Verskil tussen weergawes van "Wakkerstroom"

k
Skakel, replaced: * Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967 → * Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 using AWB
k (Skakel, replaced: * Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967 → * Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 using AWB)
[[Lêer:NG kerk Wakkerstroom.jpg|thumb|links|230px|Die vorige NG kerkgebou op Wakkerstroom het reeds teen 1874 gestaan toe die eerste leraar, ds. P. Ackerman, hier bevestig is in die gemeente wat al in 1861 gestig is. Die ou gebou is in 1879 vergroot, maar tydens die [[Eerste Vryheidsoorlog]] het Engelse soldate die gebou as 'n fort ingerig. Die bevolking het ná die oorlog so gegroei dat die gemeente op 'n vergadering op [[4 Augustus]] [[1887]] besluit het om 'n nuwe kerkgebou op te rig, die gebou wat vandag nog dié doel dien.]]
 
'''Wakkerstroom''', is die tweede oudste dorp in [[Mpumalanga]] in [[Suid-Afrika]]. Dit is in [[1859]] gevestig en die dorp se naam is 'n [[Afrikaans]]e vertaling van die [[Zoeloe]] naam vir die rivier wat naby die dorp verby vloei, die uThaka, ''(Wakker)''.
 
==Geskiedenis==
Die dorp is deur Dirk Cornelius Uys (Swart Dirk) gestig wat die gebied opgemeet het op die plaas Gryshoek. Hy het al die erwe uitgelê het met 'n 50-jaart lang riempie wat van 'n [[eland]]bulvel gemaak is wat hy geskiet het tydens sy aankoms in Wakkerstroom. Die dorp en distrik is in November [[1859]] geproklameer en die eerste erwe in [[1864]] verkoop.
 
Die hofgebou, St Marks kerk en die ou brug oor die Wakkerstroom is as nasionale monumente verklaar. Die roman 'She' is deur H. Ryder Haggard geskryf terwyl hy in Hoogstraat in Wakkerstroom gebly het. Die dorp spog met 'n straatbrug, wat in [[1893]] deur die regering van die destydse ''[[Zuid-Afrikaansche Republiek]]'' opgerig is. Die staalkonstruksie vir die brug is uit [[Duitsland]] ingevoer. Naby die brug vloei die Marthinus Wesselstroom. Hier is Suid-Afrika se eerste Swart lede van die Zion-beweging in [[1904]] deur D. Bryant van die ''American Christian Catholic Church in Zion'' gedoop.
 
==Tweede Vryheidsoorlog==
Tydens die [[Tweede Vryheidsoorlog]] het die [[Verenigde Koninkryk|Britte]] 'n lyn van een-en-twintig [[Blokhuis]]e tussen [[Volksrust]] en Wakkerstroom gebou en een honderd tussen Wakkerstroom en [[Piet Retief, Mpumalanga|Piet Retief]]. Die blokhuise is gebou om die Britse se toevoerroete van [[Durban]] af te beskerm.
 
==Distrik==
==Bronne==
* [[Op Pad in Suid-Afrika]]. [[B.P.J. Erasmus]]. 1995. ISBN 1-86842-026-4
* [[Ensiklopedie van Suidelike Afrika.]], [[Eric Rosenthal]]., 1967
* [[Phil Olivier|Olivier, ds. P.L.]] (samesteller), 1952. ''[[Ons gemeentelike feesalbum]]''. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.