Verskil tussen weergawes van "Krugerrand"

154 grepe bygevoeg ,  14 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
 
k
[[Beeld:Krugerrand.jpeg|thumb|200px|leftright|Die portret van president Paul Kruger op die voorkant van die Krugerrand]]
 
Die '''Krugerrand''' is 'n [[Suid-Afrika|Suid-Afrikaanse]] goudmuntstuk, wat in die jaar [[1967]] vir die eerste keer uitgereik is en veral daarop gemik was om Suid-Afrikaanse [[goud]] in die buiteland te bemark. Die Krugerrand is 'n wettige betaalmiddel in Suid-Afrika, alhoewel dit nie werklik as 'n [[geldeenheid]] bedoel was nie.
 
Die goudmunt se naam is afgelei van die portret van [[Paul Kruger]], president van die [[Zuid-Afrikaansche Republiek]] (ZAR), op die voorkant, terwyl 'n [[springbok]], een van Suid-Afrika se nasionale simbole, op die agterkant pryk. Die naam "Suid-Afrika" en die goudinhoud word in albei belangrike talelandstale, [[Afrikaans]] en [[Engels]], aangedui.
 
Die Krugerrand was die eerste staafgoudmunt, wat teen die markwaarde van sy goudinhoud gehandel is. By ander, ouer goudmunte soos die [[Verenigde Koninkryk|Britse]] ''Gold Sovereign'' is die waarde, wat hulle as betaalmiddel het, op die voorkant ingegraveer, en dit kon aansienlik verskil van die waarde van hulle goudinhoud.
 
Die Krugerrand was die eerste goudmunt, wat presies een [[fynons]] goud bevat het en op privaat beleggers gemik was. Deurdat hulle tot wettige betaalmiddel verklaar is, kon ook burgers van die [[Verenigde State]] die Krugerrande wettig aankoop. Die privaatbesit van stafgoudstaafgoud was in die Verenigde State verbode, terwyl buitelandse goudmunte deur hierdie verbod nie geraak is nie.
 
As gevolg van sanksies teen [[apartheid,]] is die invoer van Kruggerrand-goudmunte in die sewentiger- en tagtigerjare in 'n aantal Westerse lande verbied en eers in die tydperk tussen [[1990]] en [[1994]] weer toegelaat.
 
Oorspronklik is die Krugerrand teen 'n aansienlike premie van vyf persent bo die waarde van sy goudinhoud verkoop, en slegs een grootte, wat een fynons of 31,1035 gram goud bevat het, is aangebied. Intussen word Krugerrande in verskillende groottes aangebied, en die premie is nou net een persent of minder bo die markprys van goud.
 
Aangesien die Krugerrand uit 'n legering van 91,67 persent (of 22 [[karaat]]) pure goud bestaan, weeg die munt in waarheid 1,0909 fynonse of 33,93 gram. Die res van die goudmunt se massa bestaan uit 2,826 gram [[koper]], wat aan die Krugerrand sy duidelik oranje kleur gee (in teenstelling met ander goudmunte, wat uit 'n silwerlegering bestaan). Legerings word gebruik om goudmunte harder en duursamer en sodoende ook bestand teen skrapies te maak.
 
Drie bykomende groottes van 'n halwe, 'n kwart en 'n tiende fynons is in [[1980]] ingevoer. Altesame 54,5 miljoen munte is verkoop.
Die sukses van die Krugerrand het daartoe gelei dat ook ander goudproduserende lande hulle eie goudmunte uitgereik het, waaronder die [[Kanada|Kanadese]] ''Gold Maple Leaf'' ([[1979]]), die [[Australië|Australiese]] ''Nugget'' ([[1981]]) en die Amerikaanse ''Gold Eagle'' ([[1986]]).
 
[[Image:Krugerrands.JPG|thumb|200px|right|Krugerrande is 'n gewilde manier om in goud te belê, aangesien hulle teen lae premies bo die goudmarkprys beskikbaar is]]