Verskil tussen weergawes van "Martin Melck"

68 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
 
=== Vryburger en sakeman ===
[[Lêer:Saldanhabay.JPG|thumb|regs|Die ingang na [[Saldanhabaai]]]]
In [[1750]], vier jaar ná sy aankoms, is Martin Melck met volle eer uit die Kompanjie se diens ontslaan. Hy het hom vervolgens as vryburger in [[Stellenbosch]] gevestig. Nog in dieselfde jaar het hy die plase ''Aan't Pad'' (tans Cloetesdal) en ''Watergang'' gekoop. Die helfte van die koopprys is in harde kontant betaal. Naas boerdery het hy 'n besigheid begin en vervoerdienste aangebied. Nadat hy in [[Saldanhabaai]] op 'n ryk voorkoms van kalk afgekom het (dit was blykbaar gefossileerde mosseldoppe), het hy daar 'n tweede winsgewende bedryf as leweransier van boumateriaal begin. Deur kalksteen in 'n kalkoond te verhit, is brandkalk gemaak wat verder tot boumateriaal verwerk en aan messelaars verkoop kon word.