Verskil tussen weergawes van "Hidrosfeer"

620 grepe bygevoeg ,  14 jaar gelede
Inligting bygevoeg
k (robot Bygevoeg: bn, eo, gl, mk)
(Inligting bygevoeg)
 
In die geval van die oseane word die beweging deur die water se temperatuur en soutgehalte bepaal. Warm water het 'n kleiner gewig en digtheid as koue water, en soutwater het 'n hoër digtheid as vars water. Die kombinasie van temperatuur en soutgehalte bepaal of die water na die oppervlak styg, na die grond sink of in 'n gemiddelde diepte bly.
 
==Die waterkringloop==
Ook bekend as die '''hidrologiese siklus'''. Wanneer dit reën, gebeur een van die volgende met die water:
*Dit verdamp
*Dit filtreer in die grond (staan bekend as '''infiltrasie''')
*Dit vloei bo-op die grond terug na die see (staan bekend as '''afloop''')
 
Die water wat infiltreer, sal deur porieë en nate in gesteentes deursyfer totdat dit 'n laag soliede rots bereik wat nie water deurlaat nie. Die boonste vlak van die ondergrondse water word die watertafel genoem en gesteentes wat nie water deurlaat nie, word keerbanke genoem. 'n Akwifer is 'n waterdraer/gesteente wat water absorbeer.
 
[[Kategorie:Water]]
Anonieme gebruiker