Verskil tussen weergawes van "Bauhaus"

8 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
Skakels na Kuns ingevoeg
k (Verplasing van 58 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q124354)
(Skakels na Kuns ingevoeg)
[[Lêer:Bauhaus.JPG|thumb|250px|Bauhaus Dessau ([[Walter Gropius]])]] Die '''Staatliche Bauhaus Weimar''', afgekort '''Bauhaus''', is in 1919 deur die [[Duitsland|Duitse]] argitek [[Walter Gropius]] as 'n kunsskool in [[Weimar]] ([[Thüringen]]) gestig. Gropius se konsep van 'n skool wat teorie en praktyk sou verenig en waar kunstenaars en ambagsmanne sou begin saamwerk om 'n nuwe kunsrigting onder die leiding van die argitektuur te skep was destyds ongekend. Die benaming ''Bauhaus'' is opsetlik gekies en verwys na die middeleeuse bouhutte of gildes van bouwerkers en steenhouers onder leiding van 'n meester.
 
Die baanbrekende historiese Bauhaus, wat tot in 1933 bestaan het, word vandag as die invloedrykste skool vir boukuns en ontwerp en ook as die bakermat van die modernisme op alle gebiede van die vrye en toegepaste kuns beskou. Die Bauhaus het met sy beginsel van "Vorm volg funksie" (wat oorspronklik in 1896 deur die Amerikaanse argitek Louis Sullivan in sy essay ''The tall office building artistically considered'' geformuleer is) volledig afstand gedoen van al die paradigmas wat kenmerkend was vir laat 19de eeuse en vroeë 20ste eeuse style in [[kuns]] en argitektuur soos historisme en [[Jugendstil]] (Art Nouveau).<ref>Maas, Annette: ''Form Follows Function''. In: ''Ecco. Das Buchmagazin für Kunst, Kultur & Geschichte'', uitgawe 2009, bl. 24</ref>
[[Lêer:Bauhaus-Signet.svg|thumb|left|150px|Die Bauhaus-logo]]
 
== Konsep ==
[[Lêer:Bauhaus Chair Breuer.png|thumb|right|250px|'n Rekenaarmodel van die bekende Bauhaus-stoel ''Wassily'' wat deur Marcel Breuer ontwerp is]]
Oorspronklik was Henry van de Velde en Walter Gropius van plan om kuns en kunshandwerk in die tydperk van industrialisering te laat herleef. Hulle wou 'n alternatief tot die estetiese vorms van die historisme skep wat ornamente uit die kunshandwerk deur middel van industriële massaproduksie grootskaals gekopieer het. Met die term "[[kuns]]" het hulle nie na die destydse avantgarde verwys nie, maar eerder na die vormtaal wat eietydse ontwerpers gebruik het om volgens die styl van vroeëre kunsperiodes te produseer.
 
Met die herlewing van die kunshandwerk wou hulle nie vroeëre kunsstyle op 'n industriële manier herskep nie, maar met hul eksperimente eerder 'n nuwe vormtaal ontwikkel wat by die industriële vervaardigingsproses aangepas sou wees. Een van die Bauhaus se leitmotiewe was die idee om argitektuur as 'n omvattende kunswerk met ander kunste te verbind. Sodoende is die modulêre bouwyse, wat van voorafvervaardigde bouelemente gebruik gemaak het, nie net vir nywerheidsaanlegte ingespan nie, maar het ook die kans gebied om byvoorbeeld bekostigbare behuising in die satellietstede van groot metropole te skep.
2 970

wysigings