Verskil tussen weergawes van "Benjamin Britten"

k
geen wysigingsopsomming nie
(Begin nuwe artikel)
 
kNo edit summary
 
Britten is as die seun van 'n tandarts in Suffolk gebore en het al vroeg sy musikale talent gewys. Hy het sy musikale opleiding by die ''Royal College of Music'' in [[Londen]] en privaat lesse van die komponis Frank Bridge ontvang. In 1934 het hy met die a cappella-koorwerk ''A Boy Was Born'' vir die eerste keer die publiek se aandag getrek. Elf jaar later het die première van ''Peter Grimes'' internasionale bekendheid an hom besorg. In die volgende 28 jaar het veertien verdere operas uit sy pen gevloei en van Britten een van die leidende 20ste eeuse komponiste in dié musiekgenre gemaak. Naas grootskaalse operas, wat in Sadler's Wells en Covent Garden opgevoer is, het hy ook "kameroperas" vir kleiner opvoerlokale geskep, waaronder ''The Turn of the Screw'' (1954) wat wye bekendheid verwerf het. 'n Wederkerende tematiek in sy operawerke is die stryd van buitestaanders teen 'n vyandelik gesinde samelewing en die korrumpering van onskuld.
 
{{DEFAULTSORT:Britten, Benjamin}}