Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
Skakels na Taal
''Sien ook: [[Proto-Indo-Europees]], [[Historiese taalkunde]], [[Glottochronologie]].''
 
Die moontlikheid van 'n [[Proto-Indo-Europees|gemene oorsprong]] vir die uiteenlopende tale is vir die eerste keer voorgestel deur die Nederlander [[Marcus Zuerius van Boxhorn]]. Hy was 'n 17de-eeuse taalkundige met 'n groot kennis van [[Latyn]]. Hy het tewens [[Russies]], [[Persies]] en [[Turks]] bestudeer. Hy het geweet van Xenofon se reise na [[Indië]], waardeur hy ooreenkomste met [[Sanskrit]] kom opmerk het. Dit het daartoe gelei dat hy gelykenisse tussen verskillende Indo-Europese tale ontdek het, waarby hy die bestaan van 'n primitiewe gemeenskaplike taal -- wat hy toe 'Skities' noem -- veronderstel het. Hy het by hierdie hipotese [[Nederlands]], [[Grieks]], [[Latyn]], [[Persies]] en [[Duits]] ingesluit, waarna hy later ook die [[Slawiese Tale|Slawiese]], [[Keltiese Tale|Keltiese]] en die [[Baltiese Tale|Baltiese]] tale ingesluit het. 'n [[Semitiese Tale|Semietiese]] [[taal]] soos [[Hebreeus]] het hy daarvan uitgesluit.
 
Die bekendste en later ontdekker is egter die agttiende-eeuse Engelsman [[William Jones (filoloog)|Sir William Jones]] wat ooreenkomste in van die vier oudste tale wat toe bekend was opgemerk het naamlik, [[Latyn]], [[Grieks]], [[Sanskrit]], en [[Persies]]. Stelselmatige vergelyking van dié en ouer tale onderneem deur [[Franz Bopp]], het die teorie ondersteun. In die [[19de eeu]] het vakkundiges die groep "Indo-Germaans" of soms "[[Aries]]" genoem. Toe dit egter later duidelik word dat daar 'n verband is tussen meeste van Europa se tale, is die naam uitgebrei na [[Indo-Europees]]. 'n Voorbeeld hiervan is die sterk ooreenkomste wat ontdek is tussen [[Sanskrit]] en ouer gesproke [[dialek]]te van [[Litaus]] en [[Lets]].
== Nie-Indo-Europese tale van Europa ==
 
Die meeste gsproke Europese tale behoort tot die Indo-Europese superfamilie. Daar is egter taalfamilies in Europa wat nie daaraan behoort nie. Die [[Oeraliese tale|Oeraliese taalfamilie]], wat [[Hongaars]], [[Esties]], [[Fins]], heelwat tale in Noord-Wes Siberië en die tale van die [[Sami mense|Sami]] (populêr 'Lappe' genoem), insluit is 'n voorbeeld. Die [[Kaukasiese tale]] is nog 'n voorbeeld. Die [[Baskies]]e taal is ongewoon in die sin dat dit oënskynlik nie aan enige bekende lewendige taal verwant is nie. Taalkundiges vermoed dat Baskies die enigste [[taal]] is wat die Indo-Europese invasies oorlewe het. Die [[Etruskiese taal]] was ook 'n geïsoleerde, nie-Indo-Europese taal wat op die Italiaanse [[skiereiland]] gepraat is maar nou uitgestorwe is. Die Leidse taalkundige Robert Beekes het bevind dat Etruskies se oorsprong in Klein-Asië lê.
 
Die [[Maltese taal]] en [[Turks]] is twee voorbeelde van tale wat in Europa gepraat word wat beslis nie-Europese oorspronge het. Turks is 'n [[Turkiese tale|Turkiese]] taal, en Maltees is grootliks van [[Arabies]] afgelei.
2 970

wysigings