Verskil tussen weergawes van "Klaipėda"

18 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
skakel
k (+ uitspraak)
k (skakel)
|- style="border-top:1px solid #999;"
|}
 
'''Klaipėda''' [ˈklaɪpɛdə] {{Audio|Klaipeda.ogg|luister}} ([[Duits]]: ''Memel'') is die derde grootste stad van [[Litaue]] met 'n oppervlakte van 98,35 vierkante kilometer en 'n bevolking van 182 716 in 2010. Die stad beskik oor Litaue se enigste see- en veerboothawe en fungeer sodoende as die land se maritieme poort na die wêreld.
 
 
== Bevolking ==
 
Tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog was Klaipėda se bevolking merendeels van Duitse afkoms - so was byvoorbeeld ook alle straatname in Duits. Toe die Rooi Leër die stad in 1945 ingeneem het, was daar nog minder as vyftig bewoners wat agtergebly het. Die meeste inwoners van Klaipėda en sy omgewing het gevlug.
 
== Vervoer ==
=== Skeepvaart ===
[[Lêer:Klaipeda port.jpg|300px|thumb|leftlinks|250px|Die seehawe van Klaipėda]]
Die seehawe van Klaipėda is verreweg die grootste in Litaue - die land se tweede hawe in Šventoji ([[Palanga|Palanga-munisipaliteit]]) speel geen beduidende rol nie, terwyl die hawe in [[Būtingė]] hoofsaaklik as olieterminaal fungeer.
 
Die Klaipėda-hawe is meestal dwarsdeur die jaar ysvry en hanteer veral Russiese ru-olie wat na bestemmings elders in Europa verskeep word. Veerbote van die redery ''DFDS Seaways'' verbind Klaipėda met [[Kiel, Duitsland|Kiel]] en Sassnitz in Duitsland en Karlshamn in [[Swede]]. Daar is ook 'n gereelde veerbootdiens van Klaipėda na die spits van die Koerse Skoorwal, terwyl 'n voormalige watersloot van die ou kasteel tans as jaghawe dien.
 
[[Kategorie:Nedersettings in Litaue]]
[[Kategorie:Nedersettings langs die Oossee]]
 
{{Link FA|bat-smg}}