Verskil tussen weergawes van "Karp"

2 grepe verwyder ,  8 jaar gelede
Die vis leef in damme, mere, modderrige riviere en stadig vloeiende riviere, selfs staande water. Hulle is gewoonlik op die bodem doenig waar die modder versteur en kos gesoek word. Die wyfie lê haar eiers gedurende die lente en somer in vlak water of onder waterplante.
 
== Karp KosAas ==
 
Boilies is ongetwyfeld een van die beste varswater vis ase wat spesiaal gemaak word om groot vis mee te vang. Dit is nie net 'n uitstekende hengel aas vir spesie karp hengel nie, dit is ook uiters geskik vir beide kompeterende en sosiale karp hengel. Boilies is beskikbaar in 'n groot verskeidenheid kleure, geure en in verskillende vorms en grootes; van klein mikro boilies (sommige selfs so klein as 6mm) tot die heel groottes van so 40-50mm wat uitstekend werk vir monster vis, beide karp en baber.
Die mees bekende degieaas is seer sekerlik doodgewone koekmeel wat met 'n bietjie water gemeng word, en dan bo-oor die hoeksteel gedraai word. Dit word dan netso, ongegeur, gebruik of jy kan dit bietjie versoet met strooi suiker of heuning of jy kan dit binne-in die geursel van jou keuse doop.
Daar is bittermin hengelaars wat nie dryfasies ken nie. Hulle is beskikbaar in drie verskillende groottes, met ‘n hard of sagte tekstuur, en gegeur in ‘n magdom verskillende geure en word nes soetmielies direk op die hoekpunt gehaak.
Erdwurms, veral die kleiner rooi wurm, het ‘n baie sterk, natuurlike, lok reuk; en alhoewel dit meestal vir kurper hengel gebruik word gebruik baie karp hengelaars dit ook saam hul deegaas en/of dryfasies. Haak eers die erdwurm op die hoek sodat dit agter-op die hoek se steel tot ruste kom en daarna word jou ander asie opgesit. Uiters doeltreffend, veral in die somer maande.
 
 
== Koi ==
18

wysigings