Verskil tussen weergawes van "Eben Dönges"

17 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
k (Verplasing van 12 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q547929)
 
== Gesinslewe en laaste jare ==
[[Lêer:The State Funeral of Dr. T. E. Donges 03Jan1968.jpg|thumb|left|250px|StaatsbegrafnisDie staatsbegrafnis van Drdr. Dönges]]
Op sportgebied het Dönges graag [[rugby]], [[tennis]], [[krieket]] en [[gholf]] gespeel. As student was hy die kaptein van die [[Universiteit van Stellenbosch]] se krieketspan en later ook ’n paar jaar lank kaptein van die parlement se krieketspan.
 
Dönges is op [[10 Januarie]] [[1968]] na agt maande in die Groote Schuur-hospitaal oorlede. Hy is met staatseerbetoon vanuit die [[Groote Kerk]] in Kaapstad, waar hy vir sessie jaar as diaken en ouderling gedien het, op 15 Januarie 1968 begrawe met die teraardebestelling in Stellenbosch.
 
In 1959 het die Universiteit van Stellenbosch aan hom ’n ere-LL.D.-graad toegeken. In 1969, ’n jaar na sy dood is sy nagedagtenis geëer deur ’n afbeelding van hom wat op die eenrandmuntstuk van daardie jaar aangebring is. Op [[Kraaifontein]] is die [[Hoërskool Eben Dönges]] na hom vernoem en op [[Bothaville]] die [[Primêre Skool Eben Dönges]]. In [[Worcester]] is die Eben Dönges-hospitaal (nou die Worcester-hospitaal) ook na hom vernoem. In [[Benoni]] is ’n [[Voortrekkers (organisasie)|Voortrekkerkommando]] wat sy naam dra.
84 826

wysigings