Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

 
Dit dien egter beklemtoon te word dat die ingebruikneming van die verskillende masjiene 'n stadige proses was. Die tuiswerkers was, solank hulle in staat was om `n bestaan te vind, onwillig om in die fabrieke te gaan werk, en die werkgewers was ongeneë om masjiene in gebruik te neem solank hulle met die ware wat die arbeiders tuis vervaardig het, kon klaarkom. Tog het masjiene teen 1840, toe die spoorweg ook al terdeë gevestig was, industriële bedrywigheid in Brittanje reeds tot op groot hoogte verander.
Daar bestaan geen twyfel nie dat die Industriële Omwenteling `n magtige rewolusie was, want daardeur is binne `n tydsbestek van `n bietjie meer as honderd jaar `n hele omwenteling in industriële en maatskaplike toestande in Groot-Brittanje, [[Duitsland]], [[Frankryk]] en die [[Verenigde State]] teweeggebring. Sy invloed brei nog steeds vinnig uit, want op hede is dit besig om die hele ekonomiese struktuur van lande soos [[Indië]] en [[Sjina]] te verander.
 
==Onmiddellike Maatskaplike en Ekonomiese Gevolge van die Industriële Omwenteling==
105 737

wysigings