Verskil tussen weergawes van "Karp"

2 703 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (Verplasing van 22 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q134653)
== Habitat ==
Die vis leef in damme, mere, modderrige riviere en stadig vloeiende riviere, selfs staande water. Hulle is gewoonlik op die bodem doenig waar die modder versteur en kos gesoek word. Die wyfie lê haar eiers gedurende die lente en somer in vlak water of onder waterplante.
 
== Karp Kos ==
 
Boilies is ongetwyfeld een van die beste varswater vis ase wat spesiaal gemaak word om groot vis mee te vang. Dit is nie net 'n uitstekende hengel aas vir spesie karp hengel nie, dit is ook uiters geskik vir beide kompeterende en sosiale karp hengel. Boilies is beskikbaar in 'n groot verskeidenheid kleure, geure en in verskillende vorms en grootes; van klein mikro boilies (sommige selfs so klein as 6mm) tot die heel groottes van so 40-50mm wat uitstekend werk vir monster vis, beide karp en baber.
 
Die mees algemene manier om 'n boilie te gebruik is met behulp van 'n haar strop (die aas word aan die haar geheg en nie direk aan die hoek vas gemaak nie) wat die boilie toe laat om aan die agter kant van die hoek te rus. Dit beteken nie net dat die aas meer natuurlik in die water sal voorkom nie maar ook dat dit dikwels die verskil sal maak tussen n goeie hoek greep en 'n ondoeltreffende greep. Weens die manier waarop karp na kos soek word alles wat na kos lyk eers van die bodem af opgesuig en dit wat nie kos is nie word dan baie vinnig weer uit geblaas; sou die vis besluit die boilie is nie eetbaar nie sal hy dit baie vinnig uitblaas, maar daar die boilie onafhanklik kan rond beweeg (los van die hoek) haak die hoek baie maklik in die karp se mond vas, en ook meer gereeld in die vis se onderlip waar dit nie maklik sal loskom nie.<ref>[http://www.theboilieshop.co.za/boilies.php Karp Aas - Boilies], besoek op 07 Junie 2013</ref>
 
Ander karp aas wat in al ons hengel waters goeie vangstes oplewer is soetmielies, degieaas, dryfasies en erdwurms.
Soetmielies word eers gekook en daarna binne-in 'n groot verskeidenheid van geursels verpak. Omdat dit redelik sag gekook word kan jy dit sommer direk op die hoekpunt haak.
Die mees bekende degieaas is seer sekerlik doodgewone koekmeel wat met 'n bietjie water gemeng word, en dan bo-oor die hoeksteel gedraai word. Dit word dan netso, ongegeur, gebruik of jy kan dit bietjie versoet met strooi suiker of heuning of jy kan dit binne-in die geursel van jou keuse doop.
Daar is bittermin hengelaars wat nie dryfasies ken nie. Hulle is beskikbaar in drie verskillende groottes, met ‘n hard of sagte tekstuur, en gegeur in ‘n magdom verskillende geure en word nes soetmielies direk op die hoekpunt gehaak.
Erdwurms, veral die kleiner rooi wurm, het ‘n baie sterk, natuurlike, lok reuk; en alhoewel dit meestal vir kurper hengel gebruik word gebruik baie karp hengelaars dit ook saam hul deegaas en/of dryfasies. Haak eers die erdwurm op die hoek sodat dit agter-op die hoek se steel tot ruste kom en daarna word jou ander asie opgesit. Uiters doeltreffend, veral in die somer maande.
 
 
== Koi ==
== Bron ==
* First Field Guide to Fishes of Souhern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
 
==Verwysings==
{{Verwysings}}
 
{{Saadjie}}
18

wysigings