Verskil tussen weergawes van "Martin Melck"

15 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (+ beeld)
k
[[Lêer:Martin Melck House 02.jpg|thumb|regs|200px|[[Martin Melck Huis|Martin Melck-huis]] in Strandstraat, Kaapstad]]
'''Martin Melck''' ([[20 Oktober]] [[1723]]-[[1781]]), stamvader van die Melck-familie in [[Suid-Afrika]], was 'n boorling van Memel in [[Oos-Pruise]] (tans [[Klaipėda]], [[Litaue]]) wat hom op [[21 April]] [[1746]] as gekwalifiseerde leerling-messelaar aan die Kaap gevestig en later een van die welvarendste en invloedrykste figure in die [[18de eeu]]se kolonie geword het.<ref>G.A. Cockrell: ''Die lewe van Martin Melck''. In: ''Kleio'', jaargang 33, nommer 1, 2001, bl. 86</ref>
 
Melck het aanvanklik as handlanger op Johann Philipp Giebeler se plaas, as mynwerker by Simonsberg en as kneg op Jacob Cloete se plaas gewerk voordat hy 'n leweransier van boumateriaal geword het. So kon hy dit bekostig om in [[1750]] self twee plase aan te koop. Ná Giebeler se afsterwe in 1752 het hy met dié se weduwee Anna Margaretha Hop getrou en die eienaar van twee spogplase, Elsenburg en Mulders Vallei, geword.<ref>Edith H. Raidt: ''Afrikaans en sy Europese Verlede''. Derde en hersiene uitgawe. Kaapstad: Nasou Beperk 1991, bl. 102</ref> Melck het na die dood van Anna hertrou met nóg 'n weduwee, Maria Rosina Loubser.