Verskil tussen weergawes van "Morele argument vir die bestaan van God"

== Ervaring van moraliteit ==
Broad (1978:317) verduidelik hoe Kant sekere elemente van moraliteit ervaar: Wanneer mens met pragtige natuurskoon omring word, is daar eenvoudig ʼn gevoel van dankbaarheid wat teenoor die een of ander wese ervaar word. Ook wanneer versoeking oorkom word, of ‘n opoffering gemaak word, ervaar die mens dieselfde gevoel, in ooreenstemming met die morele wet. Hier vind ons twee morele sentimente: Onpersoonlike dankbaarheid en gehoorsaamheid. Verder glo Kant het die mens ʼn natuurlike neiging om ʼn verhewe morele wese as die objek van die morele sentimente te ervaar.
 
Al die bogenoemde emosies voorveronderstel ʼn morele wet. Die veronderstelling van ʼn verhewe morele wese, wat al ons bedoelings ken, jubileer in ons sukses en treur in ons teleurstellings, is dus nie teoreties onmoontlik nie.
Kant (soos aangehaal deur Broad, 1978:318) som die saak soos volg op: Die verpligting om in ooreenstemming met die morele wet te leef is absoluut. Die morele wet wek ʼn pligsbesef by elkeen van ons om te strewe na ʼn bepaalde toestand van moraliteit.
 
== Die morele argument vandag ==
Anonieme gebruiker