William Thomas Beckford: Verskil tussen weergawes

k
Beckford is op 1 Oktober 1760 in Londen gebore. Sy pa, William Beckford, na wie algemeen as "Alderman Beckford" verwys is, het twee ampstermyne as Lord Mayor van Londen gedien. In die ouderdom van tien het William Thomas Beckford 'n fortuin van sy pa geërf, insluitende £1 miljoen in kontant, grond in Fonthill, Wiltshire (insluitende die Palladiaanse herehuis Fonthill Splendens) en verskeie suikerplantasies in [[Jamaica]] wat deur slawe bewerk is. Danksy hierdie fortuin kon Beckford sy groot belangstelling in kuns, argitektuur en literêre skryfwerk ten volle uit te leef. Hy het 'n kort musikale opleiding deur [[Wolfgang Amadeus Mozart]] ontvang, maar dit was sy tekenleraar, Alexander Cozens, wat groter invloed op hom uitgeoefen het. Beckford het enkele jare lank met hom gekorrespondeer voordat hy alle kontak met hom verbreek het.
 
Op 5 Mei 1783 het hy met Lady Margaret Gordon, die dogter van Charles Gordon, 4de graaf van Aboyne getrou. Beckford was egter biseksueel. Nadat sy briewe aan William Courtenay, die latere 9de graaf van Devon, deur die jongeling se oom Alexander Wedderburn Loughborough, 1ste Lord (later graaf van Rosslyn) onderskep en die verhouding in dagblaaie bekend gemaak is, het Beckford hom ná 1784 aan die Britse sosiale lewe onttrek.
[[Lêer:Grand Tour William Thomas Beckford.jpg|thumb|links|'n Kaart waarop William Beckford se Grand Tour deue Europa in rooi aangedui word]]
Courtenay was eers tien jaar oud toe die 18-jarige Beckford met hom kennis gemaak het. Baie jare lank is daar aangeneem dat hy in 'n vergelykbare verhouding met Louisa Pitt (omstreeks 1755-1791), die vrou van sy neef Peter Beckford, gewikkel was. Saam met sy vrou, wat kort daarna in die ouderdom van 24 ná die geboorte van hul kind oorlede is, het Beckford 'n lewe as balling in vastelandse Europa gekies.