevoer. Met groot liefde is hy deur gemeentelede voorsien, met behuising en andersins. Om sy gesondheid te bevorder het hulle vir hom later verblyf in [[Middelburg, Oos-Kaap|Middelburg, Kaap]] gekry. Sy belangstelling vir die gemeentegeskiedenis was vir hom tot onderskraging in hierdie moeilike tye. In 1944 het hy die [[NG gemeente Beaufort-Wes|kerk van Beaufort-Wes]] gehelp om sy 125 jare op skrif te stel. In 'n manuskrip het hy dit later tot 1970 aangevul, hoewel dit nie gepubliseer is nie.
 
Sy M.A.-verhandeling het hy omgewerk en bygewerk om by die tweede eeufees van Swartland in 1945 aan die kerkraad 'n gedenkboek omgewerk en bygewerk te voorsien. Calvinia se eeu oue geskiedenis het hy in 1947 gepubliseer. Vanuit die noorde het hy 'n opdrag gekry wat hy in hierdie tyd kon voltooi. Die vrug was die publikasie: ''Ons kerk in die Goudstad 1887-1947.'' [[NG gemeente Johannesburg|Johannesburg]] (1896-1947), [[NG gemeente Fordsburg|Fordsburg]] (1896-1947), [[NG gemeente Johannesburg-Oos|Johannesburg-Oos]] (1897-1947) en [[NG gemeente Jeppestown|Jeppestown]] (1897-1947) is een na die ander beskrywe.
 
==Tweede bedieningstyd==
85 159

wysigings