Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Geen grootteverandering nie ,  5 jaar gelede
meer dan -> meer as
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [http://www.toronto.ca toronto.ca]
|- style="border-top:1px solid #999;"
|}
|} '''Toronto''' is die hoofstad van die provinsie [[Ontario]], Oos-[[Kanada]] en die grootste stad van Kanada. Die stad is die sentrum van die sogenaamde ''Golden Horseshoe'' (Goue Hoefyster), 'n metropolitaanse gebied met meer as 6,0 miljoen inwoners aan die suidwestelike oewer van die [[Ontariomeer]], wat oor 'n afstand van sowat 100 kilometer van [[Hamilton, Ontario|Hamilton]] in die weste tot by [[Oshawa]] in die ooste strek.
 
|} '''Toronto''' is die hoofstad van die provinsie [[Ontario]], Oos-[[Kanada]] en die grootste stad van Kanada. Die stad is die sentrum van die sogenaamde ''Golden Horseshoe'' (Goue Hoefyster), 'n metropolitaanse gebied met meer as 6,0 miljoen inwoners aan die suidwestelike oewer van die [[Ontariomeer]], wat oor 'n afstand van sowat 100 kilometer van [[Hamilton, Ontario|Hamilton]] in die weste tot by [[Oshawa]] in die ooste strek.
 
Toronto beskik oor 'n belangrike hawe (vir onder meer die uitvoer van graan) aan die Ontariomeer, en dit is die finansiële, handel- en nywerheidsentrum van die [[Engels (taal)|Engelstalige]] [[Kanada]] met belangrike universiteite. Toronto beskik oor Kanada se hoogste [[wolkekrabber]]s - die simbole van sy dinamiese ekonomiese groei. Die CN-toring (553,5 meter) is een van die hoogste geboue wêreldwyd - 'n platvorm van [[glas]] dien op 'n hoogte van sowat 350 meter as 'n uitsigpunt.
 
== Geskiedenis ==
 
Die Wyandot (Hurone), een van die Eerste Nasies, wat teen die oewers van die [[Ontariomeer]] gewoon het, het die gebied van die huidige Toronto ''Tarantua'' of "vergaderplek" genoem. Vanuit hierdie plek het die Hurone hul bote in 'n lang ''portage'' na die Simcoe-meer en verder tot by die [[Huronmeer]] gedra. Die Franse het in 1615 vir die eerste keer met die plaaslike Eerste Nasies in aanraking gekom.
 
Die eerste Europese nedersetting was die Franse Fort Rouillé, wat in die jaar [[1750]] opgerig is. Tog het die grootskaalse Europese immigrasie eers met die [[Amerikaanse Rewolusie]] begin, toe 'n groot aantal lojaliste hulle in die omgewing begin vestig het. In [[1793]] het die stad, wat in daardie tydperk nog sy historiese naam York gedra het, die hoofstad van die nuwe kolonie Bo-Kanada geword.
 
[[Lêer:TorontoAmalgamation1834to1998Animated.gif|thumb|leftlinks|250px|Die groei van Toronto tussen 1834 en 1998]]
 
In [[1834]] het York - destyds 'n dorp met sowat 10 000 inwoners - stadstatus gekry en sy naam gewysig tot Toronto. Die stad het 'n bestendige groei gedurende die [[19de eeu]] getoon en het een van die vernaamste bestemmings van immigrante in Kanada geword. Omtrent [[1900]] het Toronto se bevolking reeds 'n kwart miljoen beloop. Die groot aantal immigrante het Toronto se ekonomiese groei in die tydperk ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] bevorder. In [[1953]] het Toronto en omliggende dorpe hulle saamgesluit tot die metropolitaanse gebied van Toronto, ''Metropolitan Toronto''.
 
