Verskil tussen weergawes van "Noord-Rhodesië"

geen wysigingsopsomming nie
(file moved on Commons)
}}
 
'''Noord-Rhodesië''' ([[Engels]]: ''Northern Rhodesia'', amptelik ''Protektoraat van Noord-Rhodesië'', [[Engels]]: ''Protectorate of Northern Rhodesia''; vernoemgenoem na [[Cecil Rhodes]]) was 'n Britse protektoraat in Midde-Afrika van 1924 tot en met die onafhanklikwording van die gebied op [[24 Oktober]] [[1964]] as [[Zambië]].
 
[[Cecil John Rhodes]] was hoofsaaklik verantwoordelik vir Britse indringing noord van die [[Zambezirivier|Zambezi]] tydens die laaste twee dekades van die 19de eeu. Rhodes het daarna gestrewe om die koperbronne van [[Katanga]] en die goudbronne tussen die [[Limpoporivier|Limpopo]] en die [[Zambezirivier|Zambezi]] by sy mynboubelange in te sluit. Die Britse regering was daarop ingestel om Britse opperheerskappy aan die Kaap te handhaaf en te keer dat Boere, Portugese of Duitsers vyandige alliansies verder noord aangaan. Daarom staan die Britse regering in 1889 'n oktrooi aan die pasgestige [[British South Africa Company]] (BSA) toe om die oostelike gedeelte van die huidige [[Zimbabwe]] te beset, terwyl die maatskappy verdrae sluit met en vergunnings kry van verskeie swart hoofmanne noord van die Zambezi. So kom die grootste deel van die latere Noord-Rhodesië onder Britse invloed.
85 754

wysigings