Verskil tussen weergawes van "Dorslandtrek"

geen wysigingsopsomming nie
k (Verplasing van 3 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q316886)
Die eerste groep by wie die trekgedagte ontstaan het, was boere in die [[Groot Marico]] wat in Mei 1874 bymekaar gekom het en later as die Eerste of Van der Merwe-trek bekend sou staan. Hulle het langsaam oor [[Rustenburg]] noordwaarts beweeg en onderweg het ander hulle by die trek aangesluit. Hulle het die [[Limpopo]] eers op 15 Mei 1875 oorgesteek. Na ontsettende ontberinge bereik die trekkers [[Humpata]] waar hulle vestig onder Portugese gesag.
 
Daar was altyd by 'n groot deel van die trekkers 'n hunkering om [[Angola]] te verlaat. 'n Trekker-afvaardiging het in die jare twintig die administrasie van [[Suidwes-Afrika]] en die Unie se minister van lande ontmoet. Skikkings is in 1928 bereik vir hulle oorkoms na Suidwes-Afrika. Die Unie-regering het 500 000 pond beskikbaar gestel om hulle vervoer en vestiging te betaal. Altesaam 350 gesinne (wat op 1  900 mense neergekom het) het na Suidwes-Afrika verhuis. Net 53 gesinne het in Angola agtergebly.
 
Van die klein persentasie wat nie 'n sukses van boerdery in hulle nuwe omgewing kon maak nie, het die meeste deurgedring na [[Rustenburg]] en [[Vryheid, KwaZulu -Natal|Vryheid]] in Suid-Afrika waar familie hulle bygestaan het. Die oorgrote meerderheid het Angola in 1958 met hulp uit Suid-Afrika verlaat.
 
==Bronnelys ==
83 339

wysigings