Adrenalien (roman): Verskil tussen weergawes

k
 
Die volgende dag, 7 Oktober 1995, gaan hy na die stampvol boekbekendstelling; as 'n vername, dog mislukte skrywer kan hy ook 'n gas wees. Ná Astrid se toespraak loop hy die verhoog op, wens haar geluk en lees dan die eerste paragraaf uit ''Skaakmat''. Na 'n rukkie teëspraak, lees hy ook die eerste paragraaf uit ''Die donker kamer'' van Dorcas Duvenhage. Die tekste is identies. Gustaf het kopieë van ''Die donker kamer'' aan al die belangrikste redakteurs in Gauteng gestuur.
Gustaf trek weg en parkeer op 'n uitsigpunt by Northcliff-heuwel. Elisma stop langs hom. Hulle raak in 'n konfrontasie betrokke. Elisma verloor selfbeheer en beskadig sy nuwe motortjie. Sy jaag weg. Gustaf maak die sitplek skoon en kies 'n kortpad. Hy volg haar na haar meenthuis in Norwood. Hy kry toegang tot die huis. Hy sien dieselfde koffer in die gang staan as wat hy op die plaas gesien het. Daar is 'n nota op die koffer wat gebied dat dit boontoe gebring moet word; die skrywer van die nota wag op haar. Gustaf maak die knippe oop en sien dit is minnebriewe aanwat 'ntwee naamlosejaar minnaargelede vangeskryf presiesis. tweeDaar jaar oud.is Ookook bloed aan een van die boeie. Die minnaar wat naak op die trap verskyn, is natuurlik Kriestof Smit. Laasgenoemde vra vir Elisma om die tas saam te bring, al twee onbewus van Gustaf. Gustaf keer die koffer om en die inhoud val uit. Kriestof en Elisma raak bewus van hom en Gustaf sê haar sleg voor hy haar uit die pad stamp, die Karoohuisie-skildery ('n ou geskenk) in die verbystap vat en op die sypaadjie breek.
 
Gustaf keer vir oulaas, nou vreesloos, terug na die rolprentteater. Die bedelaar lê met die vuur en spiritus in die een hoek by die ingang. Die bioskoop is hierdie keer heeltemal verlate. Hy gaan sit by die klavier en speel iets soos die ''Maanligsonate''. Die katte keer terug om te luister, later ook die gestorwe treinpassasiers en plekaanwysers. Die ouditorium raak al hoe ligter hoe verder hy speel. Tot hy agterkom die plek is aan die brand. Die boggelrugseuntjie maak die agterdeur vir hom oop toe Gustaf vir die laaste keer die toegesluite agterdeur probeer stormram. Hy val in die agterplaas, na veiligheid.
13 914

wysigings