Verskil tussen weergawes van "Hubble-ruimteteleskoop"

(Ai!)
====Shoemaker-Levy 9====
[[Beeld:Jupiter showing SL9 impact sites.jpg|thumb|300px|Donkerbruin kolle wys waar uiteengeskeurde brokstukke van die komeet Shoemaker-Levy 9 teen Jupiter se suidelike halfrond gebots het.]]
In 1994 het die komeet Shoemaker-Levy teen die planeet [[Jupiter]] gebots: net die regte tyd vir sterrekundiges, aangesien Hubble se sig 'n paar maande vroeër gekorrigeer is. Dit was die eerste foto's ooit van 'n botsing tussen twee hemelliggame in die ruimte. Die ruimteteleskoop se beelde van die planeet was skerper as dié deur [[Voyager 2]] in 1979 en uiters belangrik om die dinamiek van 'n botsing tussen 'n komeet en Jupiter te bestudeer. Jupiter word eens per elke paar eeu deur 'n komeet of ander hemelliggaam gebombardeer - d.w.s. dikwels op 'n sterrekundige tydskaal, maar skaars gemeet aan die lewe van die menslike waarnemers.
 
Die foto's van die impakgebiede het ook bygedra aan nuwe insigte oor die samestelling van Jupiter se atmosfeer. 21 aparte botsings is waargeneem (die komeet is deur die planeet se aantrekkingskrag in stukke geskeur): die grootste impak het 'n letsel van ongeveer 12 000 km in deursnit veroorsaak - groot genoeg om die Aarde daarin te pas.