William Thomas Beckford: Verskil tussen weergawes

k
k (Bygewerk)
 
Op 5 Mei 1783 het hy met Lady Margaret Gordon, die dogter van Charles Gordon, 4de graaf van Aboyne getrou. Beckford was egter biseksueel. Nadat sy briewe aan William Courtenay, die latere 9de graaf van Devon, deur die jongeling se oom onderskep en die verhouding in dagblaaie bekend gemaak is, het Beckford hom ná 1784 aan die Britse sosiale lewe onttrek.
[[Lêer:Grand Tour William Thomas Beckford.jpg|thumb|250px|'n Kaart waarop William Beckford se Grand Tour deue Europa in rooi aangedui word]]
 
Courtenay was eers tien jaar oud toe die 18-jarige Beckford met hom kennis gemaak het. Baie jare lank is daar aangeneem dat hy in 'n vergelykbare verhouding met Louisa Pitt (omstreeks 1755-1791), die vrou van sy neef Peter Beckford, gewikkel was. Saam met sy vrou, wat kort daarna in die ouderdom van 24 ná die geboorte van hul kind oorlede is, het Beckford 'n lewe as balling in vastelandse Europa gekies.
 
Nadat hy 'n opleiding in bou- en tekenkuns onder die argitek Sir William Chambers en die landskapskilder Alexander Cozens ontvang het, het hy in 1782 'n reis deur [[Italië]] begin wat hy een jaar later in sy ''Dreams, Waking Thoughts and Incidents'' beskryf het. Daarna, in 1786, het sy bekendste werk verskyn, die Gotiese roman ''Vathek''. Beckford het dié werk, wat oorspronklik in [[Frans]] geskryf is, na sy eie bewering binne die bestek van drie dae en twee nagte voltooi, alhoewel daar aangeneem word dat hy die roman net in sy verbeelding só vinnig geskryf het.
 
''Vathek'' is in elk geval 'n indrukwekkende werk vol fantastiese en soms verhewe idees. Ander belangrike werke deur Beckford sluit die satiriese ''Memoirs of Extraordinary Painters'' (1780) en sy ''Letters from Italy with Sketches of Spain and Portugal'' (1834) waarin hy 'n briljante beskrywing van landskapstonele en gebruike lewer. In 1793 het hy 'n besoek aan [[Portugal]] gebring waar hy hom 'n tyd lank gevestig het.
 
Beckford se faam berus egter in gelyke mate op sy eksentrieke bouprojekte en versamelings as sy literêre werk. Met die verwesenliking van sy boukundige visies het hy sy fortuin verkwis, waarby sy jaarlikse inkomste deur tydgenote op £100 000 beraam is. Hy is onder meer genoodsaak om sy Jamaicaanse suikerplantasie aan James Beckford Wildman af te staan. Op die tydstip van sy afsterwe het net £50 000 van sy fortuin oorgebly.
 
{{DEFAULTSORT:Beckford, William Thomas}}