Verskil tussen weergawes van "Krugerrand"

676 grepe bygevoeg ,  14 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k
Die Krugerrand was die eerste staafgoudmunt, wat teen die markwaarde van sy goudinhoud gehandel is. By ander, ouer goudmunte soos die [[Verenigde Koninkryk|Britse]] ''Gold Sovereign'' is die waarde, wat hulle as betaalmiddel het, op die voorkant ingegraveer, en dit kon aansienlik verskil van die waarde van hulle goudinhoud.
[[Beeld:Krugerrands.JPG|thumb|250px|left|Krugerrande is 'n gewilde manier om in goud te belê, aangesien hulle teen lae premies bo die goudmarkprys beskikbaar is]]
Die Krugerrand was ook die eerste goudmunt, wat presies een [[fynons]] goud bevat het en op privaat beleggers gemik was. Deurdat hulle tot wettige betaalmiddel verklaar is, kon ook burgers van die [[Verenigde State]] die Krugerrande wettig aankoop. Die privaatbesit van staafgoud was in die Verenigde State verbode, terwyl buitelandse goudmunte deur hierdie verbod nie geraak is nie.
 
In die tydperk tussen 1967 en [[1969]] is jaarliks 40 000 Krugerrandmunte by die Munt in Pretoria geslaan, en in [[1970]] is die aantal Krugerrande verhoog tot 211 018 munte. Die miljoenkerf is in [[1974]] met 3,2 miljoen munte verbygesteek, en in [[1978]] is die rekordgetal van meer as ses miljoen Krugerrande uitgereik.
 
As gevolg van sanksies teen [[apartheid]] is die invoer van Krugerrand-goudmunte in die sewentiger- en tagtigerjare in 'n aantal Westerse lande verbied en eers in die tydperk tussen [[1990]] en [[1994]] weer toegelaat. Die produksie van Krugerrande het skerp gedaal en in 1995 sy laagtepunt met net 8 285 een-ons-munte bereik. Die laagtepunt vir die hele reeks Krugerrande was 23 277 munte in [[1998]]. Die jaarlikse produksiesyfers het sedert [[2000]] weer duidelik gestyg, alhoewel hulle nie meer die vlak van voor die sanksies bereik het nie.
 
As gevolg van sanksies teen [[apartheid]] is die invoer van Krugerrand-goudmunte in die sewentiger- en tagtigerjare in 'n aantal Westerse lande verbied en eers in die tydperk tussen [[1990]] en [[1994]] weer toegelaat.
{| width=130 cellpadding="5" cellspacing="0" style="float:right; margin:1em; border:1px solid #8BA8CF; background:white;"
!style="border-bottom:1px solid #8BA8CF; background:#B0C4DE;"|[[Beeld:Krugerrand.jpeg|100px]]
Anonieme gebruiker