Verskil tussen weergawes van "Ambrose Lomax"

(→‎Apteker: Skakel)
 
==Apteker==
Lomax stel belang in boererate en gebruik dié resepte vir medisyne. Met die oprigting van Molteno se kloktoring in 1903 laat hy dit as sy handelsmerk registreer. Sy Kloktoringsalf en Zinkpyn Specific word landswyd bekend. Die toekoms van Molteno begin egter so onseker lyk toe die laegraadse [[steenkool]] wat in die Stormberge ontdek is, nie meer winsgewend ontgin kon word nie en beter steenkool uit [[Transvaal]] na [[Kaapland]] gebring word, dat Lomax in 1909 na [[Adelaide]] verhuis, waar hy 'n nuwe sakeonderneming begin. Daar het veral fotografiese werk hom weer welvarend gemaak. Hy het aanvanklik die apteek op Molteno as 'n tak aangehou totdat dit mettertyd deur ene Cardno oorgeneem en uiteindelik deur Glyn Evans oorgeneem is, wat die interieur gemoderniseer en uitgebrei het. The Rembrandt Studio was agter dié gebou en is in 1972 gesloop. Ná sy dood word die firma op Adelaide deur sy oudste seun oorgeneem en met die hulp van een van sy susters uitgebou sodat A. Lomax (Edms.) Bpk. later jare 'n groot en bekende firma word wat slegs boererate by die vervaardiging van medisyne gebruik. Geeneen van sy kinders het egter Lomax se liefde vir fotografie geërf nie.
 
==Fotograaf==