Verskil tussen weergawes van "Martin Melck"

101 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
== Lewe ==
=== In diens van die VOIK ===
[[Lêer:Simons-town.jpg|thumb|regs|In 1743 is die VOIK se Kaapse winterhawe na Simonsbaai verskuif]]
Martin Melck is as seun van 'n bootsman in die [[Oossee]]hawe Memel gebore. Sy werk het sy pa dikwels maande lank van die huis weggeneem. Martin het vir 'n ander loopbaan gekies en op 18-jarige leeftyd 'n opleiding as messelaar in [[Riga]] (tans [[Letland]]) begin. Later het hy na Nederland geëmigreer om as soldaat in diens van die [[Verenigde Oos-Indiese Kompanjie]] (VOIK) te tree. Agttien maande ná die voltooiing van sy beroepsopleiding het hy in die lente van [[1746]] aan boord van die skip '''t Slot van Capelle'' gegaan. Net soos ander VOIK-skepe het dit vanweë sy diepgang vanuit Texel-hawe vertrek - die hawens in [[Amsterdam]] en [[Rotterdam]] was in dié tyd nie diep genoeg nie. Drie maande later het die skip op 26 Junie 1746 in die Kaapse winterhawe Simonsbaai aangekom.