Verskil tussen weergawes van "Republiek van Komi"

+ Amptelike UNESCO bladsy
k
(+ Amptelike UNESCO bladsy)
{{Russiese deelgebied
| naam= Republiek van Komi <br />Коми Республика
| beeld= Komi in Russia.svg
| onderskrif= Die ligging van Komi in Rusland.
| webtuiste= http://www.rkomi.ru/en/
| wapen-vlag=
[[FileLêer: Coat of Arms of the Komi Republic.svg|links|110px]] <br>
[[FileLêer: Flag of Komi.svg|regs|130px|border]]
}}
[[Lêer:Komi03_af.png|thumb|260px|Kaart van die Republiek van Komi]]
Die '''Republiek van Komi''' ([[Russies]]: Республика Коми) is ’n outonome republiek (’n [[Deelgebiede van Rusland|deelgebied]] van Rusland) wat in die noordoostelike hoek van [[Europa|Europese]] [[Rusland]] lê. Die [[Oeralgebergte]] vorm die oosgrens. Die belangrikste riviere is die Petsjora in die noorde en die Witsjegda in die suide. ’n Kwart van die bevolking praat [[Komi-Sirjeens]], ’n [[Fins-Oegriese tale|Fins-Oegriese]] taal.
 
== Ekonomie en geskiedenis ==
[[Lêer:Komi03_afKomi03 af.png|thumb|260pxlinks|Kaart van die Republiek van Komi]]
Die belangrikste bestaansmiddele is [[jag]], [[vissery]] en die [[houtnywerheid]]. Die grootste nywerheidsentrums is Workoeta, Inta, Petsjora en Oechta (steenkool, aardolie, aardgas, ystererts), wat alles langs die [[Noordelike spoorlyn]] gevind word. Dié spoorlyn loop na die suidwestelike [[Kotlas]], ’n stad in [[Archangelsk-oblast]] en na die noordooste na Labitnangi in die outonome okroeg [[Jamalië]] in [[Siberië|Wes-Siberië]].
 
In baie stede is [[Goelag]]-strafkampe gevestig – veral Workoeta was berug vir sy kamp. ’n Groot deel van die nywerheid en infrastruktuur het tussen [[1929]] en [[1953]] ontstaan met die hulp van honderdduisende Goelag-dwangarbeiders. In die dertigerjare het die [[FSB|NKVD]] die gebied vir ’n tyd lank self bestuur. In dié tyd is die gebied ook "gesuiwer" van nasionalistiese en invloedryke mense, wetenskaplikes, etniese Duitsers en baie ander "vyande van kommunisme". Duisende mense is ook hierheen gebring om die gebied te bewoon en te ontwikkel.
 
In 1936 is meer as 2 000 gevangenes tegelykertyd tereggestel (waarvan ’n deel lewend verbrand is) by die rivier Oechtarka ná ’n opstand in een van die kampe van die Oecht-Petsjlag.<ref>{{ru}} [http://mitia13.narod.ru/vorkuta/v002.html Workoeta] (in Russies)</ref>
 
Komi was van [[1921]] af ’n outonome oblast en van 1938 af ’n outonome Sowjetrepubliek (OSSR). Ná die val van die [[Sowjetunie]] het die gebied sy huidige status van outonome republiek gekry. Sy ongerepte woude is 'n [[Unesco]]-[[wêrelderfenisgebied]].
{{Verwysings}}
{{CommonsKategorie-inlyn|Komi}}
* {{en}} {{fr}} [http://whc.unesco.org/sites/719.htm Amptelike UNESCO bladsy]
 
{{Deelgebiede van Rusland}}
[[Kategorie:Russiese republieke|Komi]]
[[Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Rusland|Komi]]
 
{{Link FA|kv}}
{{Link FA|nn}}