Verskil tussen weergawes van "Witwatersrand"

4 grepe verwyder ,  15 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Die '''Witwatersrand''' is 'n lae bergreeks wat deur die provinsie [[Gauteng]] in [[Suid-Afrika]] loop. Dit dien as 'n [[waterskeiding]] - water wat na die noordekant afloop dreineer in die [[Limpoporivier]] wat na die [[Indiese Oseaan]] vloei en [[water]] na die suide dreineer in die [[Vaalrivier]] wat na die [[Atlantiese Oseaan]] vloei. Dit kom ook na vore deur effense klimaatsveranderinge wat in die gebied voorkom - die heuwels veroorsaak 'n loefwaartse/lywaartse effek. Daardeur is [[Johannesburg]] se noordelike voorstede meer geil en vogtig, en in die suide is dit droër en meer waterarm. Die Witwatersrand is deel van die provinsie Gauteng, wat vir 'n kort tydperk die [[PWV]]-provinsie genoem is - 'n [[akroniem]] vir [[Pretoria]], Witwatersrand en [[Vereeniging]]/[[Vaaldriehoek]].
 
Die "[[Rand]]" (en in [[Engels]] ook "reef" genoem) is bekend daarvoor dat dit die bron is van 48 000 ton of 40% van alle [[goud]] wat al op [[aarde]] gemyn is. Daarnaas is ook uraan as 'n belangrike neweproduk ontgin. Ontginning van goud en ontwikkeling van die gebied het in die 1880's begin. Baie van die ou myne is reeds gesluit, maar goudontginning vind nog steeds in die gebied plaas. Die mineraalrykdom van die Witwatersrand was daarvoor verantwoordelik dat die [[geldeenheid]] van Suid-Afrika (die [[Rand]]) vernoem is daarna.
72

wysigings