Verskil tussen weergawes van "Martin Melck"

21 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
=== Weldoener ===
[[Lêer:Martin Melck House 02.jpg|thumb|regs|200px|[[Martin Melck Huis|Martin Melck-huis]] in Strandstraat, Kaapstad]]
Die VOIK se beleid om geen Lutherse kerkgemeentes aan die Kaap toe te laat nie, het by Melck kommer gewek. Hy was, net soos baie Duitse en [[Skandinawië|Skandinawiese]] immigrante, 'n gelowige Lutheraan. Alle versoeke, wat Melck by die Kompanjie ingedien het om die saak te hersien, is verwerp. So het hy sake in eie hande geneem en 'n saal in Kaapstad se statige Seestraat (tans Strandstraat) laat oprig. Hy het voorgegee dat dit 'n pakhuis sou wees, maar dit is as geheime kerksaal gebruik, net soos Rooms-Katolieke ''schuilkerke'' in die Protestantse Nederlande, om Lutheraanse kerkdienste te hou. Goewerneur Tulbagh, 'n felle teenstander van die Lutherse geloof, het wél kennis van dié geheime kerkdienste gehad, maar as Melck se noue vriend het hy 'n blinde oog gedraai. Naas die kerkgebou, wat teen 'n koste van 45 000 gulden opgerig is, het Melck nog twee erwe langsaan vir die bou van 'n pastorie en 'n woonhuis aan die gemeente geskenk.
 
Die Kaapse goewerneur [[Ryk Tulbagh]], 'n felle teenstander van die Lutherse geloof, het wél kennis van dié geheime kerkdienste gehad, maar as Melck se noue vriend het hy 'n blinde oog gedraai. Naas die kerkgebou, wat teen 'n koste van 45 000 gulden opgerig is, het Melck nog twee erwe langsaan vir die bou van 'n pastorie en 'n woonhuis aan die gemeente geskenk.
 
In 1780, een jaar voor Melck se afsterwe, het die Here Sewentien, die Nederlandse bestuurders van die VOIK, hul beleid teenoor Lutherane aan die Kaap hersien, en die eerste Lutherse predikant het sy diens in die Kaapse gemeente begin. Met die bou van die pastorie is eers na Melck se dood begin. Die gebou is deur die argitek Louis Michel Thibault ontwerp, Anton Anreith het die versierings by die fasade aangebring. Sedert 1932 staan die gebou as [[Martin Melck Huis|Martin Melck-huis]] bekend.