Verskil tussen weergawes van "Verenigde Oos-Indiese Kompanjie"

Skakel
(Skakel)
Tot [[1595]] was handel met Oosterse [[spesery]]e volledig in die hande van [[Portugal]], wat vanaf [[1498]] seevaartroetes na Asië ontdek het. Kaarte en roetes is streng geheim gehou sodat Portugal in wese 'n monopolie op die handel behou het. Eers in [[1592]], met die terugkeer van Jan Huygen van Linschoten vanuit die Ooste, het die inwoners van die Nederlandse Republiek voldoende kennis verkry om self 'n ekspedisie van stapel te stuur. Tussen [[1598]] en [[1601]] word daar altesaam 15 ekspedisies met 65 skepe aangepak.
 
Nadat hulle besef dat [[Portugal]] en [[Engeland]] besig is om hulle te oortref met hierdie handel, besluit die ''Staten-Generaal'', die parlement van die Nederlandse Republiek, in [[1602]] om al die bestaande ekspedisiemaatskappye te verenig, en reik [[aandeel|aandele]] uit aan al die eienaars van die bestaande maatskappye. Hierdie nuwe maatskappy, gestig op [[20 Maart]] [[1602]], was die VOC, en het bestaan uit ses ''kamers'': [[Amsterdam (Nederland)|Amsterdam]], [[Middelburg (Nederland)|Middelburg]], [[Enkhuizen]], [[Delft]], [[Hoorn]] en [[Rotterdam]]. Verteenwoordigers van die onderskeie kamers was saam bekend as die '''Here XVII'''. Die VOC het vele voorregte vanaf die regering verkry, soos die monopolie op die handel verby die [[Kaap die Goeie Hoop]] en die [[Straat van Magellaan]], die reg om gebiede te besit, oorloë te voer en internasionale verdrae te sluit. Trouens het die VOC in Asië opgetree asof dit die Nederlandse staat was.
 
Teen die einde van die agtiende eeu lei korrupsie en wanbestuur tot bankrotskap van die VOC. Die '''Here XVII''' is in [[1795]] afgedank, en die VOC word vyf jaar later, op 1 Januarie [[1800]], formeel ontbind.