Verskil tussen weergawes van "Albedo"

1 greep verwyder ,  8 jaar gelede
k
(Nuwe artikel)
 
==Aarde se albedo==
[[Lêer:Ceres 2003 2004 clear sky total sky albedo af.png|thumb|200px|links|Die Aarde se albedo op wolklose dae in 2003–2004 teenoor die algehele albedo.]]
Albedo's van tipiese materiale in sigbare lig wissel van sowat 0,9 vir vars [[sneeu]] tot sowat 0,04 vir [[steenkool]], een van die donkerste materiale. Die diep skaduwees van holtes kan dieselfde albedo hê as die nul van ’n [[swartstraler]]. Wanneer dit van ’n afstand af gesien word, het die oseane se oppervlak ’n lae albedo, nes die meeste woude, terwyl woestyne van die hoogste albedo's van alle soorte grond het. Die meeste grondgebiedegrondsoorte het ’n albedo van 0,1 tot 0,4.<ref name="PhysicsWorld">{{cite web|url=http://scienceworld.wolfram.com/physics/Albedo.html |title=Albedo - from Eric Weisstein's World of Physics |publisher=Scienceworld.wolfram.com |date= |accessdate=2011-08-19}}</ref> Die gimiddeldegemiddelde albedo van die Aarde is sowat 0,3.<ref name="Goode">{{Cite journal |last=Goode |first=P. R. |authorlink= |coauthors=''et al.'' |year=2001 |month= |title=Earthshine Observations of the Earth's Reflectance |journal=Geophysical Research Letters |volume=28 |issue=9 |pages=1671–1674 |id= |url=http://www.agu.org/journals/ABS/2001/2000GL012580.shtml |accessdate= |quote=|doi=10.1029/2000GL012580 |bibcode = 2001GeoRL..28.1671G }}</ref> Dis is veel hoër as dié van oseane, hoofsaaklik vanweë die verspreiding van wolke.
 
Die klassieke voorbeeld van die albedo-effek is sneeu se temperatuur. Wanneer ’n sneeubedekte gebied warmer word en die sneeu smelt, neem die albedo af, meer sonlig word geabsorbeer en die temperatuur is geneig om te styg. Die teenoorgestelde is ook waar: wanneer sneeu vorm, vind ’n verkoelingsiklus plaas. Die intensiteit van die albedo-effek hang af van die grootte van die verandering in albedo en die hoeveel [[isolasie]]; daarom kan dit baie groot wees in tropiese gebiede.