Verskil tussen weergawes van "A.P. Smit"

Geen grootteverandering nie ,  7 jaar gelede
 
==Aftrede==
[[Beeld:Grafsteen ds AP Smit.jpgJPG|thumb|regs|270px|Ds. Smit en sy vrou se grafsteen in die begraafplaas in [[Durbanville]].]]
In 1974 tree ds. Smit ná 15 jaar af as argivaris. In 'n waardering wat 'n ander uitstaande kerkhistorikus, prof. T. N. Hanekom, opgestel en die sinode in 1975 aanvaar het, word o.a. geboekstaaf: "Die arbeid van ds. Smit is gekenmerk deur sy deeglikheid en algehele toewyding aan sy taak. Sy nougesette dissipline altyd toegespits op die veilige bewaring van dokumente; sy groot ywer vir die versameling van gemeentelike argiefstukke; dagboeke, kerkhistoriese dokumente selfs uit Midde-Afrika; sy optrede as die sentrale figuur in die Algemene Argiefkommissie; sy bereidwillige en deskundige hulp en advies aan alle navorsers, met name aan ons studente in die Kerkgeskiedenis — dit alles het die Kaapse Kerkargief tot voorbeeld gemaak." Niemand was onseker wat hy voorts sou doen nie. "Kies vir jouself vroeg in jou lewe een of ander nuttige stokperdjie wat jou na jou aftrede nuttig en selfs produktief kan besig hou."
 
85 139

wysigings