Verskil tussen weergawes van "Willem Cruywagen"

423 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
== Lewensloop ==
Willem Cruywagen is op 9 Maart 1921 op [[Ugie]] in die [[Oos-Kaap]] gebore. Hy matrikuleer van die Hoërskool Elliot en studeer daarna aan die Graaff-Reinetse Onderwyskollege. Hy gee 'n paar jaar onderwys waarna hy 'n B.A. (Hons)-graad van die [[Universiteit van Pretoria]] verwerf. Hierna doen hy navorsing oor president [[Paul Kruger]] vir 'n Meestersgraadmeestersgraad wat onvoltooid bly weens sy toetrede tot die politiek.<ref>[http://www.voortrekkers.org.za/DrWillemCruywagen.pdf Cruywagen se CV]</ref>
 
In 1978 word hy aangestel as die minister van Onderwys en Opleiding. In hierdie portefeulje het hy onder andere aandeel gehad in die vestiging van [[MEDUNSA]] (Mediese Universiteit van Suider-Afrika). Hierna dien hy vir ;'n kort periode as die minister van Nasionale Opvoeding.
 
In 1979 word hy aangestel as die Administrateur van Transvaal, 'n pos wat hy vir nagenoeg nege jaar beklee tot met sy aftrede op 31 Mei 1988.
 
Cruywagen is op 10 Julie 2013 by sy huis in [[Pretoria]] oorlede. Hy was 92 jaar oud en word oorleef deur sy vrou, Snow, twee seuns en vier kleinkinders en een agterkleinkind.