 
== Ekonomie ==
 
Toronto is 'n handel-, nywerheid-, finansiële en logistiese sentrum. Sy bankbedryf, effektebeurs en groothandelsektor is die grootstes in Kanada. Ná die opening van die Sint-Laurens-waterweg het ook Toronto se hawe 'n groter rol gespeel, tog het sy belangrikheid intussen weer afgeneem.
 
 
== Openbare vervoer ==
[[Lêer:Dundas-streetcar-and-ago-as-seen-from-near-deconism.jpg|thumb|right<regs|250px|'n Tremwa naby die Kunsgalery van Ontario]]
 
Die ''Toronto Transit Commission (TTC)'' onderhou 'n uitgebreide netwerk van moltrein-, bus- en tremlyne in die stadsgebied met 'n totale roetenetwerk van 1&nbsp;200 kilometer (754 myl). Toronto se openbare vervoerstelsel pronk met die derde grootste aantal passasiers in Noord-Amerika ná Mexikostad en New York.
 
 
== Besienswaardighede ==
[[Lêer:Toronto-eaton-centre.jpg|thumb|rightregs|250px|Die winkelsentrum ''Toronto Eaton Centre'']]
 
* Die '''BCE Place''' is 'n futuristiese tonnel van glas en beton wat met 'n lengte van 130 meter die ''Canada Trust''-[[wolkekrabber]] met die ''Bay-Wellington''-gebou verbind.
* Die vier '''Toronto-eilande''' in die Ontariomeer is een van die gewildste plekke vir 'n uitstappie.
* Die posmodernistiese '''Nathan Phillips Square''' is die hart van Toronto se sentrale besigheidsdistrik. Aan die oostelike kant lê die '''Ou Raadsaal''' (Old City Hall), wat tussen [[1889]] en [[1889]] in die neoromantiese styl opgerig is. Die '''Nuwe Raadsaal''' (New City Hall) met sy twee halfronde geboue lê aan die noordwestelike kant.
* '''Yonge Street''' is sedert die laat [[18de eeu]] die hoofstraat van die stad - en met 'n totale lengte van 1&nbsp;896 kilometer strek dit van die Ontariomeer se oewer tot by die grens van die provinsie. Hier in die sentrale besigheidsdistrik vind 'n mens talle boetieke en winkels.
* Die '''Toronto Eaton Centre''' is 'n winkelsentrum wat oor vier verdiepings strek en een miljoen mense kan akkommodeer. Die sentrum is vernoem na die Ierse immigrant Timothy Eaton wat hier in [[1869]] 'n kruidenierswinkel geopen het. Die sentrum spog met meer danas 300 winkels en beslaan drie straatblokke (220 Yonge Street, Unit 110).
* Die '''CN-toring''' beskik oor uitkykplekke (die ''sky pod'' is 447 meter bo-oor die grond) en 'n roterende restourant (omtrent 350 meter hoog) met die laer uitkykplekke ''indoor'' en ''outdoor deck''. Die '''Rogers Centre'''-stadion (vroeër: ''SkyDome'') benede die toring is een van die modernste ter wêreld. Die koepeldak bestaan uit vier komponente en kan binne twintig minute geopen of gesluit word. Die stadion bied sitplekke vir sowat 51&nbsp;000 toeskouers tydens 'n bofbal-spel of 67&nbsp;000 sitplekke vir konsertgangers. Die hotel digby die stadion bied kamers wat met 'n uitsig oor die speelveld spog.
* Rondom die ou '''St. Lawrence'''-markgebou vind tydens die naweek Toronto se groot vlooimark plaas.
 
== Kuns en kultuur ==
 
* Die '''Roy Thomson Hall''' is die belangrikste konsertgebou in Toronto en een van die stad se bakens in die binnestad. Danksy die hipermoderne argitektoniese ontwerp lyk dit soos 'n ronde ruimtevaartuig.
* '''The World's Biggest Bookstore''' oos van die Eaton Centre is die grootste boekhandel ter wêreld - sowat 150&nbsp;000 titels kan hier gekoop word.